Marico mampoer run

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

JK

Race Dog
Joined
May 9, 2011
Messages
3,805
Reaction score
235
Bike
KTM 790 Adventure R
Lekker naweek trip via Marico en tot op die plaas so 25 km's buite Zeerust. Ons vertrek gewoonlik so rondom 9h00 die oggend uit Krugersdorp en slaan dan die stofpaaie tot op Koster. Op Koster maak ons vol (Bike tanks en mae vir die pilots wat honger is). Dan  net n vinnige stukkie teerpad deur die dorp en dan uit na Rosmincoll. Net voor Marico kuier ons by die Erasmusse wat regs lang die rivier n plot het en dit is ernstig sekerlik die mooiste plekke wat jy in jare sal sien reg langs die Mariko rivier. Hulle is dan ook so gaaf om vir ons n ou kouetjie in die yskas te hou. Vandaar deur Mariko tot op Zeerust vir n lekker stukkie steak en chips en nog n kouetjie. Dan die laste 25km's plaas toe vir n lekker kuier rondom die vuur in die berghuis. Volgende oggend lekker plaas ontbyt en dan terrug. n Heerlike 600 km trippie om die kop skoon te kry.
 

Attachments

  • Oop vlaktes.jpg
    Oop vlaktes.jpg
    16.3 KB · Views: 165
Top