Dag 1 - Woensdag 12/10/11Ek gaan kamstig werk toe die oggend maar ek terg myself. So tienuur gaan ek huistoe en laai die bike. Dis my eerste trip met die GSA en ek is lus. Ek het afgespreek om Bie half drie op Jansenville te kry dan kan ons rustig ry Boskamp toe en nog daglig daar geniet terwyl ons chill.
So in my gery deur die jare maak ek SERENITY spots bymekaar. Hoe verduidelik ek dat dit plekke is waar ek graag wil wees. Meskien so:
Sometimes I sits and thinks, and sometimes I just sits. My Serenity spots is waar ek net
sits.So is die bike gelaai en ek is reg. So 25kg bagasie, all-up. Nie te sleg nie.

Ek het baie tyd en ek ry rustig. Vat 'n koffietjie langs die pad. Ek het gehoor die Wolowefontein Hotel operate weer en besluit om in te loer. Die plek lyk heel beskaafd en 'n goeie oornag stop vir 'n trippie in die toekoms.

Langsaan is so 'n winkelkie wat goeters verkoop. Moenie jou vrou daar loslaat nie.

Ek kry vir Bie by Noorsveld padstal, ons groet en ry. Dis 'n kort entjie en so vier uur is ons op die plaas. Die mense word gegroet, ons park die bikes en vat die Nomad af kamp toe. Dit is bietjie 'n rowwe pad.
Die Boskamp se huisie. Nie te fancy nie, maar gerieflik. Lampe, kerse ens.

Die kombuis/lapa.

Ons gasheer, Richardt, kom kuier en bring die yskoue bier. Dis nou van hier af wat ons dik SERENITY begin gooi.

So terloops,vlnr, Bie(Kruger), Richardt en ekke(jupiter). Soms gaaf om dit ook te weet.
Die vleisie, soos my gebruik in die bos, gerookte pork rashers. Njammies ! en saam met 'n lekker slaatjie geniet. Ons is mos beskaafd.

So kuier ons aan. Ek wil nie te vroeg gaan slaap nie want dan sukkel die ou lyf in die vroee ure, terwyl ek moet le en wag vir daglig om op te staan. Ons ontwikkel egter gou 'n oggend roetine. Bie, boer wat hy is, is al so van vier uur af wakker. As hy dink dit is lig genoeg dat ek my Siggies kan raaksien, maak hy my wakker en ons roer. So 'n manier het ons elke dag vroeg weggekom.
En dit was ons eerste dag en dit was goed. Dis lekker om 'n witman in Afrika te wees.