2011 Uitsig & Lucky Lucy Brekfis run

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Op 4 Desember 2010 het ‘n paar van ons mede Wilddoggers ‘n paar “hidden gem” grondpaadjies na Wellington se kant toe gaan verken en hondekos ingesamel vir Uitsig Animal Rescue Farm, te Joostenbergvlakte.

Daar en dan is daar besluit om hierdie ontbytlopie jaarliks in te stel, maar om die datum bietjie te skuif tot voor die mad season opdaag.

So rondom Meimaand vanjaar het Dusty Rusty kennis gemaak met Lucky Lucy Foundation, ‘n rehabilitasie sentrum, nes Uitsig wat ook die optelhonde en katte onder hulle sorg neem, steriliseer en vir aanneming uitplaas aan goedhartige mense.
So daar en dan is die 2011 weergawe gebore, en na vele datumskuiwings kon dit toe op 13 Augustus plaasvind. Ons kon steeds albei organisasies ondersteun, omrede hulle langs mekaar gelee is, en hierdie lopie sou vanjaar vir Lucky Lucy, as nuwe liefdadigheidsorganisasie ‘n bietjie meer airtime gee.

Eks iemand wat sterk voel daaroor om hierdie jaarlikse instellings bietjie te tweak, en om ‘n paar nuwe paadjies te soek was aan die orde van die dag. Hierdie is n unieke run, en solank as wat julle my afvaardig om te reel gaan ek probeer om dit nie in te veel van ‘n mass ride te verander nie, mens kan eerder twee ‘n jaar doen om in die behoefte te voorsien. Om op die N1 te ry saam met ‘n spul Harley’s kan met een foonoproep gereel word,  gaan baie kos en geld insamel, maar dit gaan die dag bederf. Die geheim van die run, lê daarin om die plase te gaan besoek, en ek ken nie Harley manne wat soontoe sal ry nie. Hulle gaan lank was en polish………. 

Met hulp van Geelkameel het ek en hy ‘n paar weke vantevore, die nuwe beplande roete gaan “recce”, soos hy sou sê. Ons besluit toe om by Joostenbergvlakte Engen 1Stop weg te trek, Klipheuwelpad in te draai, onmiddelik weer regs te draai op Hoopenburg pad, links op Eenzaamheid road, so n snotterige dwarspaadjie links daar deur die hoenderplase tot op Hoogstede road, van hier af Paarl toe, deur die natuurreservaat tot by Paarl Mall Spur, en dan van hier af Lucky Lucy toe, te Joostenbergvlakte.

Die dag breek toe aan, en ek kry toe die gevoel dat die weer van daardie week, en almal se besige schedules bietjie teen die syfers getel het. menigte maal moes ek speel met die gedagte om die roete te tweak weens die modderigheid op plekke, maar die groep wat opgedaag het het werklik ervare en lus gelyk vir die storie. Vulcan het ons kos vervoer met die bakkie omrede hy n ligte grieperigheid genurse het (modder en griepmedisyne werk nie saam nie), en ‘n paar lekker fotos ook geneem. Dieter Heinze, ek bedank jou ook vir die fotos waarvan meeste hieronder volg, en Dusty Rusty se Blackberry het ook oortyd gewerk.

Nouja, genoeg van my stem, oor na die kiekies.

09h30 en staan gou kringetjie om die roete te plot, hierna blaas ons solank bande af. Eisbein lyk nie lus om te kniel by sy tyres nie
 

Attachments

  • IMG_8105.JPG
    IMG_8105.JPG
    65 KB · Views: 330
  • IMG_8103.JPG
    IMG_8103.JPG
    48.1 KB · Views: 327
Top