" Hel toe " ..... Die goeie hel

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

KAAS

Pack Dog
Joined
May 19, 2007
Messages
227
Reaction score
0
Location
GEORGE
Bike
BMW F800GS
Ek en Raider wou graag saam met Trailrider ry Hel toe, maar ons het besluit om n dag vroeer te gaan, omdat ons graag op vadersdag by ons families wou wees. Ons het toe Vrydag oggend 9h00 die pad gevat oor die Outeniquapas tot in Oudtshoorn.

Anderkant Oudtshoorn het ons deur die pragtige Schoemanspoort gery...tot by Wilgewandel.


CHoemansp1.jpg



schoemrivier.jpg



schoem2.jpg



Oppad na Schoemanspoort sukkel Raider met sy oorfone


radio2.jpg



Ek staan en toekyk en wens hy wil die ou oorfoontjies maar eeder verloor....Dit mors net tyd.
Hy probeer na die radio luister op sy selfoon. Dankie tog hyt sein verloor nou hoef ons nie meer elke 100 meter te stop nie.


radio3.jpg



Net anderkant Wilgewandel het ons afgedraai oppad na die Swartbergpas.


swartberg.jpg


oppadafvanswart.jpg



Ons het ons eerste bobbejaan gesien......


bobbojaan.jpg




ietseet.jpg


Die afdraai na die Hel


inganghel.jpg


My gunstelling piekniekplek in die Hel...Ek is mos mal oor riviertjies en waterstrome......Soos ek al voorheen gese het, " Ek raak heeltemal in vervoering oor n rivier in die berge "


eetwaterval.jpg


wval2.jpg



Pragtige nuwe spruite langs die watervalletjie. Grasgroen en fluweelsag.


spruite.jpg



Raider stop by "Oom Koos se klip."  [ Ek dink dis n spelfout ]  Dit moet wees " OOM KAAS SE KLIP "


koosseklip.jpg



Raider stop om n foto te neem. Die Hel is grasgroen, daar moes redelik baie reen geval het.


raider.jpg



Die hoogtepunt van die trip was natuurlik die pragtige driffies. Dit was so lekker om al die riviere te hoor.
Waar ons ookal gestop het, het ons iewers in die verte water hoor loop !


eerstedrif.jpg


drif5.jpg


drif4.jpg


drif3.jpg


drif2.jpg



Die volgende foto vertel n baie snaakse storie.


handskoen.jpg


Raider het gestop om n foto te neem. Toe hy klaar was en n ent verder gery het besef hy toe sy een handskoen is weg. Hy het vir omtrent 15 minute op en af gery om die handskoen te soek. Hy was skoon veld.
Op n stadium toe hy afkyk sien hy met n groot skok dat daar n hand langs sy voet is.

In die ry het die handskoen van sy bike afgewaai en die "velcro" het aan sy broek geplak. Dit was nogal snaaks. Ek dink hy moet die foto instuur na 50/50 . n Baie rare verskynsel, dalk wen hy n Land Rover.


15 km voor ons bestemming.

oppadaf.jpg



Ons het by ons bestemming aangekom en afgepak....

Die huisie behoort aan Cape Nature....sy naam....... " Die Meestershuis "

Baie jare terug het Mnr. Barnard die skoolhoof daar gebly.

huis.jpg



Die ou skooltjie waarin hy vir 13 kinders skool gehou het. Die saaltjie is direk langs die Meestershuis.


skool.jpg



Een van die twee slaapkamers.


kamer.jpg



Die sitkamer

sitkamer.jpg



Braaiplek.

skoonbraai.jpg


Die kombuis met sy houtstofie

denver.jpg



Nadat ons uitgepak het, het ons dadelik die vuur aan die gang gekry [ lekker baie doringhout ], en n koue oopgemaak ;D


vuur2.jpg



vuur4.jpg



leonvuur.jpg



Die volgende oggend het ons n ongenooide kuiergas gehad, wat hom in die kombuis tuis gemaak het.
Ek is mos vreeeeeeeslik lief vir spinnekoppe :-[ :-[ :-[ :-[  As ek se hy was so groot soos my handpalm oordryf ek nie. Ek het n baie groot hand.


spinnekop.jpg



Die volgende oggend neem ons afskeid. Ons het regtig vreeslik lekker gebly.
6h30 koffie op die stoep.


ekenleon.jpg


Dit was n verskriklike koue oggend. Kyk net hoe mooi lyk die wasempie wat by die uitlaatpype uitborrel.

wasem.jpg



Net voor ons weer terug was op die Swartbergpas het ek hierdie verbrande ou boom gesien....eintlik n baie hartseer gesig. n Veldbrand het die eerste deel van die Hel lelik beskadig.

boom.jpg


Ons groet   :(

2kle.jpg



Van die Swartbergpas tot op Outeniquapas het ons nie baie fotos geneem nie. Ons moes ry om betyds te wees vir die Bokgame. Hulle het ons ondersteuning nodig gehad. Dankie Francois Steyn...... die land se nuwe " hero "

Bokkeeeeeeeeeeeeee!!!!!!!!!!!!!!!!!! ;D ;D ;D ;D


Uitsig oor George.

george.jpg



Die einde van n fantastiese trip. Die Hel bly maar spesiaal. Dit was my derde keer daar.
Daar is net iets anders aan die plek, so ongerep en misterieus. Pragtig!!!!!!!

Die trip was 300 km heen en weer.
Ek was 13h00 by die huis. Net betyds om die KLE te was en te gaan stort. 15 min voor die afskop het ek met n koue in die hand voor die tv gesit, effe seer rug, maar rustig en tevrede. My vrou het lekker snacks gemaak en ons het die rugby saam gekyk. 

Dit was n heerlike vadersdag die Sondag. My vrou en die twee seuns het my heerlik getread die heel dag.
Eintlik was dit n VADERSNAWEEK

Hoop julle het n wonderlike vadersdag gehad.

Cheeeeeeers.

 



 
 
Top