Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)  (Read 10329 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,141
  • Thanked: 42 times
  • East London
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #60 on: October 22, 2011, 11:03:59 am »
Die is 'n lekker lees storie  :thumleft:

Gooi mielies  ;D
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Online Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,148
  • Thanked: 296 times
  • WAT KYK JY
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #61 on: October 22, 2011, 11:12:00 am »
Die is 'n lekker lees storie  :thumleft:

Gooi mielies  ;D

Nou sal ons eers bietjie moet wag. Ek moet my kispak gaan uitkrap en werk aan my speech vir my Sussie se troue vanmiddag. Dit ook nog terwyl ek die Currie beker semi's mis.  :(
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Online Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,148
  • Thanked: 296 times
  • WAT KYK JY
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #62 on: October 22, 2011, 12:51:19 pm »
                                                                     Dag 4 - Saterdag 15/10/11

Die Bash-Die Honne en Skaapkop eet.

Van 'n lang tyd af het ek vriende wat met my neul om Kop te eet en ek wil dit doen, maar die geleentheid was net nooit reg nie. Toe Hinksding post van Kop eet by die Bash is ek in. Laurika soek iemand om te deel en ek se dis reg, sodat, as ek nou nie 'n aardigheid daarvoor het nie, is dit darem nie gemors nie. As jongeling vir die gedoente het ek natuurlik niks geweet van die aasvoels nie en hier was TOUR die champ. Nie 'n krieseltjie het vir die miere gegaan nie. So met die vooraf loop het Bie my ge-coach met die etery. Ek is nie grillerig nie en sien toe uit daarna.

Daars baie redes hoekom ek Bash toe is : Die ry, die kuier met ou vriende en, vir die dag, om ander honde te ontmoet en lekker te gesels. Dit was vir my 'n sukses.

Daar's te veel om te noem, maar thanks aan Journeyman en die ander wat die ding maak gebeur het. Veldbrand wat my jean pant van Pretoria gebring. Groot askuus aan die tannie met wie ek so kortaf was die Vrydag aand oor die vleispakkie. Dink dit was Veldblom. Ek is eintlik nie so 'n tiepe meisie nie, seker maar die moegheid van die dag se ry gewees.

Die Saterdag kuier het sommer vroeg begin. Ek het die dag verseker my quota bier vir die jaar uitgedrink.


Die kuier plek het met verloop voller begin word en die manne al hoe slimmer.


Is Stoetbul altyd so besig en raserig of is dit net by spesiale geleenthede ?


Mr Cool


Ons het begin honger word en ons Main Man Heimer en die ander wat weet het die Koppe begin warm maak.


My kopeet maatjie en ons is reg vir hom.


So word daar toe kop geeet.




My gesig wys dit nou seker nie hier nie, maar dit was lekker. Net later erg dwars geklap deur al daai vet. Sal hom volgende keer bietjie braai. Net jammer ook dat ons Pote se potbrood moes mis, want dis glo lekker met die brein. Dankie aan Jnrbull, Hinksding en Heimer vir die moeite. Ons maak weer so. As ek dit kan regkry is my en Bie se volgende kopeet in die Baviaans op 12 Nov. Gaat hom in 'n Weber gaarmaak. Njom-njom.

En dan natuurlik wie sal nie die happy reunie vergeet.


So loop dit nou maar met die res van die dag. Gesellig. Laataand word dit genoeglik afgesluit met 'n twakkie saam AntonW en nog 'n paar Honde. Moet ek noem hoe lekker ek toe geslaap het.

So loop nog 'n goeie dag dan ten einde.

« Last Edit: October 22, 2011, 12:57:58 pm by jupiter »
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline LouisXander

  • Lesotho (K)night rider.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,813
  • Thanked: 82 times
  • Member of the Secret Sazook Society...
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #63 on: October 22, 2011, 03:37:47 pm »
Lekker G, dis moes moerse lekker gewees het!!
Don't dress for the ride,........dress for the fall!
 

Offline Pote

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,269
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #64 on: October 22, 2011, 04:44:17 pm »
lyk baie lekker...het darm my T-Shirt gekry
 

Offline Bie

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,193
  • Thanked: 544 times
  • Winners never quit, Quitters never win.
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #65 on: October 22, 2011, 05:55:22 pm »
Saterdag - Bashdag.

Ons aanvanklike plan vir Saterdag was om oor die grens te gaan en n brekkie te vat by Noordoewer waarna ons so 150km rivierlangs sou ry op die pad na Rosh Pinah. Ons wou dan met die pont by Sendelingsdrif weer terugkom RSA toe en van die westekant af terugry na Vioolsdrif. Die vorige dag se ompad en die volgende dag se lang trek Tankwa karoo toe het ons egter laat afsien hiervan.

Ek was hier teen 5:00 die oggend op en besluit dis 'n goeie tyd om voor die rush my oggend ablusies af te handel en 'n lekker warm stort te vat. Groot was my teleurstelling toe ek in die badkamer kom, want daar was nie 'n druppel water nie en daai go-carts het aaklig gelyk. Die hele kamp was nog aan die slaap, so toe gaan maak ek maar koffie en wag dat daar water kom. Ironies om langs die grootse rivier in RSA te kamp sonder n druppel water in die badkamers.

Op 'n stadium kom daar iemand verby en hy noem toe dat die ander badkamers naby die bar wel water het en ek sit af daarheen. Op daai stadium het die honne so een-een wakker geword en het ons afgeskuif bar toe vir ontbyt. Daar was 'n baie gelukkige vlieg in die omgewing wat op 'n stadium op Stoetie se rug gaan sit het en ETS se blitsige reaksie het die vlieg gemis.



Kort daarna het Stoetie nog 'n hou gekry en vir die res van die oggend was daar 'n linker en regter heel duidelik afgeets op sy rug. Nadat hy herstel het van die twee houe het hy sy vlermuis ten toon gestel en ek moet bieg, dis nou 'n stoetbul van 'n vlermuis. Orange Swifty het in sy spore gevolg, maar daardie gesig het my kamera laat jam.



So teen 2 uur het ons die skaapkoppe aangevat en die res van die middag ook maar soos die oggend met bier in die hand verkeer.

















Ball en Claw het Stoetie se plek oorgevat as komediant en ek het lanklaas so baie gelag op een dag. Dis hier waar ons die meeste van die honne ontmoet het, sommiges met eienaardige planne om af te koel.




Saterdag aand kort nadat ons klaar gebraai het, het ek oudergewoonte gaan slaap en dit was basies die einde van die BASH self. Volgende oggend begin die trip huistoe.

« Last Edit: October 22, 2011, 06:18:32 pm by Bie »
Kom ons maak 'n stoffie.
 

Offline Heimer

  • Global Moderator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 12,683
  • Thanked: 113 times
  • Kan nie ALZ onthou nie
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #66 on: October 22, 2011, 08:59:40 pm »
Hierdie span-skryf produk van julle werk mooi - ek geniet.  :thumleft:

Matriek getuigskrif 1979: ........... is 'n vriendelike seun met volop selfvertroue. Hy tree soms vreemd op. Die skool se beste wense vergesel hom.
 

Online Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,148
  • Thanked: 296 times
  • WAT KYK JY
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #67 on: October 22, 2011, 10:55:02 pm »
Soos ons gedink het, elke ou het sy manier om 'n ding te ervaar en elkeen sien nie dieselfde goed raak nie. Met die om die beurt skryf kry 'n ou nou 'n lekker idee hoe die dae geloop het.

Sal more dag 5 post.
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Firesquirrel

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,395
  • Thanked: 2 times
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #68 on: October 23, 2011, 12:02:23 am »
Just  :pot:

Very nice RR  :thumleft:

The riding gods were just a way behind us. According to them, they're still looking for the sand ?  :imaposer:

Tell them it was those sections where they paddled through, never to admit they have done so, hence their claim of no sand.  :imaposer:

Nou maak dit mos sin hoekom hulle eers so lank na ons by Bushedwacked aangekom het. Kamma papwiele moes regmaak en help soek vir ander ouens se kit wat afgeval het.  >:D
Hey ... Be nice.....
Current Bikes :  KTM 690
 

Online Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,148
  • Thanked: 296 times
  • WAT KYK JY
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #69 on: October 23, 2011, 12:06:16 am »
Hehe... wat is dit nou om 'n Hond te wees as 'n ou nie so bietjie kan draaksteek nie ?
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Firesquirrel

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,395
  • Thanked: 2 times
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #70 on: October 23, 2011, 12:08:01 am »
Hehe... wat is dit nou om 'n Hond te wees as 'n ou nie so bietjie kan draaksteek nie ?
Hahahaha..... seker maar boring....lekker RR die..... ek lees hom en hoor myself kort kort lag !!
Current Bikes :  KTM 690
 

Online Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,148
  • Thanked: 296 times
  • WAT KYK JY
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #71 on: October 23, 2011, 12:13:26 am »
 :thumleft: Ek laaik nogal hoe die Toppie staan en kyk terwyl die ander manne sy bike se puncture regmaak  :imaposer:
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Firesquirrel

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,395
  • Thanked: 2 times
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #72 on: October 23, 2011, 12:15:41 am »
Ou storie.... "Baie Chiefs... en f@kkol Indians..."  en dan is daar ook altyd mos die "I - surgeon".... jy weet....... "I know what I am doing" manne....toe neem ek maar die foto.
Current Bikes :  KTM 690
 

Online Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,148
  • Thanked: 296 times
  • WAT KYK JY
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #73 on: October 23, 2011, 12:24:49 am »
Ou storie.... "Baie Chiefs... en f@kkol Indians..."  en dan is daar ook altyd mos die "I - surgeon".... jy weet....... "I know what I am doing" manne....toe neem ek maar die foto.

Ja-nee.

Op 'n dag is daar 'n moerse ongeluk. Die beseerde le in die pad en dis net bloed waar jy kyk. Mense drom saam en een ou buk by hom en sien of hy kan help. Skielik bars daar 'n vrou deur die skare : " Gee pad, ek's 'n nurse laat ek sien." Sy druk die ou weg en raak besig met die beseerde. Na so rukkie tik hy haar op die skouer : "Verskoon my dame, as jy by die punt kom waar jy wil vra of daar 'n dokter in die skare is want jy't hulp nodig, staan ek reg agter jou."

So werk dit mos maar.
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Online Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,148
  • Thanked: 296 times
  • WAT KYK JY
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #74 on: October 23, 2011, 12:31:46 pm »
                                                                      Dag 5 - Sondag 16/10/11

Springbok-Loeriesfontein-Calvinia-Middelpos-Tankwapark.

Ons het 'n lang dag wat voor le, roer weer vroeg, pak, groet en ry. Eerste stop, Springbok, vir brekfis.

So met die kuier gister gesels ek en ChrisL oor ons roete. Nee man, daai stukkie van Calvinia na Middelpos met die R354 is vervelig. Ry so draai deur die Hantamberge en sluit weer aan by die R354 net so Suid van Middelpos en dan aan Ganagga toe. Oppas net vir Berm_Rooster se snotgladde, mosbedekte driffie. Klink lekker en ons besluit om so te maak. Thanks. Die man is 'n loopende padkaart.

Om verder in konteks te plaas wat later sou gebeur, moet ek ook net so bietjie agtergrond gee. Vrydag het my bike mos so plek-plek gevrek, dan start ek maar net weer en ons ry. Gister noem ek dit ook aan Berm. Ja man, daar's so 'n potensiolonomometer(of iets) op die petrolpomp wat moeilik gee op die bikes. Mens kan hom by-pass dan is dit gesort. Weet nie mooi hoe werk dit nie, maar chat met een van die ander manne, hulle kan help. Bie het 'n GS911 so dit kan geen probleem wees om die fout op te spoor nie. Maar ons kuier te lekker en ek vergeet skoon daarvan.

Vrydagmiddag oppad Vioolsdrif toe, net Noord van Vyfmylpoort, sien ek hierdie klipkoppies wat lyk op iemand dit so bymekaar gevee het. Lyk nogal mooi en die soort goed interreseer my. Die son sit aan die verkeerde kant en ek besluit ek sal vandag oppad Springbok toe foties neem.




By die huis gekom trek ek my Geological Journeys nader en lees so bietjie. Ek verstaan nie so mooi, maar lyk my dis een of ander sedimentere formasies. Meskien kan Tok-tokkie of een van die ander slim manne ons uithelp.

Op Springbok kry ons vir Berm, Tau en nog 'n paar ander manne. Na 'n lekker brekkie en gesels is ek en Bie weer oppad. Hulle vat 'n ander rigting, kus af.

Ek post maar eers weer so stuk-stuk want my computer neuk weer.

...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Online Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,148
  • Thanked: 296 times
  • WAT KYK JY
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #75 on: October 23, 2011, 01:23:08 pm »
Ons vat die grondpad Loerisfontein toe. So vroeg oggend is my mojo nie lekker nie. Op die teer is dit OK, maar grond is 'n ander storie. Dit wil nie groove nie. Na 'n rukkie stop ek. Bie weet ook al. Soms is daar rustoppe en ander kere bodder hy nie eers om sy hemet af te haal nie. Ek stap so een of twee kere om die bike en sluk 'n siggie met so twee laaang trekke. Daars hy, nou's ek reg.

Die bike sukkel nou weer. Soms net 'n sluk-sluk, ander kere vrek hy weer. As ek momentum het is dit net clutch intrek, druk die starter en ry weer aan. Die ding is lastig.

Kort voor Kliprand se afdraai het ek so 'n oomblikkie toe ek dik sand op 'n draai kry. Ek vang 'n ma se wobble, trek die bike regop en hier kom die kant van die pad. Ek soek leplek, maar kyk maar in elkgeval op om te sien waarheen ek eintlik moes gery het. Die bike is om die draai en daar gaat ek weer. Ek verstaan nie hoe dit werk nie, maar dit werk.

Kliprand is 'n mooi plekkie, maar ons skiet deur vir 'n ruskans op Loeriesfontein. Die kerk.


Op Calvinia vat ons 'n lekker koue een met 'n vis-en-chippie by 450 Myl. Na ons eers 'n bietjie verdwaal kry ons die pad berg in soos Chris beduie het. Thanks Chris, dit was 'n mooi stukkie om te ry.

Dis mooi wereld die en ons geniet die ry rustig. Dis nog vroeg en daars geen haas nie. Die plan is net om te ry tot aan die einde van die dag en erens in die park te kamp die aand, waar ons ookal kom. Meskien Boer se kloof waar hulle so lekker natgereen het.
http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=77819.0

Die afdraai net voor ons by die driffie sal kom. Hoe mooi lyk daai berge in die agtergrond.


En oor die bultjie daar's die driffie. Ek nie stupid nie en was gewaarsku. Stop voor die water en kyk hom mooi uit. Lyk OK. Wat kan nou verkkeerd gaan as ek hom deur-paddle. So, daar gaat ek. 'n K60 Scout, met daai soliede strepie in die middel, is net sowel 'n slick.
Die bike is swaar en hy's gelaai. So paar tree in glip die gat, toe die voorwiel en toe ek. Daar gaan le hy toe maar.




Helmet af en baadjie uit, terwyl ek wag vir die jongman om my te kan help die bike weer optel.



...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,816
  • Thanked: 416 times
    • dustriders.co.za
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #76 on: October 23, 2011, 01:25:20 pm »
Dis die Roggeveldberge nie Hantam Jup.
Die Hantamberge sit Noord van Calvinia. Julle was suid van Calvinia.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Online Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,148
  • Thanked: 296 times
  • WAT KYK JY
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #77 on: October 23, 2011, 01:31:01 pm »
Dis die Roggeveldberge nie Hantam Jup.
Die Hantamberge sit Noord van Calvinia. Julle was suid van Calvinia.

Duh ! Maar ek het gese jy's die padkaart  :biggrin: Ek ry net, dis alles mooi.
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Pote

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,269
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #78 on: October 23, 2011, 01:52:33 pm »
ek is bly jy is darm ok, nie mooi om 'n bike op sy kant te sien nie.
 

Offline Bie

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,193
  • Thanked: 544 times
  • Winners never quit, Quitters never win.
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #79 on: October 23, 2011, 02:00:06 pm »
Sorry Jup, ek druk bietjie in, maar nou gaan ek slaap.

DAG 5 – Sondag, die terugtog begin.

Trip vir die dag – 460km grond en 130 km teer.



Die twee rooi vlaggies op die roete kaart wys waar die skade gebeur het en die ander een is waar ons dit uitgesort het.
Ons aanvanklike plan was om te ry tot iewers tussen Gannaga pas en Ouberg pas en dan sommer daar iewers te kamp vir die aand. Die braaipakke wat ons gekry het by die bash was so groot dat ek en Jupiter met elke ete een braaipak gedeel het, met die gevolg dat ons Sondag oggend daar weg is met twee geseelde braaipakke vir Sondag aand, een elk.
Soos gewoonlik was ek teen donker Sondag oggend reeds op en probeer toe weer die ablusie ding voor die kamp wakker raak en so wragtag is daar weer nie water nie. Ek weet toe mos al om by die ander badkamer te gaan kyk en soos die vorige oggend was daar geen probleme nie. Terug by die tent begin ek en Jupiter tent en stretcher opbreek. Na ‘n koppie koffie en parrafien beskuit was ons reg om te ry en kort na 6:00 vat ons die pad. Ons ry rustig en van die riding gods kom met ‘n moerse gejuig by ons verby.



By Springbok gooi ons petrol in en gaan eet ‘n brekkie by Springbok lodge. Hier kom ‘n hele paar honne aan wat ook reeds oppad is en ons groet ‘n tweede keer en vat die R355 Kliprant, Loeriesfontein en Calvinia se kant toe.



ChrisL het ‘n aanpassing op ons beplande roete aanbeveel wat ons deur die Roggeveld berge neem daar tussen Calvinia en Gannaga met ‘n besliste waarskuwing van ‘n snotgladde driffie op die pad. Die roete maak nie juis ons pad langer nie, net mooier, en ons besluit om daarlangs te ry. Om die waarheid te sê, sy roete was een van die alternatiewe wat ek bekyk het toe ek die roete beplan het by die huis. Jup sukkel om sy ritme te kry en aanvanklik stop ons kort-kort, maar ons is nie haastig nie – daar is baie tyd. Ek het agtergekom hy is nie ‘n oggend mens nie en eers so van 10:00 af is hy 100% Jup.
Kort voor lank is ons op Loeriesfontein en ons maak gou visors skoon by die garage. Ons is voor skedule en vat dit effens rustiger. Op Calvinia gooi ons petrol in en gaan eet iets. Ek het las van ‘n skouer en teen daardie tyd het ek reeds 8 Myprodols agter die blad. Die voordeel daarvan is natuurlik dat my gat ook nie seer raak nie. Calvinia word gereken as die vleisdorp van RSA, maar ons eet vis. Kan nie die plek se naam onthou nie, maar Jup het vantevore ook daar aangedoen. Goeie keuse gewees. Ons vertoef nog so halfuur of wat na ete en Jup lei ons die dorp uit op die roete wat Chris voorgestel het. Na ‘n rukkie kom ek agter ons is op die verkeerde pad, wat eintlik die regte pad was. Ek ry Jup in en stop hom. Ons draai om en vat die regte afdraai wat eintlik die verkeerde pad is, maar almal kom op dieselfde plek uit.





Van toe af ruil ons plekke by elke hek, want die ou wat voor ry maak oop en die agterste ou gaan verby en so roteer ons. Op ‘n stadium is ek voor, maar ek stop om ‘n foto te neem en Jup gaan verby.  Dis die foto hieronder en amper bo in die nek op die foto is die snotgladde driffie waarvan Chris gepraat het, maar dit weet ons natuurlik nie.



Ek haal Jup in en is seker so 50m agter hom toe ek sien sy fiets se gat swaai heeltemal uit en daarna kantel die Buffel na regs. Ek gaan by hom verby, maar ek sien hy lyk orrait. Gou-gou ‘n foto en toe tel ons die Buffel weer op sy wiele.



My moed sak in my skoene, want daar bly stukke van die fiets op die grond agter. Die regterkantse pot-guard is halfpad afgebreek en hang aan twee boutjies, die voorste een heel afgebreek in die casing. Die stukke wat op die grond agtergebly het was gelukkig net die rubber kussings tussen die guard en die pot self. Jup haal die res van die guard af, maar die Buffel wys ‘n rooi driehoekie op die dash. Aan die linkerkant is ‘n elektriese proppie wat uitgetrek is, vermoedelik met sy knie in ‘n botsing gewees en nadat dit teruggedruk is, start die Buffel.



Ons pak al die gereedskap op, maar toe ons wil ry wil die Buffel nie meer nie. Die starter swaai, maar start is min. Ek het een van daai GS911 tooltjies by my, maar het dit so lanklaas saam met my selfoon gebruik dat ek nie die bluetooth paring code kan onthou nie – help veel. Ek weet dis ‘n eenvoudige nommer soos 1111, 2222 of 1234 en probeer ‘n paar kombinasies sonder sukses. Nou is ons gestrand, geen selfoon ontvangs en iewers tussen erens en nerens. Gelukkig het Jup ‘n tow-strap en ons haak hom agter die 800. Nou kyk, my fiets was self gelaai en ‘n 1200GSA is nie lig nie, wat nog van sy bagasie, maar ons kom weg. Daarvandaan berg op met die hoop dat ons selfoon ontvangs kan kry bo. Ek kom nie bo 2de rat nie, maar kort voor lank is ons op die berg en daar is ‘n plaashuis ‘n kilo of so regs van die pad. Ek lig my voet, en na 20km (19,6 km om presies te wees) se berg-op tou kom die tow-strap los en ek ry tot by die plaashuis.
Vriendelik en honger vir gesels kom die vrygesel boer uit en nooi my in. Hy het ‘n selfoon booster in sy huis en ek sal daar sein kry. Ek kyk gou op die internet en sien die kode wat ek soek is 0000, bedank die boer en ry terug na Jup toe.





Jup se vermoede word bevestig toe die GS911 ‘n fuelpomp en potensiometer fout uitwys. Hy weet daar’s ‘n manier om die potensio te bypass, maar weet nie hoe nie. Ek kom agter dat indien ek doodstil langs my fiets staan met my kop in ‘n spesefieke rigting gedraai, het ek daar ook ‘n effense sel-sein. Ons bel vir Alan Lewis, maar dis Sondag middag en hy antwoord nie. Jup bel sy vrou en sy ry na Allan toe om te sê hy moet sy foon antwoord. Hy gee instruksies en ons strip die Buffel. Na al die bypass drade gekonnekteer is per instruksie, druk Jup die happy button, maar daar is niks happyness nie.





Sy battery begin ingee en dit raak nou vinnig donker. Met ‘n wille skoot stel ek voor, ruil die drade om, en die Buffel lewe weer. Met die bypass is daar nou twee drade wat eers aan mekaar gelas moet word voordat hy kan start.





Sodra die drade gelas is, loop die brandstof pomp full-taps en wanneer die fiets afgeskakel moet word, moet die drade ook loskom.
Ons pak alles op en ry in die donker verder. Ons besluit om eerder by Gannaga lodge oor te slaap as om stealth camp op te slaan in die donker en by die T aansluiting draai ons regs, Lodge toe. Onsekerheid knaag aan my en ek hou stil. Daar’s ‘n selfoon toring op die berg langs ons, want ons kan die liggies duidelik sien. Ek kyk gou op die internet wat is hulle telefoon nommer en Jup bel, maar ons kry slegte nuus. Daar is niemand by die lodge nie, ons kan nie daar oorslaap nie. Ons draai om en ry die 8km Middelpos hotel toe, hulle het plek vir ons en hulle braaivuur is pas uitgebrand, so ons hoef nie eers lank te wag om ons BASH-braaipakke te braai nie.





Ons kry elkeen ‘n paar koue biere en kuier lekker om die vuur.



Later daai aand lê ons elkeen in ‘n regte bed en ek het selfs ‘n Rapport ook om te lees. Ons stuur vir Wortel ‘n vingertaal boodskap wat Jupiter hopenlik sal post.



All’s well that ends well. Dis ons voorlaaste aand, more ry ons tot by die see.
« Last Edit: October 23, 2011, 04:37:27 pm by Bie »
Kom ons maak 'n stoffie.