Mosambiek - Waarskuwing!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Grrrr....

...the Garbage Man
Joined
Jul 16, 2009
Messages
8,377
Reaction score
234
Location
That scary place.
Bike
KTM 990 Adventure
Ek hoor meer en meer van sulke gevalle in Mosambiek. Dit is jammer.... Jy sal dink hulle sal probeer om mense te lok maar ek wonder self of ek weer 'n trip soentoe sal reel. Die gevalle word net meer en meer na my 'liking'...

Het enige honde al 'issues' gehad?

https://www.weg.co.za/lesers_vertel/Mosambiek-Waarskuwing-

Skrywer: Eugéne Joubert

Tydens die afgelope Julie skool vakansie sou ons seun en sy familie (ʼn vrou en twee seuns, onderskeidelik ses en agt jaar oud) naby Inhambane gaan kampeer. Die beplande roete was oor Phalaborwa, die Nasionale Krugerwildtuin, deur die Giriyondo grenspos die Limpopo Oorgrenspark in, verby Massingir, Chókwé, Chidenguele tot by Inhambane. Die voertuig waarmee die reis aangepak is, is ʼn ou dubbelkajuit 1999 Landrover Defender, wat swaar gelaai was met kampeerdinge en ʼn kano op die dak.

Hulle het heel voorspoedig gereis en het die Saterdagaand by Massingir geslaap. Angstig om by hulle bestemming uit te kom het hulle vroeg Sondagoggend in die pad geval met ʼn grondpad in ʼn swak toestand. My seun het verlede jaar ook in Mosambiek gereis en is bewus van die feit dat ʼn mens versigtig moet bestuur en altyd binne die spoedgrens moet hou. Naby Chókwé het hulle deur een van die baie plattelandse gehuggies gery. Voor hulle, in die pad was twee taxi’s geparkeer met ʼn samedromming van mense om die voertuie. Met die verbyry, het ʼn vrou skielik tussen die twee taxi’s uitgehardloop teen die kant van die Landrover vas. In ʼn poging om die ongeluk te vermy het ons seun uitgeswaai en met die Landrover in ʼn sloot langs die pad beland. Gelukkig is nie een van hulle beseer nie.

ʼn Persoon wat homself as ʼn prokureur geïdentifiseer het, het homself aan die familie voorgestel. Intussen het die groep mense wat om die vrou saamgedrom het aggressief begin raak. Die prokureur het tussenbeide getree en die familie se dank én vertroue gewen toe hy die rumoerige skare kon kalmeer. Die vrou is toegedraai in ʼn kombers van die familie, agter in ʼn voertuig gelaai en hospitaal toe geneem. My seun is later ingelig dat sy reeds dood was toe sy by die hospitaal opgedaag het. Hy kon dit nooit bevestig kry nie.

By die ongelukstoneel het die polisie intussen opgedaag. Die Landrover is uit die sloot getrek en langs die polisiestasie parkeer. Ons seun is in ʼn sel toegesluit waarin daar reeds ongeveer 40 mense was. Sy vrou en kinders het die res van Sondag in en om die Landrover deurgebring. ʼn Zimbabwiese boer wat in die omgewing boer het toevallig Maandagoggend die familie langs die polisiestasie gesien en hom oor hulle ontferm. Hy het hulle na sy plaas geneem en hulle die res van die week versorg. Hy het ook een van sy plaaswerkers tot ons dogter se beskikking gestel om op te tree as tolk. Ons is baie dank verskuldig aan hierdie boer en ys om te dink wat van ons dogter en die kleinkinders sou word indien hy nie daar opgedaag het nie.

Ons seun was van Sondagoggend tot Dondermiddag in ‘n sel toegesluit, wat ʼn bouvallige eenvertrek geboutjie is. Daar was geen ablusiefasiliteite in die sel nie. Buite, ʼn entjie van die sel af is ʼn oop gat wat dien as toilet. Die gat het ʼn skerm om van geskeurde hessian wat ‘privaatheid’ moet verskaf. Hy moes op die vloer slaap en sê dat was onmoontlik om te lê sonder om aan iemand te raak. Gedurende die week moes hy gedurig omkoop geld betaal vir alles: om die kombers en kussing te kry wat sy vrou hom geneem het; om bedags voor die ‘sel’ te kon sit; om die voedsel wat sy vrou hom geneem het, te ontvang. Die voedsel moes hy met sy wagte deel. Hy vertel dat hulle so ooglopend honger was dat hy nie ʼn probleem gehad het om dit te doen nie.

Een van die persone wat saam met ons seun in die sel was is ʼn man uit Suid Afrika. Die man is alreeds sewe maande daar in aanhouding omdat hy nie die vermoeë het om die borgtog wat hy opgelê is bymekaar te kry nie. As gevolg van die gebrekkige selfoonontvangs het ons eers die Maandag van die familie se ontbering gehoor. Ons het dadelik probeer om met die Suid Afrikaanse Hoëkommissaris in Maputo in verbinding te tree. Niemand het egter ʼn telefoon wat ons vir dae aanmekaar geskakel het beantwoord by enige van die ses gelyste telefoonnommers nie. ʼn Persoon in die kantore van Buitelandse Sake, Pretoria het uiteindelik, baie teësinnig vir ons die selfoonnommer van ʼn personeellid van die Hoëkommissaris in Maputo gegee. Die dame in Maputo het ons vertel dat die tipe van insident waarin ons seun en sy familie betrokke was eintlik baie algemeen is maar dat hulle niks kan doen om ons kinders te help nie. Ons moet maar net geduldig wees en die reg sy gang laat gaan.

Alhoewel die hof alreeds van die Maandagoggend af in sitting was, was daar geen dringendheid om ons seun se borgaansoek te laat dien nie. Sy verhoor het eers laat Woensdagmiddag gedien. Sy ‘prokureur’ het hom verseker, dat hy (die prokureur) dit slegs reggekry het omdat hy die magistraat persoonlik ken. Borg van R27, 000 is toegestaan. Sy vrou, met hulp van die boer, kon die borggeld die Donderdag bekom en ons seun is laat Donderdagmiddag ontslaan. Hy moes die prokureur R5, 000 betaal vir sy dienste. Dit het hulle die res van die Vrydag geneem om sy voertuig in ontvangs te neem en weereens eers nadat hy omkoopgeld betaal het. Die totale som wat aan omkoopgeld spandeer is dié week was ʼn verdere R 5, 000. Die boer het gehelp om die voertuig weer in so ʼn toestand te kry dat hulle kon ry. Hulle het die Saterdagoggend terug vertrek na Johannesburg. Volgens ʼn kwotasie sal dit hom ʼn verdere R64, 000 kos om die Landrover weer heeltemal padwaardig te kry.

Ons seun moet nog besluit of hy kans sien om terug te keer vir die hofsaak.

Ek het gedurende die week oral probeer om inligting te bekom hoedat ons my seun en familie sou kon bystaan. Ons is veral dank verskuldig aan die personeel van SANParke wat in die Nasionale Krugerwildtuin gestasioneer is, wat onmiddellik hulp aangebied het. Aangesien die ongeluk egter buite die Limpopo-oorgrenspark gebeur het, kon hulle min doen behalwe om ons te moreel by te staan.

Ons het vanuit verskeie bronne e-posse ontvang wat interessante inligting bevat. Ek plaas ʼn paar hier onder, die name word weerhou:

From a well known firm of attorneys in Durban:

Hi, The story about kids being pushed into the path of oncoming traffic is true. I was told that story by a member of the group to whom it happened. My recollection is that it cost the driver of that vehicle some 25 000 USD but my memory may be faulty. The police take the view that it’s the foreigners fault. The legal process is designed to extract as much financially for the victim as is possible and the lawyers become negotiators in this process. Your friends are in for a costly experience. It is one of the reasons I am reluctant to travel to Mozambique.

Regards
Name withheld

From a SANParks staff member,

Hi, This is unfortunately not an uncommon occurrence and the regulations state that the person must be detailed until the legal proceedings are over. The only thing to be done is:
1/ Ensure you have 3rd party insurance (which should have been bought at Park gates) which will cover them for the 3rd party costs (e.g. the injured persons medical bills etc) - they should contact the 3rd party company ASAP to get these wheels rolling
2/ Be careful not to bribe as your hole gets deeper (you end up not being able to do anything unless you produce money). Try get permission to sleep in your car at night with the car parked in the police yard, that way you stay out of the cells where you don’t have full control.
3/ They will need to get a lawyer in Mozambique to represent them and to get this concluded. This should be done ASAP as the weekend is coming. I know a family from Tzaneen that went through the same ordeal last year and I suggest they make contact with them to get info on their lawyer’s contacts and on what to do and what not to do - I will try find their contact information and pass this on.

Kind Regards
Name withheld

From a friend in Pretoria

Hi, Friends of ours own a large 4x4 franchises in South Africa (L.A. Sport 4x4 Mega stores). They organise cross border 4x4 tours, but have excluded Mozambique from their itinerary because of the increase of incidents as the one your son was involved in. According to their experience incidents like these are pre-planned with the specific intension to coerce money from tourists. With a lawyer always arriving on the scene within minutes, one wonder whether they don’t initiate these incidences.

Kind regards,
Name withheld
[flash=200,200][/flash]
 
Top