Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Angola,2011-Wilde weste op sy beste!Fluit-fluit, storie is uit!  (Read 48728 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline weskus

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,337
  • Thanked: 18 times
  • Vrek gewerk!!
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #180 on: August 10, 2011, 09:51:45 am »
Lyk dan daai sak wyn in die agtergrond het nog wyn in, dan het jy my mos bevark?? :deal:
Vorige scooters : Suzuki TS 185, Honda CD 200, Suzuki PE 250, Kawasaki Z650, Yamaha 495 IT, Kawasaki KLX 300, BMW F 650 GS Dakar, BMW F 800 GS, KDX200, KTM300, Suzuki GSXR1000, Honda CD200, tans KTM 990 Adv - toer,  KTM 300 XCW- funrides, KTM 1290 Superduke teerpad en Buff toe & Honda CX500 Custom - bar toe..
 

Offline Legadema

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,717
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #181 on: August 10, 2011, 09:58:03 am »
Lyk dan daai sak wyn in die agtergrond het nog wyn in, dan het jy my mos bevark?? :deal:
Ek het mos 6 liter saamgery, en jy net 3 liter. Maak daai nie vir jou enige sin nie?
 

Offline ThomTom

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 950 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 721
  • Thanked: 1 times
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #182 on: August 10, 2011, 10:50:56 am »
Weskus, kry ons asb net in die DoodsAkker!!  Ons kan dan weer daar 'n paar dae oorbly...  sonder genoeg wyn?
 

Offline jimjim

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: MZ (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 756
  • Thanked: 2 times
  • I do nothing all day
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #183 on: August 10, 2011, 11:17:09 am »
Maggies, lekker RR!

As ek daai 2 en 3 ouens op hul fietsie in so 'n tipe area sien, raak ek dan nou amper spyt my Chinese skoetertjie is gister verkoop (aan 'n Karoo boer wat hom op sy plaas gaan rondry, nogal). Maar as mens weer daaraan dink: het seker 2 of 3 ouens nodig om daai goedjies deur die sand te stoot.
Always carry a flagon of whiskey in case of snakebite and furthermore always carry a small snake.  - W. C. Fields
 

Offline heti

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 497
  • Thanked: 4 times
  • Heti, the abominable slowman!
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #184 on: August 10, 2011, 12:17:17 pm »
Befok!  :laughing4: :laughing4:
 

Offline weskus

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,337
  • Thanked: 18 times
  • Vrek gewerk!!
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #185 on: August 10, 2011, 12:44:56 pm »
Krels, smaak my dan julle is 'n ongeduldige spannetjie bymekaar... Nou stoot ons vir Fos du Cunene, ons gooi kole, en die hardepad raak gou woestyn..


Vr in die agtergrond is die ander 3 lede van die span..

Op 'n stadium het Nico 'n "af" en ek draai terug om te gaan help..

Dis warm en die ryery is plek-plek veel'eisend...my snorkel raak alweer aan die bloei..

Ons kry hierdie gedenksteen oppad na Fos, en ons kan die riviermonding in die verte sien, wetie wat-de f@k hierdie is nie..



Die pad net voor Fos raak klipbanke met waai-sand bo-oor, Staaldraad vermaak ons weereens met 'n paar Wilde'aap draaie..

Van die gehuggies daar by Fos..

...en 'n pompkamer vanwaar hul water al die pad (so 28km vr) gepomp het na Tigrs soos hul dit noem by begin van Doodsakker, 'n Vissersgemeenskappie'afre baie lank terug..


Bob koop vir ons 'n Kabeljou by een van die polisiemanne...glo nie my visvang is so dat hy 'n kans sal vat met aand'ete nie..
Ons laat loop, dis laatmiddag en hoogwater, ek stop eers om 'n gooi te maak, het bietjie Tjokka geskollie by een van die manne van die amp..

Daar is so 10 voertuie op die strand besig om vis te vang, hulle is ingerig met Generators, Deepfreezers die works.. Die polisiemanne is daar rondom hulle... en dis eintlik onwettig om vis by die mond te vang deesdae.. Nico kry dit reg om langs die manne se kampplek grond te koop, een Porra snel hom tegemoet en help hom op,

Die strand is vol spoelhout & stompe, as jy momentum gekry het hou jy maar reguit bo-oor en mis maar waar jy kan, die Bok-ooi maak 'n paar onwillekeurige nosewheelies..Ek kry 2 plekke van die visstokke wat van bakkies afgeval het, lyk my die manne is te bang om te stop, Shimano Surf nogal, ek't dieselfde stok by die huis wat Bob hoeka gebreek het, maar nie laai-plek nie, plant hom sodat die manne dit sal sien..

Ek kry vir Bob waar hy sit en pose en fotos neem, o ja, en rook..

Ons wag lank en besluit om kamp op te slaan agter di duin en vir die ander te wag, ek ry later terug en kry die ander 2 manne, hulle het al fietse geruil, ons maak vuur, en braai kabeljou en drink al Nico se Whiskey uit..



Ons slaap so 22km voor die akker en het nie baie vr gery vir die dag nie, mre sal ons moet laat gooi..



















« Last Edit: August 10, 2011, 12:48:59 pm by weskus »
Vorige scooters : Suzuki TS 185, Honda CD 200, Suzuki PE 250, Kawasaki Z650, Yamaha 495 IT, Kawasaki KLX 300, BMW F 650 GS Dakar, BMW F 800 GS, KDX200, KTM300, Suzuki GSXR1000, Honda CD200, tans KTM 990 Adv - toer,  KTM 300 XCW- funrides, KTM 1290 Superduke teerpad en Buff toe & Honda CX500 Custom - bar toe..
 

Offline Legadema

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,717
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #186 on: August 10, 2011, 12:56:52 pm »

Ek kry vir Bob waar hy sit en pose en fotos neem, o ja, en rook..



[/quote]O, Ja....En Fok jou ook !!!
 

Offline weskus

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,337
  • Thanked: 18 times
  • Vrek gewerk!!
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #187 on: August 10, 2011, 01:04:36 pm »
Vroegoggend is die kamp opgeslaan, ons wil 'n uur voor laagwater by Akker wees..


Ons draai effe weg van see en hardloop al langs die duine af..

Plek-plek is dit kliphard oor hierdie panne.. maar as jy aan die verkeerde kant van die panne is word hulle by name van "swamps" geroep duer die Gps..

Almal is positief en opgewonde..ons neem fotos en wag dat almal weer bymekaar is..

Bob s ons sal bietjie tyd moet opmaak, Nico & Abri ruil weer fietse..

Wild@heart se footpegs het dit ook nie gemaak nie, Nico het altwee afgetrap, min sit-kans gehad..

En ons is 150% op tyd op die regte dag van Springety soos ons dit 3000km verder Oos tuis beplan het, nee wat manne, ons is sommer net die manne... Die bok-ooi ruik die see en gee 'n blr...hie-haaa...

En ons wys in die rigting van die akker en neem gou spanfoto voor ons ry..

Right, nou kan julle eers ophou "moan" Julle is nou in die akker..
Hier's solank 'n teaser..


Vorige scooters : Suzuki TS 185, Honda CD 200, Suzuki PE 250, Kawasaki Z650, Yamaha 495 IT, Kawasaki KLX 300, BMW F 650 GS Dakar, BMW F 800 GS, KDX200, KTM300, Suzuki GSXR1000, Honda CD200, tans KTM 990 Adv - toer,  KTM 300 XCW- funrides, KTM 1290 Superduke teerpad en Buff toe & Honda CX500 Custom - bar toe..
 

Offline wacko

  • Member
  • **
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: Western Cape
  • Posts: 239
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #188 on: August 10, 2011, 01:36:24 pm »
Hierdie kan nog net lekkerder raak, eendag, eendag as ek klein is.....
 

Offline bradleys

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 640 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,572
  • Thanked: 2 times
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #189 on: August 10, 2011, 03:36:54 pm »
Nice ,cant wait for the rest :thumleft:
ROUTE DIFFICULTY
1 = tar
2 = good gravel /pillian friendly
3 = interspersed with sand, mud, sand , bush / not pillian friendly
4 = lots of sand, technical riding 5 = expert only
 

Offline Drifter

  • Member
  • **
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 272
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #190 on: August 10, 2011, 03:49:31 pm »
  BEFONK  :thumleft: :thumleft:
 

Offline weskus

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,337
  • Thanked: 18 times
  • Vrek gewerk!!
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #191 on: August 10, 2011, 05:30:46 pm »
Nou is ons vreeslik opgewonde oor ons hier is, Bob Marley sit die stuk in en ons besluit ons wag so in 10km intervalle...nie maklik nie..Met die wegvlieg kyk ek die besigheid so en wonder waaroor ons nou eintlik geworry het, die sand is mos f@kkol..



Ons laat loop en om een of ander rede kry ek 'n groot k@k reg, te vinnig en in Bob se spoor, die bike steek vas en eks af..bliksem..da sit hy, ma hoe moeilik kan dit nou wees..



Ek spartel met alles wat ek het, die hoerknd suig en sak net meer vas, ek laai alles af, want ek weet by die tyd is Bob vr voor, en die ander vr agter.. Ek kry daai scooter net-net geroer, en so sukkel ek seker vir 20min..die ander manne kom aan en maak omtrent 'n entrance..

Die manne help my uit, hulle rus en ek laai weer my stuff op... intussen het Bob 3km kom terugstap, en ek gooi tot by sy fiets en rus..


...hierdie wreld vat aan 'n scooter...

...en ook aan sy baas, ek verstaan dit nie, ek't dan vanogg my multivitamin gevat..


Bob arriveer en ons wag vir Staaldraad en Nico.. Dit raak weer oop en ons laat loop, oppervlak is perfect en sommer hard..


Op 'n stadium kry ons weer "swamps" en ek sien Abri & Nico is verkeerde kant, ek gooi alles maar die manne sien my nie, uiteindelik sien hul en draai om, Abri vat weer 'n slag die 1200 en hou sy lyf Cyril Depres..en die stop is skielik..



Gelukkig skotvry daarvan afgekom, na 'n uitk@k "regroup" ons en gooi weer mielies, die sand raak nou k@k..

Met die wegvlieg is Bob se 990 begrawe, ek stap terug om te help..


Ons maak goeie kilo's en kom by halfway-merk, ek vra..Fok Bob, gaan ons dit maak, of kamp ons, die water raak kwaad in die kop en die sand is sag..

Ons wag vir die res en besluit ons ry, want die laasste 5km was weer ok na lank se moeilik ry..groot fout..van hier raak dit full throttle of jy staan.. die bok-ooi skree 2de, 3de rat redline en as die water my duin toe druk trek hy byna vrek..ek raak bekommerd..regtig, die enigste keer wat ek nog bekommerd was op my bike..


Manne, die foto vertel nie die storie nie, maar nou ja, daar is 'n clip wat dit beter uitdruk, ons hou dit tot heelwat later..
Op 'n stadium kry ek vir Bob, hy't 'n af gehad en lyk of hy vassit, ek stop om te help maar hy kom aan die gang..ek skree agterna hy kan maar gooi ek kom en ek dink, o fok as ek nou hier klaar is vandag gaan ek 'n bier een-hou uitdrink..
Skaars 'n km na dit gee die bok-ooi een skree, ek dink ek skip 'n gear... of is die ketting nou af.. ag nee man, nie hier nie, nie nou nie..

Nou raak ek bietjie paniekerig, ek laai die Bok-ooi af en neem as't ware afskeid, ek kyk my odometer en maak die som, dit kan nie verder as 20km uit wees na einde van akker..die see druk op en my vrinne is nog nie in sig nie..ek sukkel, die agetrwiel is gelock, ek buig die ketting, kry die sprocket van die swingarm af met tyrelever (die see belowe my...) en die volgende oomblik stop Nico agter my, die manne is op..ek s hulle moet gooi want hier vat die grootdam vandag ons goed..Nico maak my rustig en s, Relax, ons los jou nie, ek het myne al amper 20km terug kort-kort gelos.. Ek klim die 1200, ruk sy oor oop en los die clutch, die ander stoot, ons haal nie vr, Richter het sy spraak verloor, hy sukkel om onder sy kop te bly so skud hy hom..ek's in my moer gestress..

Die manne help, ek en Abri tel op en Nico snatch as't ware die bike met 'n strap, ons kom tot na aan die duin..






Nou nie juis soos hulle altyd voor die bar staan nie n...





Ons raak rustig, trek uit, hier bly ons vanaand, ons hoop Bob het dit gemaak want van hier Noord lyk dit na groter moeilikheid..

Dis 13h, die see is veronderstel om 15h00 weer heel hoog te wees en dis spring, maw hoog genoeg..
Ek kry die tyd verby..




Dit raak skemer, intussen het ons recovery gebel, maar los dit tog maar, my bors raak net warm, 23h die nag is weer laag en 4h die mre mos weer hoog, die see moet vat wat hy wil voor dan ander kap ek toon tot buite en offer die ooi..


Ons hoop Bob is deur...Ons hou rustig vakansie, ons het water, ons het kos, ons is nou rustig..


















































Vorige scooters : Suzuki TS 185, Honda CD 200, Suzuki PE 250, Kawasaki Z650, Yamaha 495 IT, Kawasaki KLX 300, BMW F 650 GS Dakar, BMW F 800 GS, KDX200, KTM300, Suzuki GSXR1000, Honda CD200, tans KTM 990 Adv - toer,  KTM 300 XCW- funrides, KTM 1290 Superduke teerpad en Buff toe & Honda CX500 Custom - bar toe..
 

Offline JackShit

  • Member
  • **
  • Bike: Suzuki DL 650 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 61
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #192 on: August 10, 2011, 06:00:18 pm »
Goedige donner broer! Ek maak myself vuil!!
 

Offline Firesquirrel

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,395
  • Thanked: 2 times
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #193 on: August 10, 2011, 06:09:24 pm »
Kannie wag virrie volgende episode nie.... mens raak maklik verslaaf aan die tipe RR............F@rkin kliphard !!
Current Bikes :  KTM 690
 

Offline JC

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,252
  • Thanked: 27 times
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #194 on: August 10, 2011, 06:22:51 pm »
wel ten minste weet ons jy het dit oorleef  ;D

dis erger as om 24 te kyk, my nerves kan dit nie hou nie
 

Online JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,216
  • Thanked: 53 times
  • East London
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #195 on: August 10, 2011, 06:25:58 pm »
Dis nou naels byt op sy beste!!  Kan nie wag vd res nie  :thumleft:
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Kamanya

  • Global Moderator
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 950 Adventure S
    Location: Western Cape
  • Posts: 4,675
  • Thanked: 315 times
  • Andrew to everyone
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #196 on: August 10, 2011, 06:37:24 pm »
I was reading, savoring the report, dreaming of when I will do it. But when THAT photo came up!...  "Jissie!"
I wonder where that gravel road goes? And that, has usually made all the difference. (Apologies to Mr Frost)

You want to have a stable Picture & Video host?

https://secure.smugmug.com/signup.mg?Coupon=7ovFBQhdrwnZw
 

Offline Pistonpete

  • Shop Mods
  • Bachelor Dog
  • *
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 17,858
  • Thanked: 79 times
  • Live to Ride...Ride to Live
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #197 on: August 10, 2011, 06:47:13 pm »
I'd rather develop a third nostril than do that....respek ounes :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Maybe one day....just gotta loose 25kg... :biggrin:
'Routine is the thief of time'
 

Offline Drifter

  • Member
  • **
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 272
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #198 on: August 10, 2011, 07:11:31 pm »
Jissie ouens , respek , Weskus , jy kan n movie van die maak,wiet nou DSTV nodig met sulke RR  :thumleft:
 

Offline ChrisMann

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 1,015
  • Every day above ground is a good day.
Re: Angola 2011 - Wilde weste op sy beste!
« Reply #199 on: August 10, 2011, 07:44:05 pm »
Liewe ouers!
Take my advice; I don't use it anyway.