Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Lambertsbaai trip (Buff alternatief)  (Read 1758 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Leon

  • Forum Vendor
  • Puppy
  • *
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 28
Lambertsbaai trip (Buff alternatief)
« on: March 22, 2006, 05:13:12 pm »
Ons het toe die naweek 'n lekker trippie na Lambertsbaai gehad, terwyl die res van die bikers gemeenskap na die gefuif van japenese fietse in die middel van die nag in Mosselbaai geluister het.

Ons is Vrydagmiddag hier in Bellville weg en het ons "vriende" uit George op Porterville ontmoet. Daarvandaan is ons na Piketberg waar ons eers die berg op is



Daarvandaan is ons met die grondpad in die rigting van Lambertsbaai. Eers wiele afgeblaas en toe vort



sowat 8 km verder het ons een van die manne die pad byster geraak oor die sanderige middelmannetjies. Die 1200 het bietjie seer gekry, maar die ryer was minder gelukkig. Hy was omtrent vir 30 minute bewusteloos. Gelukkig was hy ordentlik aangetrek en was dit net harsingskudde. Na dat die ambulans hom weggevat het is ons voort. Dit het ongelukkig 'n bietjie van 'n demper op die res van die naweek geplaas. Hy was egter Maandag al terug in die werk



Ons het donker by Muisbosskerm aangekom en het soos gewoonlik lekker geĆ?Ā«et. Die aand op Lambertsbaai in die Eureka woonstelle geslaap.

Die volgende oggend het Bob ons op 'n Weskus trip geneem. Almal wou ongelukkig nie saamgaan nie.

Op Doringbaai petrol ingegooi

En op Strandfontein gelunch

Daarvandaan het ons al die klein see paadjies gevolg - groot pret

en bietjie gesukkel

Ons het bietjie teĆ?Ā«spoed gehad met 'n agterrem wat 'n knock gevat het, maar het dit gou uitgesort

Ons is tot by die Olifantsrivier se mond en groot pret gehad

Vasgesit

uitgegrawe

en weer gespeel

en weer

en weer

en oops

En toe is ons met die duine langs terug Lambertsbaai toe



Maar ons moes stop vir koeldrank en roomys op Standfontein

Saterdag aand het almal geslaap soos babatjies na 'n lekker viskos aandete.
Sondagoggend is almal vort huistoe, maar 'n paar van ons het die ompad deur die Cederberge aangedurf. Via Lutzville, Vredendal (vir lunch), Klawer, Clanwilliam tot in Wupertal


Daar het ons koffie en koekies geniet voordat die Eselbank roete aangedurf is na Cederberg Oase


Moes darem stop vir 'n welkome blaaskans


Die aand weer lekker geĆ?Ā«et en geslaap by die Oase. Die volgende oggend na brekvis is ons via Algerie, Citrusdal, Op die Berg na ons huisie teen die Waboomsberg.


Waar ons die aand lekker gebraai het om Dinsdag oggend agter te kom dat ons langnaweek verby gevlieg het.

Ons is huistoe met (van die Kaap af) 1276kms van pure off-road plesier agter die rug.

Wanneer gaan ons weer !!!!!!
 

Offline Maverick

  • Slacker Extraordinaire
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R100GS / Kalahari
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,616
  • Thanked: 137 times
  • Some multi-task. I multi-slack.
Lambertsbaai trip (Buff alternatief)
« Reply #1 on: March 22, 2006, 05:43:34 pm »
Fantastiese rys verslag en bly julle het dit terdee geniet......now who said I am losing my afrikaans bek in soutieland :D

Daai grondpaaie lyk beslis na my tipe avontuur 8)
Maverick Disclaimer: This thread is intended for the use of the individual(s) named above and may contain information that is confidential privileged or unsuitable for overly sensitive persons with low self-esteem, no sense of humor or irrational religious beliefs. If you are not the intended recipient, any dissemination, distribution or copying of this thread is not authorised (either explicitly or implicitly) and constitutes an irritating social faux pas.
 

Offline macduff

  • RIP
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Yamaha XT600
    Location: Western Cape
  • Posts: 854
  • Cape Town
    • http://gonnagallas.blogspot.com/
Lambertsbaai trip (Buff alternatief)
« Reply #2 on: March 22, 2006, 05:44:55 pm »
looks like lekker fun - except for the sand  :shock:  :shock:  :shock:
i lose just a few kilos thinking about me getting stuck in the stuff.

 tks  :thumbright:  :thumbright:  :thumbright:
 

Offline Leon

  • Forum Vendor
  • Puppy
  • *
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 28
boo boo
« Reply #3 on: March 22, 2006, 06:25:32 pm »
Ja sorry. I am a newbee.

Made a mistake the first time. Corrected it, as well as a couple of the spelling mistakes.

Hope the Afrikaans is ok. I ride my bike in Afrikaans and it goes well.
 

Offline Leo

Lambertsbaai trip (Buff alternatief)
« Reply #4 on: March 22, 2006, 06:28:29 pm »
Nice verslag Leon.

Lyk of julle baie pret gehad het.

Gee Fauna & Flora nie vir julle gas as julle so op die duine en teen die strand ry nie?
Grey Haired Riders Don't get that way from pure luck!
 

Offline Leon

  • Forum Vendor
  • Puppy
  • *
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 28
Fauna & Flora
« Reply #5 on: March 22, 2006, 06:48:28 pm »
Ons het maar gehou op die ander spore wat daar was.

Nooit 'n geregsdienaar gesien nie.
 

Online sidetrack

  • Keep it real, keep it a single
  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 14,403
  • Thanked: 457 times
  • T7 dreamin’ ....
Lambertsbaai trip (Buff alternatief)
« Reply #6 on: March 22, 2006, 07:00:06 pm »
Vet pret !
Little by little, one travels far
J.R.R Tolkien
 

Offline mango

Lambertsbaai trip (Buff alternatief)
« Reply #7 on: March 22, 2006, 07:26:26 pm »
Looks terrific, altho the sand  :shock: I don't think so  :D

Baie mooi pics Leon...Dankie
 

masehare

  • Guest
Lambertsbaai trip (Buff alternatief)
« Reply #8 on: March 22, 2006, 08:44:57 pm »
Insane! Vat my saam!!!  8)
 

Offline funacide

  • Administrator
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 890 Adventure R
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,518
  • Thanked: 7 times
    • Mediro Business Service Management
Lambertsbaai trip (Buff alternatief)
« Reply #9 on: March 22, 2006, 10:27:43 pm »
Awesome report and pics. Looks fantastic, well done!!
KTM 1190 ADV R
KTM 890 ADV R
 

Offline >Herman<

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 3,698
  • Thanked: 15 times
  • If not now, when?
Lambertsbaai trip (Buff alternatief)
« Reply #10 on: March 22, 2006, 10:56:22 pm »
Lekker soos 'n krekker!!!! Mooi Leon, hou so aan...  wanneer kry ons die volgende verslag?

Offline wino

  • Old Boys Club
  • Race Dog
  • **
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,576
  • Thanked: 1 times
Lambertsbaai trip (Buff alternatief)
« Reply #11 on: March 23, 2006, 08:01:46 am »
excellent stuff! :happy1:
 

Offline LuckyStriker

  • Stealthy Camper
  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: BMW G650 X-challenge
    Location: Western Cape
  • Posts: 10,149
  • Thanked: 5 times
  • Bellville Rock City
    • LuckyStriker's Blog
Lambertsbaai trip (Buff alternatief)
« Reply #12 on: March 23, 2006, 09:28:19 am »
Dit lyk soos vet pret! Ek sal ongelukkig my sand ry tegnieke moet oefen om by julle te kan kers vashou!
knap gedaan en dankie vir die sit-rap
 

Offline Lootch67

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: United Kingdom
  • Posts: 1,310
Lambertsbaai trip (Buff alternatief)
« Reply #13 on: March 23, 2006, 09:59:13 am »
A1!! Dooner maar ek's jaloers! Hoekom ek so voel oor sand ry sal ek nie weet nie......
98 Black AT & the wheel from a 04 KLR 650.
 

Online grizz

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: United Kingdom
  • Posts: 3,914
  • Thanked: 99 times
  • ROCHERSTER, KENT
Lambertsbaai trip (Buff alternatief)
« Reply #14 on: April 12, 2006, 08:57:48 pm »
Moerse... ek het kliphard gelag nou vir julle vet pret.

Thanks for the ride.
NEVER EVER UNDERESTIMATE THE STUPIDITY OF OTHERS....

I LIVE IN ROCHESTER, KENT, UK.
 

Offline LiveInTheOutdoors

  • Race Dog
  • ***
  • Posts: 1,207
    • http://tigerr.smugmug.com
Lambertsbaai trip (Buff alternatief)
« Reply #15 on: April 18, 2006, 09:33:37 am »
Lekker report, always fun to see the big GS's slide in the sand. Buena Vista!
very minute is a chance to turn it all around - Vanilla Sky



>Mav... started gym. Officially at 95kg....<
 

Offline X Banana Boy

Lambertsbaai trip (Buff alternatief)
« Reply #16 on: April 18, 2006, 04:22:14 pm »
lekker report.  Like your inpromto bike stands  :D   thanks for the Afrikaans lesson.  I understood most of it, i think  :?