TT, ek het nie die hele thread gelees nie, maar my 2007 (80 000) km en 'n vriend s'n (23 000) maak altwee so. Myne raak nou al hoe stiller hoe ouer hy raak.

Ek is vas oortuig die fietse loop net te "lean". Die probleem is omtrend weg op bo 3000 rpm. 'n Power commander en professionele "tune" sal dit ook oplos as jou budget dit toelaat.
Ek dink ook oor die manier hoe die boxer sy wringkrag lewer is meeste mense geneig on op te lae revs te ry en dan labour die enjin. Sodra die revs hoog genoeg is, is sy so glad soos 'n gebotterde speenvarkie!