Vandat ek gehoor het van Sani pass wou ek hom gaan aanvat en hier staan ons toe voor hom en bekyk mekaar van ‘n afstand af. Hierdie foto is eers geneem na al daai kark los grys klippe wat jou bike laat seil soos ‘n olie tanker vol containers.

Henk wou graag sy foto kry by die alle bekende waterval, maar ons weet nogsteeds nie waar dit is nie. Hier staan ek by een (wat dalk die bekende een is...)

Die grenspos was vinnig en maklik. Geen papiere vir die bikes of ZA stickers was nodig nie, net ‘n vinnig stamp in die paspoorte en ons was weer oppad. Laaste kans om vinnig die girls te bel en sê dat ons nog veilig is, maar nou sein gaan verloor tot maandag toe wanneer ons weer by Fouriesburg behoort uit te pop.

Man maar dis lekker! Ek kan nie glo ons is besig om Sani uit te ry nie. Dit hou net aan en oortref my wildste verwagtinge. Stop so een keer vir ‘n zaan en ‘n paar fotos

Mooi bly mooi

Ek kan nie help om te dink aan hoe bevoorreg ons eintlik is om die geleentheid te hê om so trip te doen nie

Ek dog mens ry waar jy kyk... Toe nie altyd nie. Ek kom om die draai en die volgende gaan deur my kop “My f@k daars sneeu!! Oh F@k hiers ‘n sloot!!!”
So stop ek toe net betyd voor ek in die sloot in moer en die bike begin toe terug gly teen die bult af want die voor rem is gelock. Nie net agteruit nie, maar ook skyns en ek kan nie die bike meer reg op hou nie en klim toe maar eerder af voor ons in die sloot in donner. Ek was nogals bly dat hy nie in die sloot gaan lê het nie, want dan sou ons ordentlik gesukkel het om hom daar uit te kry. Ek wag so oomblik vir Henk om te kom help optel, maar die eerste ding wat hy doen is neem ‘n foto of twee. Eks nogals bly want die laaste ding waaraan ek gedink het was om my kamera uit te haal.

Tumbs up, alles is ok. Ons tel die bike op en pak die laaste 3 draaie van sani aan. Hiers nog fkken sneeu!!

Bo op Sani pass. Me vs Sani pass = 1-1. Dis nou so net na 2:30pm as ek reg onthou.

Ons het net betyds daar aangekom, want die onweer was besig om in te sak van alle kante af.

Die meeste goed word vinnig by die back packers gaan drop en ons skiet na die bar toe vir ‘n koue een. Die back packers is regtig goed. Jy kry beddegoed, kussing, goeie toilette en die mees belangrikste, ‘n warm shower. Ek dink hier was al baie studente en jong paartjies, want die beddens raas verskriklik as jy omdraai in die nag.

Hiers ons foto ook en ‘n donnerse lekker bier

Na so paar biere begin die wind opkom en die reën toesak. Net betyds aangesien ons nog nie eens ‘n uur hierbo is nie. Ons besluit toe om oor te skakel Gluwein toe. Daai goed doen wonders vir ‘n koue liggaam.

Teen 7pm word aandete bedien en dit voel vir my al soos 11pm. Ons het al ‘n hele paar skuim koppe in en die maag soek kos. Na elke dop word daar vir mekaar gekyk en gesê “ok, nog net so enetjie”. Die aandete laat my nogals dink aan koshuis dae wat almal saam gaan sit en dan opskep, ek like dit. Die kos was great (of ons was net donners honger en effe getrek)!! Groente sop, Lasagne, hoender Kerrie en rys, groente en malva pudding en vlae vir nagereg. Magtag, wat ‘n treat.

Ons besluit toe daai was die laaste “enetjie” en keer bedwaards se kant toe. Gedurende daardie nag het die storm net erger geraak en die donderweer het so naby geslaan dat jy kon voel hoe die huis en dak skud. Een blits was so naby dat ek wakker geraak het daarvan en net wit voor my kon sien. Henk het die volgende oggend vir my gesê hoe hy lê en dink het dat ons gaan vasreën en môre moet oorbly. Alles is darem nog droog, maar die storm buite pla jou so effe in jou agterkop terwyl jy aan die slaap raak.