Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run  (Read 643 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lem

2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« on: August 21, 2011, 10:01:37 pm »
Op 4 Desember 2010 het ‘n paar van ons mede Wilddoggers ‘n paar “hidden gem” grondpaadjies na Wellington se kant toe gaan verken en hondekos ingesamel vir Uitsig Animal Rescue Farm, te Joostenbergvlakte.

Daar en dan is daar besluit om hierdie ontbytlopie jaarliks in te stel, maar om die datum bietjie te skuif tot voor die mad season opdaag.

So rondom Meimaand vanjaar het Dusty Rusty kennis gemaak met Lucky Lucy Foundation, ‘n rehabilitasie sentrum, nes Uitsig wat ook die optelhonde en katte onder hulle sorg neem, steriliseer en vir aanneming uitplaas aan goedhartige mense.
So daar en dan is die 2011 weergawe gebore, en na vele datumskuiwings kon dit toe op 13 Augustus plaasvind. Ons kon steeds albei organisasies ondersteun, omrede hulle langs mekaar gelee is, en hierdie lopie sou vanjaar vir Lucky Lucy, as nuwe liefdadigheidsorganisasie ‘n bietjie meer airtime gee.

Eks iemand wat sterk voel daaroor om hierdie jaarlikse instellings bietjie te tweak, en om ‘n paar nuwe paadjies te soek was aan die orde van die dag. Hierdie is n unieke run, en solank as wat julle my afvaardig om te reel gaan ek probeer om dit nie in te veel van ‘n mass ride te verander nie, mens kan eerder twee ‘n jaar doen om in die behoefte te voorsien. Om op die N1 te ry saam met ‘n spul Harley’s kan met een foonoproep gereel word,  gaan baie kos en geld insamel, maar dit gaan die dag bederf. Die geheim van die run, lê daarin om die plase te gaan besoek, en ek ken nie Harley manne wat soontoe sal ry nie. Hulle gaan lank was en polish………. 

Met hulp van Geelkameel het ek en hy ‘n paar weke vantevore, die nuwe beplande roete gaan “recce”, soos hy sou sê. Ons besluit toe om by Joostenbergvlakte Engen 1Stop weg te trek, Klipheuwelpad in te draai, onmiddelik weer regs te draai op Hoopenburg pad, links op Eenzaamheid road, so n snotterige dwarspaadjie links daar deur die hoenderplase tot op Hoogstede road, van hier af Paarl toe, deur die natuurreservaat tot by Paarl Mall Spur, en dan van hier af Lucky Lucy toe, te Joostenbergvlakte.

Die dag breek toe aan, en ek kry toe die gevoel dat die weer van daardie week, en almal se besige schedules bietjie teen die syfers getel het. menigte maal moes ek speel met die gedagte om die roete te tweak weens die modderigheid op plekke, maar die groep wat opgedaag het het werklik ervare en lus gelyk vir die storie. Vulcan het ons kos vervoer met die bakkie omrede hy n ligte grieperigheid genurse het (modder en griepmedisyne werk nie saam nie), en ‘n paar lekker fotos ook geneem. Dieter Heinze, ek bedank jou ook vir die fotos waarvan meeste hieronder volg, en Dusty Rusty se Blackberry het ook oortyd gewerk.

Nouja, genoeg van my stem, oor na die kiekies.

09h30 en staan gou kringetjie om die roete te plot, hierna blaas ons solank bande af. Eisbein lyk nie lus om te kniel by sy tyres nie
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Lem

Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #1 on: August 21, 2011, 10:30:37 pm »
Op Hoopenburg Road ingedraai en die pad maar snotterig, ons draf darem later so n konstante pas van 60-70 tussen al die potholetjies deur. Op die Hoopenburg plaas se afdraai wag ons fotograwe ons in

Ek vra om verskoning vir my ride report fotos post insetsels, ek kannie meer onthou hoe post mens dit tussen in jou skrif nie.
 
eerste foto is ekke

gevolg deurDusty Rusty wat gekook het op die Buff gesin se nippy  XT 250

Yami Super 10 en sy seun, (help my reg, Deon…. Reinier?)

Die vreeslose Noeline T op die Dakar, en haar pillion vir die dag, Dieter se meisie. (naam het my ontglip, jammer Dieter)

Buff en sy vreeslike mooi blou sprinkaan bike

Peter, from CMA on the yellow F800GS with the Acrapovic pipe. Where did you disappear to after Spur, Peter?

Country Gal het baie lekker gery met die X-country

Stofdonkie, met die ander mooiste fiets in die pak  :pot:

Neil de Villiers, wat ons hopelik eesdaags op die forum sal kry. baie ervare biker, hetsy in die veld of die baan.  Daai V-strom klink nogal gesond.
 
Die Geelkameel. Garth lyk besonders rustiger op hierdie snotpaadjie as n maand gelede.
 
Capetownvara – a newbie to the forum, and a hell of a nice guy. Our gravel rookie of the day.

 
Eisbein – our sweeper, looking very relaxed
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Lem

Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #2 on: August 21, 2011, 10:33:01 pm »
Capetownvara followed by Eisbein
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Lem

Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #3 on: August 21, 2011, 10:39:57 pm »
Van hier af is ons paarl toe en het deur die Paarl natuurreservaat gery. pragtige paadjie. ons het ongelukkig nie fotos hiervan nie, ons was n biejtie laat vir ons ontbytbespreking by Spur. Daar by Courtrai se meuletjie het ons n rukkie gewag vir die pak om weer bymekaar te kom. net toe ons daar stop, toe stop Bus agter ons. Hyt die eerste skof saam met ons gemis, omrede sy monster XR600 se throttle kabel bietjie steeks was (iets wat die donkie later in die fotos nie was nie)

Die pak arriveer by SPUR en veroorsaak n groot geraas en baie aandag vanaf omstaanders

Tydens ontbyut kry ons n nuwe man by, Shaun. Baie dankie dat jy gekom het. die laaste foto is n nice groepfoto van die span op die Hoopenburgpad, geneem met die terugkom. Spur se diens was so goed, dat ons genoeg tyd oorgehad het om sommer grondpad terug ook te ry.
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Lem

Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #4 on: August 21, 2011, 11:02:09 pm »
Die laaste stukkie vanaf Joostenbergvlakte tot by Lucky Lucy was maar glibberig, maar teen die tyd was almal al pro's. Die laaste 600m paadjie in na die plaas toe was egter 'n onvoorspelbare een. gelukkig kon die pad bietjie afdroog. Die volgende paar fotos, geneem deur Neels Vucan, is ons laastes in aksie voor ons verras is deur n bazaar...... Almal was maar bietjie versigtig, almal sit, gereed om te paddle,  lyk my selfs Bus ook. Die laaste foto is my favourite, die een waar mens almal se soektog na die droogste lyne kan sien.
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Lem

Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #5 on: August 21, 2011, 11:18:40 pm »
Dikwels deesdae kry mens met soveel openbare weldaadorganisasies te doen wat net wil terugsit en ontvang. die grootste surprise vir my van hierdie dag was die ontvangs op die plaas. Ekt vroeg daai week met hulle gereel om sommer vir ons 'n boereworsrol of twee te braai, sodat ons dit kan koop. Daar aangekom het dit vir my gelyk soos die Vonkelvroue Vereniging van Springfontein se bazaar. Boereworsrolle, pannekoeke, moerkoffie met kondensmelk, musiek. al wat gekort het is jaffles met kerriemince in, dan het julle my nie daar weggekry nie.  :drif:

Julle was ware voorslagte, Paulus het mos vir die Fillipense gesê, as hulle nie wil werk nie, dan moet hulle nie ook nie eet nie.   

Die volgende paar fotos is van die tonele rondom die kamp, en natuurlik, die pack walk. een woord - belewenis.
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Lem

Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #6 on: August 21, 2011, 11:28:24 pm »
ter afsluiting

die laaste twee sterre van die show.

die donkie......een van Uitsig se donkies het biejtie gaan wei. die grassies langs die pad is mos mooi groen na die reen. pack walks gebeur gewoonlik op sondae, hierdie een het hom verras. Hy was so omkant soos Richie McCaw......

toe daai hekke oopgaan moes hy hardloop vir sy lewe, hy kon die Durban July gewen het.

en natuurlik, Lucy. die driebeen diva foksterriertjie wat die inspirasie is vir die rehabilitasiesentrum.

Mede bikers, mag hierdie 'n instelling bly. Dit was baie lekker om saam met julle almal te ry en te kuier.

alle dank aan Ons Hemelse Vader vir sy veilige bewaring op die roete, en dat hy ons met sagte harte toerus om saam met die Uitsig en Lucky Lucy span na Sy wonderlike skepping te kan omsien.

Ons moet weer so maak.     
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Yami Super 10

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,033
  • Thanked: 6 times
  • 1200 Super 10
Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #7 on: August 21, 2011, 11:36:55 pm »
Dankie Lem, vir n lekker trippie :ricky:
Die weer het mooi saamgespeel en die paaie wat ook net te lekker :mwink: Renier(my seun) het dit tredee geniet as ekke die S10 se agterwiel so bietjie laat gly het :ricky:
Alles die dag was great gewees. Die ride, die Spur en die stop by Uitsig.

Ons moet die beslis weer en gereeld doen! :3some:
Geduld
Is n stadige manier om jou moer te strip!
Bikes: 2010 & 2019 ST1200
          2014 660XT
 

Offline Lem

Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #8 on: August 21, 2011, 11:39:41 pm »
Thanks Deon

ek het nog n nice foto van julle twee, sal dit more vir jou stuur. een waar die boom nie in die agtergrond is nie.
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Yami Super 10

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,033
  • Thanked: 6 times
  • 1200 Super 10
Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #9 on: August 21, 2011, 11:41:47 pm »
Thanks Deon

ek het nog n nice foto van julle twee, sal dit more vir jou stuur. een waar die boom nie in die agtergrond is nie.

 :thumleft:
Geduld
Is n stadige manier om jou moer te strip!
Bikes: 2010 & 2019 ST1200
          2014 660XT
 

Offline Eisbein

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 12,085
  • Thanked: 60 times
  • Kraaifontein Plugspanner!
    • Music Ramblings by a serial hobbyist
Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #10 on: August 21, 2011, 11:56:11 pm »
Coool!

Was inderdaad 'n awesome dag.

02/02/12 - RIP Glen - the Arrow of Elliot and the little man with the big heart that truly was larger than life.

You have touched us and left us better for having known you - even if it was only briefly.

For grabbing the moment and living the day It's been way too early that you were taken away
 

Offline Dusty Rusty

  • Sparkle
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,807
  • Thanked: 1 times
  • SSS!
Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #11 on: August 21, 2011, 11:59:45 pm »
Hierdie RR was die wag werd.

Baie baie dankie Lem.  Jou beplanning was soos altyd uitstekend en ons het dit terdee geniet!
Never underestimate the power of kindness!

http://doutrapper.wordpress.com/
 

Offline Eisbein

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 12,085
  • Thanked: 60 times
  • Kraaifontein Plugspanner!
    • Music Ramblings by a serial hobbyist
Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #12 on: August 22, 2011, 12:02:08 am »
Ek moet dalk ophou 'peace signs' gooi as ek 'n kamera sien...
;D ;D


:peepwall:

02/02/12 - RIP Glen - the Arrow of Elliot and the little man with the big heart that truly was larger than life.

You have touched us and left us better for having known you - even if it was only briefly.

For grabbing the moment and living the day It's been way too early that you were taken away
 

Offline Lem

Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #13 on: August 22, 2011, 08:16:48 am »
Ek moet dalk ophou 'peace signs' gooi as ek 'n kamera sien...
;D ;D


:peepwall:



"all we are saying, is give peace a chance......" - John Lennon
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Vulcan

Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #14 on: August 22, 2011, 08:47:17 am »
Lekker Lem  :thumleft:

Thanks weereens vir al die reelings. Dit was awesome!
 

Offline Red Adventure

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,034
Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #15 on: August 22, 2011, 09:37:42 am »
Hey, good one bud.
I'm so sorry I missed this ride.
Cheers
Charl
Cheers
Charl M Smit
Iron Butt Ride
Lesotho
 

Offline capetownvara

  • Member
  • **
  • Bike: Honda XL1000V Varadero
    Location: Western Cape
  • Posts: 124
Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #16 on: August 22, 2011, 11:24:57 am »
Dankie vir die RR ,Louis , great stuff :thumleft: :thumleft:

Gaan ons dit meer gereeld doen ?
successful people do things others don't want to do
 

Offline Andy Tastic

  • Member
  • **
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Western Cape
  • Posts: 357
Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #17 on: August 22, 2011, 08:38:37 pm »
Much appreciated to all who arranged this.

It was awesome to meet you all and indeed a privilege to have been part of this fine gesture.

When I win the Lotto, I now know what I am going to do with my money....!!!
 

Offline hayleyscomet

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,908
  • Thanked: 5 times
  • Always Keen to Ride
Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #18 on: August 22, 2011, 09:01:33 pm »
Wow looks lekker Louis.

Well done boet

Wayne
 

Offline Country Gal

  • Member
  • **
  • Bike: BMW G650 X-challenge
    Location: Western Cape
  • Posts: 109
  • X-Country rules!
Re: 2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run
« Reply #19 on: August 23, 2011, 11:14:22 am »
Lekker RR Louis - dankie vir jou moeite hiermee en al die reelings van die dag.  Dit was heerlik gewees om deel te wees hiervan - wat 'n ondervinding en 'eye opener'.  Ek stem ook dat ons dit meer gereeld doen  :thumleft:  Die vier-voetige-wol-wesens het definitief alle hulp nodig wat hulle kan kry.  Ek raai almal aan om op hulle website te gaan kyk hoe mens betrokke kan raak en kan help!  http://www.luckylucy.org/