Lambertsbaai trip (Buff alternatief)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Leon

Puppy
Joined
Feb 13, 2006
Messages
28
Reaction score
0
Location
Western Cape
Bike
BMW R1200GS Adventure
Ons het toe die naweek 'n lekker trippie na Lambertsbaai gehad, terwyl die res van die bikers gemeenskap na die gefuif van japenese fietse in die middel van die nag in Mosselbaai geluister het.

Ons is Vrydagmiddag hier in Bellville weg en het ons "vriende" uit George op Porterville ontmoet. Daarvandaan is ons na Piketberg waar ons eers die berg op is

61037234-M.jpg


Daarvandaan is ons met die grondpad in die rigting van Lambertsbaai. Eers wiele afgeblaas en toe vort

61037549-M.jpg


sowat 8 km verder het ons een van die manne die pad byster geraak oor die sanderige middelmannetjies. Die 1200 het bietjie seer gekry, maar die ryer was minder gelukkig. Hy was omtrent vir 30 minute bewusteloos. Gelukkig was hy ordentlik aangetrek en was dit net harsingskudde. Na dat die ambulans hom weggevat het is ons voort. Dit het ongelukkig 'n bietjie van 'n demper op die res van die naweek geplaas. Hy was egter Maandag al terug in die werk

61030825-M.jpg


Ons het donker by Muisbosskerm aangekom en het soos gewoonlik lekker ge�«et. Die aand op Lambertsbaai in die Eureka woonstelle geslaap.

Die volgende oggend het Bob ons op 'n Weskus trip geneem. Almal wou ongelukkig nie saamgaan nie.
61030785-M.jpg

Op Doringbaai petrol ingegooi
61030787-M.jpg

En op Strandfontein gelunch
61030790-M.jpg

Daarvandaan het ons al die klein see paadjies gevolg - groot pret
61030795-M.jpg

en bietjie gesukkel
61030796-M.jpg

Ons het bietjie te�«spoed gehad met 'n agterrem wat 'n knock gevat het, maar het dit gou uitgesort
61030797-M.jpg

Ons is tot by die Olifantsrivier se mond en groot pret gehad
61030803-M.jpg

Vasgesit
61030798-M.jpg

uitgegrawe
61030799-M.jpg

en weer gespeel
61030800-M.jpg

en weer
61030801-M.jpg

en weer
61030804-M.jpg

en oops
61030805-M.jpg

En toe is ons met die duine langs terug Lambertsbaai toe
61030806-M.jpg

61030807-M.jpg

61030808-M.jpg

Maar ons moes stop vir koeldrank en roomys op Standfontein
61030809-M.jpg

Saterdag aand het almal geslaap soos babatjies na 'n lekker viskos aandete.
Sondagoggend is almal vort huistoe, maar 'n paar van ons het die ompad deur die Cederberge aangedurf. Via Lutzville, Vredendal (vir lunch), Klawer, Clanwilliam tot in Wupertal
61030811-M.jpg

61030813-M.jpg

Daar het ons koffie en koekies geniet voordat die Eselbank roete aangedurf is na Cederberg Oase
61030814-M.jpg

61030817-M.jpg

Moes darem stop vir 'n welkome blaaskans
61030818-M.jpg

61030820-M.jpg

Die aand weer lekker ge�«et en geslaap by die Oase. Die volgende oggend na brekvis is ons via Algerie, Citrusdal, Op die Berg na ons huisie teen die Waboomsberg.
61030822-M.jpg

61037551-M.jpg

Waar ons die aand lekker gebraai het om Dinsdag oggend agter te kom dat ons langnaweek verby gevlieg het.
61037552-M.jpg

Ons is huistoe met (van die Kaap af) 1276kms van pure off-road plesier agter die rug.

Wanneer gaan ons weer !!!!!!
 
Top