Dis 'n great thread hierdie
my pa bly daar op Stilbaai en hy is nou 75. Hy is nie soveel van 'n avonturier nie, het in 2006 op ouderdom 69 die eerste keer in n tent gekamp, maar was 'n regte petrolhead op sy dag.
Hy het vir 'n hele paar jaar 'n 1959 Vespa Grand Sports gery soos wat ons vandag vandag as n dualsport sou beskou. Hy het op Heuningklip gebly in die Suurvlakte area, naby Herbertsdale, en daagliks met die Vespa Mosselbaai toe gecommute om die melklorrie te gaan ry. Na sy derde val (sonder helmet) op die albasterklippie Haelkraal grondpad daar net so voor Eight Bells het hy maar sy gloves opgehang.
As hy saans terug was op die plaas moes hy gaan jag, en met drie jakkalshonde en 'n geweer op die Vespa die veld ingeneuk opsoek na wild. Ek glo dat daar iewers in die familie 'n foto is van hom met die honde op die Vespa.
van al die mense in my familie en vriendekring is hy die een ou wat my die minste kak gee vandag oor my ongeluk waarin ek 9 weke gelede was.