weskus
Race Dog
Toe my goeie vriend, Bob, my Desember langs die kampvuur vra waarnatoe ons volgende trippie met die scooters was, het ek nie heeltemal besef waarvoor ek myself inlaat toe ek sonder huiwer gesê het... Angola Doodsakker sonder back-up Bobsie. Toe ek hierdie "stickers" vir ons fietse gemaak het het ek nie geweet hoe baie waarheid in die onderstaande slogan steek nie!
So gesê so gemaak en ons het bietjie begin huiswerk doen rondom die land en spesifiek vorige biketrips soontoe. Bob het wel vantevore die Doodsakker met sy Cruiser gery en hom byna vasgeloop in moeilikheid so groot soos Kamieskroon se groot-swembad maar dit daar gelaat, ons sou dinge beter organise om sulke dinge te vermy. Maar kom ons begin by die begin en ek stel die span manne aan julle voor.
My verwaarloosde vriend Bob, wat homself Legadema op die forum roep het die trip aangepak met sy KTM990S wat so 2 weke voor die trip in roomysbakke in sy workshop rondgelê het...60 000km op die klok
Ekself (Weskus) het die trip aangepak met die bok-ooi, F800GS met 36 000km op die klok
Dan het Abri wat Staaldraad op die forum is besluit om sy 1200ADV by die huis te los en sy DRZ400 op te saal vir die spesifieke trip aangesien ons die fietse sou trailer tot by Ruacana bloot omdat dit goedkoper(so gedink) en vinniger sou wees
Oom Nico, ook Agteros op die forum, het redelik getwyfel of hy die trip moet aandurf met sy 1200, sandry sonder kit was nie 'n probleem nie maar gelaai is die gifappeltjie 'n perd van 'n ander kleur. Nadat ek Metaljockey se report vir die ou geprint en afgelewer het het hy my laat weet hy sal ons graag wil join..
Right nou gaan ek eers post om te sien hoe die afêre wat ek geskryf het lyk, want julle sal seker nou weer begin opdruk vir die res..