Duinetrippie saam met die Dakar manne.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Baches

Race Dog
Joined
Jan 25, 2008
Messages
1,626
Reaction score
1
Location
Walvis Bay
Bike
KTM 1290 Super Adventure
Het vandag die geleentheid gehad om saam met Ingo Waldsmitd , Darryl Curtis en nog 'n paar manne wat al die Dakar gery het saam mee te ry in die duine tussen Walvis en Swakop. Die manne het groot balle om met daai swaar fietse so aan te gaan. As ek reg verstaan het die manne 'n trippie vanaf Noord Namibia af gery Walvis toe met notebook die works. Hoe de hel hulle kyk waar hulle ry en die notebook lees weet nugter alleen. Was 'n moerse ondervinding en net om na die manne te luister oor die jaar se Dakar is gulp ooprukkend. Tau ek haal my hoed vir jou af ou pel. Sal later 'n foto post van die manne.
 
Top