Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)  (Read 10325 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Online Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,146
  • Thanked: 296 times
  • WAT KYK JY
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #80 on: October 23, 2011, 02:20:55 pm »
Ons is nou eers weer terug by die driffie om die res van my storie klaar te maak.

Bie daag op, bespiegel so bietjie en ry veilig deur anderkant toe. Ons(Hy eintlik) tel die bike op en kyk of hy nog werk. Dood. Kyk bietjie deur, asof ons iets weet, en sien die throttle controller is los. Te oordeel na die teerheid aan my linker knie moes ek hom los gestamp het met die omval. Plug in, druk die knoppie en daar gaat hy. Mooi so oubaas se honne.

Ek vat nou eers 'n teugie om my mojo terug te kry. Toe ons regs is kit ons op en druk weer die knoppie. MORSDOOD. Waddemoer nou.
Ons bespiegel en beraadslaag. Meskien net 'n bietjie lug geluk en druk die knoppie nog so paar keer. Niks. Ons gesels nou oor die bike se vrekkery vroer ern Berm se raad oor die 'dinges'. Bie het 'n GS911 en ons plug hom in. Hy het die kode vergeet om die ding met sy cell foon te laat praat. Wat nou ? Ons het nie ontvangs in die laagte nie.

SLEEP ! Eish. Ironies genoeg ek het al drie keer moes sleep met my tou. Al drie kere BMW's, maar ek was die sleper. Ons bespreek die ding, haak aan en daar gaan ons.

Soos gese, daars al baie gepraat oor wat maak saamry suksesvol. Almal het hul teorie, maar laat ek julle nou vertel: Niks laat jou bond met jou ry-buddy soos dat hy jou 18km sleep op jou 1200GSA op 'n lastige grondpad nie.


Nou raak ek sommer lekker windgat met die foto nemery.

Ons kry 'n plaashuis in die verte en trek af dat Bie kan gaan kyk of hy kan bel om die kode te kry. Ek wag solank en bepeins die mening van dit alles.

ZEN and THE ART of "HOEDEFOK kry jy 'n dooie bike, wat net vol elektriek kak, is weer aan die gang."


Bie kom terug met die kode, ons plug in en die gadget bevestig dat die DINGES, soos Berm gese het, is ISM. Nou weet ons hy kan ge-bypass word en die pomp direk van die battery af loop. Wat maak mens, en belangriker... Wademoer is die ding ? Maar ek het ge-ZEN... moenie sweet nie, want dan maak jy foute. Ons het so elke nou en dan een bar cell ontvangs, so bel iemand wat weet.

Enigste nommer wat ek het van iemand wat ken is Allan Lewis in PE. Ek bel en kry geen antwoord nie. Kans gevat, want ek weet hy antwoord nie sy foon oor naweke nie, juis dat ouens soos ek hom nie kan pla nie. Maar dis 'n nood, so ek bel vroutjie en se sy moet na Alan gaan en se hy moet sy foon antwoord. Krieses. So chat ek en Bie uiteindelik met hom, met groot gesukkel met die ontvangs, en sort wat om te doen, en dit word so tussen 'n koffietjie deur gedoen. Onthou, moenie sweet nie.


Die joppie is gedoen, druk die knoppie en daar gaat hy. Nooit anders gedink nie. Daars altyd 'n manier. Thanks Alan, jy's 'n ster.

Nou's dit donker en dis nog ver om te ry. Ons koukus 'n bietjie en besluit om te mik vir Ganagga lodge, so 56km ek dink. Ons is nie bang nie, ons het ligte en ons ry. Nou raak dit vir my interressant. Ek is so bietjie nagblind en kan nie diepte skat nie. Van lyn kies om slote, gate en klippe te mis is nie sprake nie. Eerste wat ek van 'n ding weet is as ek oor of deur hom ry. Dit gaan so op die manier maar stadig dat ek nie my tanne uitstamp nie.

(smoke break)
« Last Edit: October 23, 2011, 02:50:04 pm by jupiter »
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Online Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,146
  • Thanked: 296 times
  • WAT KYK JY
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #81 on: October 23, 2011, 02:48:12 pm »
Met Bie se tussen-gooi spaar dit nou vir my 'n klomp verduilikings, want die tikkery gaan maar stadig. Daar was nie te veel oor om te se nie.

Na die lekker braai en koue enetjie is dit tyd vir bed. Ons is moeg en dit was 'n lekker bedrywige dag. Ons hou elkeen 'n bier oor vir erens langs die pad more.

Nag almal(en dis nie wat julle dink nie :3some:)


...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,812
  • Thanked: 416 times
    • dustriders.co.za
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #82 on: October 23, 2011, 03:07:05 pm »
So kyk ek julle foto's en sien julle het n stuk van die pad gemis wat ek beduie het. (julle sal moet teruggaan!!!)
Julle het net buite Calvinia links gedraai(naam op die bordjie begin met n K)
Julle moes eers n kilo buite Calvinia links draai op die R355 en dan 12km op hom af linksdraai.
Dan sou julle meer berge gery het en geen hekke oopgemaak het nie!! :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Bie

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,193
  • Thanked: 544 times
  • Winners never quit, Quitters never win.
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #83 on: October 23, 2011, 03:16:10 pm »
Chris, dis my skuld. Jupiter wou verder aangaan en ons het seker by daai afdraai van jou omgedraai. Jup, wat doen jy Saterdag, ons moet omdraai.  >:D
Kom ons maak 'n stoffie.
 

Offline fat b

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,975
  • Thanked: 2 times
  • BMW R 1150 GS ADVENTURE
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #84 on: October 23, 2011, 03:36:58 pm »
Hierdie is 'n vrek lekker RR !  :thumleft:

 THE CHALLENGE MAY NOT BE EASY , BUT IT'S NOT IMPOSSIBLE.
SO MANY PLACES, SO LITTLE TIME !

MOSSEL BAY
 

Online Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,146
  • Thanked: 296 times
  • WAT KYK JY
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #85 on: October 23, 2011, 04:05:49 pm »
Ek sien dit nou. Lyk ons sou dan met die pad opgekom daar van die berge af instede om met 'n links draai by die T-aansluiting in te kom so kort voor die driffie.


Ek het geluister, maar toe se die GPS ons is verdwaal en hy lieg nooit. Goeie ding van 'n GPS... jy weet altyd waar jy verdwaal is.

Die saak is darem nie verlore nie. Volgende jaar se Airhead Gathering is in Keimoes dan gaan ek weer daar rondry. Teen AUG se kant wil ek weer daar in die Tankwa en Namakwaland gaan ry, met Vroutjie, om die blomme te kyk.

Iemand wat ken moet net eers weer vir my 'n lekker roete uitwerk... op 'n kaart, dat ek nie weer verdwaal nie  :imaposer:

...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline J-mo

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,194
  • Get up one more time!!!
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #86 on: October 23, 2011, 04:13:38 pm »
Jo, julle het omtrent 'n awesome trip gehad.

G, jy kan maar skryf hoor. ek het dit terdee geniet.

Thanks.  :thumleft:
Getting lost during an adventure is a relative term. It all depends if you're enjoying it.
 

Online Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,146
  • Thanked: 296 times
  • WAT KYK JY
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #87 on: October 23, 2011, 04:29:30 pm »
Jo, julle het omtrent 'n awesome trip gehad.

G, jy kan maar skryf hoor. ek het dit terdee geniet.

Thanks.  :thumleft:

Thanks. Tog snaaks hoe 'n lekker ry 'n lekker storie ook maak. Hier kom episode 6 dan.
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Online Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,146
  • Thanked: 296 times
  • WAT KYK JY
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #88 on: October 23, 2011, 06:06:58 pm »
                                                                         Dag 6 - Maandag 17/10/11


Ganagga- en Oubergpasse-Sutherland-Merweville-Leeugamka-De Rust en die Passe na Sedgefield.

Ons is vroeg op en sesuur op die pad. Na vandag se ry deur die Tankwa het ek lank uitgesien en my Mojo is sommer reg. Dis 'n goeie ding ons het gist'raand omgedraai. Daai pad na Ganagga lodge is sleg en in die donker sou een van ons seker geval het.

Ek volg maar my skaduwee dan weet ek waar ek is.


Net voor ons in die Tankwa afsak.


Ganaggapas. Daar onder loop die pad en hy val soos 'n Otis-lift. Ek en die Buffel is heel OK. Tegnies, op vaste voet, kan ons doen.  :biggrin:


Dan kry mens ook die rotse wat(natuurlik ? help weer Tok-tokkie) so gestapel is. Tog te mooi.


So cruise ons nou maar rustig deur die Park. Die pad is mooi en verg nie inspanning nie. Dis 'n mooi, wye plek die en hy gaan my weer sien.

Dis nog lekker vroeg en toe begin die honger knaag. Bie kry vir ons 'n driffie met 'n skadu en ons gooi brekkie. Gisteraand se koue braaivleis. Niks is darem so lekker in die veld nie



So bord maak my hart klop. Nog 'n pas om te ry.


Die wydte amper bo van Oubergpas af. Nou weet ek hoekom ek gebore was om in die land te bly.


Ons getroue perde geniet net so die grondetery.


So ry ons nou verder oor berge en dale tot in Sutherland vir petrol, koffie en 'n toastie.

'n Tyd terug word ek ge-rag en tel "n "ban" op omdat my Avatar nog steeds die AT se kopligte wys. Ek lees met tyd 'n RR en sien 'n fotie van die restaurant in Sutherland. Ek weet toe ek gaan daar deur en het my nuwe Avatar. Hello almal  :mwink:


Nou het ek al vertel van my SERENITY spots. Rammelkoppas oor na Merweville is nou een van my SERENITY stukkies paaie. Daai uitsig van bo die pas af vat 'n man diep en ver.




Die pad Merwevile toe gly lekker onder die wiele deur en as jy oor die heuwel kom le hy so voor jou. Mooi plekkie die.


Die kerk


Laas jaar, dieselfde tyd, vat ek ook die trippie na ek by die CABC was, oor 'n RR wat Trailrider gedoen het. By die Springbok Lodge loop ek my in Ds Kallie en sy hele familie vas wat kom verjaardig party hou. Dis vol, maar hy maak vir my 'n plekkie en ek word genooi om saam te kuier. Dis nou goeie mense die en so kry ek een van my onvergeetlike aande op 'n trip.

Van hier vat ons nou weer 'n pad Leeugamka om, oor Seekoeigat, na Meiringspoort, wat ChrisL vir ons gegee het. Dis 'n mooi stukkie ompad so 'windie-windie' deur die rooi koppies en ons sien toe darem nog 'n bietjie blomme, hoewel hulle nou begin verwelk.


In De Rust maak almal al toe en ons mis 'n middag koffetjie. Ons het nog ander ryplanne gehad, maar dit raak laat en ons stoot maar kortpad oor Deysels dorp, met so 'n lekker twisty, deur Perdepoort tot by Montaque pas. Op 'n kol slaat ek met mening 'n driffie, wat dieper is as wat ek dink, en kom sopnat anderkant uit. Eish ! ek en die driffies. Ek lees hulle nog nie so lekker nie.

Na Montaquepas is dit Sewepasse, deur die woud, vir eers net tot voor Karatara, en dan af in Sedgefield se rigting waar ons die aand by my niggie op Hooggekraal sal kuier. Ek het die paaie nou al gery, so ek en Bie het gereken hy sal nou eers sy stuk skryf om 'n vars kyk daarop te gee, waarna ek weer my dag sal klaarmaak. Per slot sluit ons mos nou die dag af by een van my dikste SERENITY spots.


...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Bie

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,193
  • Thanked: 544 times
  • Winners never quit, Quitters never win.
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #89 on: October 23, 2011, 06:48:49 pm »
Dag 6 - 437 km grond, 190 km teer.



Soos ons gewoonte teen hierdie tyd is ons die volgende oggend vroeg reg om te ry. Koffie gedrink, parrafien beskuit geeet, opgepak en opgesaal voor 6:00. Ek ry voor en toe ek by hierdie dam verbygaan met die son wat oor die nek begin loer dink ek dit sal nou ‘n mooi foto van die GSA afgee.



Die pad is vol gate en ou spore in die modder getrap en ons het nog baie kilo’s voor. Ons stop bo-op Gannaga en neem foto’s.



 Hiervandaan van Jup weer voor en ons neem foto’s soos ons gaan.







Ons stop onder in die park om bene te rek en ek vat weer voor. Ons het nog 2 sosaties en 2 tjops oor van die vorige aand se braai en stop in n droë rivierloop vir ontbyt.



Daarna begin Ouberg pas en dis baie steiler as wat ek dit in my geestesoog voorgestel het. Ons neem foto’s soos ons gaan en kort voor lank gooi ons petrol in op Sutherland.







Jupiter gaan solank vooruit na sy naamsgenoot gastehuis en daar eet ons n stukkie roosterbrood en drink koffie.



Hiervandaan ken Jupiter die wereld goed en hy ry voor, Rammelkop pas toe. Ons neem fotos en sak af Merweville se kant toe.





Van daar af vat ons die grondpad wat noord-oos uit die dorp uit loop en na ‘n klompie kilos kom ons op die R353 tussen Fraserburg en Leeu-gamka uit. Ons swaai af Leeugamka se kant toe, maar dit is al middag en ons stop vir middag ete teen die pad. Gerookte mossels, provita en een bier elk wat ons van Middelpos af saamry.



Na ‘n klein ruskansie vat ons die pad tot op Leeu-gamka vir brandstof waar ons hierdie 2 outjies sien. In elkeen van hulle is n busty-blonde en hulle gades en ek sien sommer in hulle oë hulle wil eerder saam met ons ry as in daai rooi karretjies. Dit is seker Jup se Camel-man voorkoms wat hulle so aantrek. Met moeite praat ons hulle om en hulle bly in die rooi karretjies.



Van Leeu-gamka af ry ons vir nog so 10km teerpad en draai toe lings af op die Seekoegat pad. Dit bring ons na ‘n uur of wat weer op die N12 tussen Beaufort Wes en De Rust. Meiringspoort in in daai keep in die berg.



Ons draai regs, De Rust se kant toe. Meiringspoort is nog steeds so mooi soos laas en toe ons laatmiddag in De Rust kom soek ons koffie sonder enige geluk. Ons druk verby en vat die afdraai Heroldt toe, deur Paardepoort.


Daar is ‘n kouefront oppad en dreigende miswolke kom oor die Outeniquas gespoel. Een van die paaie wat ek al jare lank wou ry is Motagu pas en vandag is dit die dag. Woorde kan dit nie beskryf nie en my foto’s ook nie, want as gevolg van die mistigheid is dit net die naby foto’s wat iets wys.









In George gooi ons weer petrol in en Jup lei my deur George tot op die ou George-Knysna pad. Dis pragtig en in kille kontras met die karoo landskap waardeur ons die laaste paar dae getoer het.





Op hierdie stadium help die oordoses Myprodols nie eers meer vir my seer gat nie en dertien uur nadat ons op Middelpos weg is, stop ons voor sy niggie se huis by Hogekraal naby Sedgefield.



Ons is gedaan, maar sy sit ‘n lekker ete voor en ons drink ‘n bier of twee. Dis ons laaste aand en so kom die einde stadig nader. Na ‘n lekker stort is dit slaaptyd en ek skrik die volgende oggend eers 5 uur wakker.
« Last Edit: October 24, 2011, 06:55:45 pm by Bie »
Kom ons maak 'n stoffie.
 

Online Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,146
  • Thanked: 296 times
  • WAT KYK JY
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #90 on: October 23, 2011, 07:44:45 pm »
Montaquepas is mooi, maar met daai boggels geniet ek nie meer om dit te ry nie. Die bruggies hou al die jare vir my 'n fasinasie in en dink net wat 'n avontuur dit moes wees om met die trein deur die berg te ry.




Silwerrivier. Bie op sy rustige self(soos met die hele trip). Ek kan nooit genoeg kry om die passe te ry nie. Dit bring so 'n kalmte oor jou(wel, partykeer >:D)


Touwsrivier en nog mooi. OK, die natuurskoon ten minste.


Hiers my geheim. Ek ry rustig, maar as ek daai stukkie grondpad vat van Touwsrivier tot by die teer kom die duiwel uit my. Elke keer. Dis so 'n lekker oop twistie wat ek al goed ken en ek kan nie weerhou om die gas bietjie te draai nie. Dis een van die plekke op my ry waar ek probeer om my gat te sien. Kannie help nie, maar dis elke keer die rush werd... die dag ook. Dis al laatmiddag en my gunstelling tyd om passe te ry. Dit was 'n YEE-HA spin.

Die van Jaarsveld's bly op Hooggekraal net anderkant Sedgefield se bult in die koppe Noord van die mere. Hiers nog 'n piccie van die huis met daai stoep. Hooggeveld.


Ek het gese hierdie is een van my dikste SERENITY spots en ek maak elke verskoning om daar te kom, soos die keer ook. Jy sit op daai stoep en word verswelg in die uitsig. Hier sit jy net, 'n koue in die hand en jy WEES.

'n Fotie van die uitsig met Swartvlei in die voorgrond en Mosselbaai in die verte. Ongelukkig nie op die beste van dae geneem nie, maar dit gee die idee.


Na goeie geselskap en 'n lekker ete kom ons aan die einde van 'n bultrul dag. Ek dink ons langste en verste ry van die trip. Lekker moeg slaap ek soos 'n klip. Toe die man my teen dassie-pis wakker maak, is ek weer in daai uitsig, reg vir ons laaste dag, wat 'n rustige meander sou wees. Ons verlang huistoe, maar is traag om die trip te beeindig.



...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Bie

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,193
  • Thanked: 544 times
  • Winners never quit, Quitters never win.
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #91 on: October 23, 2011, 08:39:18 pm »
Dis vanoggend die laaste dag en hoewel ek gatseer gery is, wil ek nog ry.



Trip vir die dag: 136km grond en 198 km teer. Totale trip 1695km grond en 1095 km teer= 2790km.

Ons is in een van die mooiste dele van die land en Jup ken hierdie wereld soos die palm van sy hand. Ons ry al die mooi paadjies wat hy in vele omswerwinge in die verlede leer ken het. Sommer met die wegtrek is dit die gesig wat ons begroet.



Hiervandaan kronkel ons roete van een mooi plek na 'n nog mooier plek.





Ons aanvanklike idee was om ontbyt te eet by Angie's G-spot, maar toe ons deur Knysna gaan knaag die honger en ons stop vir 'n Wimpy ontbyt.



Daarvandaan is dit Koms se pad en nog baie ander waarvan mens net in boeke lees. Dis pragtig en ek stop kort kort om 'n foto te neem.











Ons vat 'n blaaskans by die koperplaat van Bains wat die pas gebou het en ons volgende stop is Angie's G-spot. So 10km daarvandaan kom 'n polisiebakkie van voor af en hy vat eers vir Jup byna uit en toe bykans dieselfde met my. Kort op sy hake is nog 3 polisie voertuie.



Ons draai in by Howard en Angy maar met die afklim slag sien ek iemand met 'n pistool aan sy sy na sy voertuig toe stap en ek kry daai gevoel iets is fout. Howard groet vriendelik deur die venster want hy en Jup is op eerste naam terme met mekaar, maar toe Angy kom groet hoor ons wat gebeur het. Hulle is kort tevore vasgebind en beroof, maar gelukkig nie ernstig beseer nie. Bloed sypel uit die snye aan Angy se polse waar die draad waarmee sy vasgebind was haar gesny het. Hulle is erg getraumatiseer, maar ons kry koffie en pak die laaste deel aan. Hulle is heeltyd besig om verklarings te maak aan die polisie, so ek kry nie n foto saam met hulle nie. Hoop hulle vang daai fokkers.



Sommer vroeg in Prins Alfred's pas bly 'n polisiebakkie lastig op my gat. Ek trek af en hy jaag verby. Om die volgende draai staan hy weer langs die pad waar die twee polisiemanne mekaar afneem by 'n waterval. Ek ry verby, maar hulle is weer kort op my gat. Ek wou eintlik stop en nog fotos neem van die poort, maar met hulle so kort op my gat hou ek maar aan ry.



Op Avontuur gooi ons vir oulaas brandstof in en hier skei ons wee.



Jupiter gaan deur die Lankloof af Port Elizabeth toe en ek ry oor Uniondale, Willowmore se sement pad en Klipplaat terug Jansenville toe.

Sementpad


Voel al amper tuis


Jansenville


Alle goeie dinge kom tot 'n einde, 'n weeklange trip waar kennisse vriende geword het. 'n Trip waar serenity spots uitgeruil word, nuwe plekke gesien en beleef word soos dit net op 'n motorfiets gedoen kan word.

Journeyman en almal betrokke, dankie vir julle reelings met die bash, dit was puik. Aan al die honne wat ons ontmoet het op die trip, julle is bakgat manne en aan my trip-maat, dankie vir al die mooi plekke wat jy my gewys het, vir die lekker tyd saam, die kameraderie en jou uithou met my gesnork. Wanneer ry ons weer?  :thumleft:
« Last Edit: October 23, 2011, 09:02:11 pm by Bie »
Kom ons maak 'n stoffie.
 

Offline Heimer

  • Global Moderator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 12,683
  • Thanked: 113 times
  • Kan nie ALZ onthou nie
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #92 on: October 23, 2011, 09:19:35 pm »
Ai lekker. Mooi so Bie en Jupiter.  :thumleft:

Matriek getuigskrif 1979: ........... is 'n vriendelike seun met volop selfvertroue. Hy tree soms vreemd op. Die skool se beste wense vergesel hom.
 

Online Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,146
  • Thanked: 296 times
  • WAT KYK JY
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #93 on: October 23, 2011, 11:12:38 pm »
                                                                          Dag 7 - Dinsdag 18/10/11

Die res van die Passe-Kom se Pad-De Vlugt- Prins Alfred's pas- Avontuur en huis toe.

Vandag het ons baie tyd so ek word vir die eerste keer nie in die donker opgejaag nie. Rustig op my eie wakker word met die vrede om my. Koffie, pak groet en ons is weg. Ek sien Annalie hulle een van die dae weer.

Ons vat eers weer die pad terug Karatara toe om by die passe aan te sluit.  Met Homtini pas wat voorle dink ek heeltyd aan my ouste dogter, Kirsty.

Laas jaar Desember vat ek haar op haar eerste bike trip. Sy ry my ou G/S en ek is toe nog op my Africa Twin. Ons kom Homtini pas af met sy skerp draaitjies. Ek is voor, maar ek hou haar dop. Ek het die coaching gedoen en ons het geoefen, maar om hierdie skerp draai kry sy dit verkeerd en ek sien in my spieel hoe slaan sy neer en vang 'n goeie slide.


Ek draai om park, tel haar en die bike op en ons gaan sit langs die pad dat sy weer haar koel kan kry. Dis maar 'n kakkerige gevoel om jou kind so te sien val. Ek se niks, maar sy's 'n biker en 'n OK kind. Sy weet sy moet terugklim en ry. Ons het nog 'n ent om te gaan. Na 'n ruk se sy dis reg en ons ry verder. Die res van die trip loop goed en 'n paar dae later ry sy op haar eie huistoe op die N2 van george na PE.

So het ek nou die oggend aan my kind sit en dink.

Ons ry die Bos in en stop eers vir 'n vars asemteug by nog een van my SPOTS - Gouna se Drif. Na 'n ruk ry ons Kom se Pad in en die kalmte daal oor my. Dis Bie se eerste keer deur die Bos en hy stop kort-kort vir fotos. As hy wegraak agter my stop ek en sit net met die rustigheid om my  tot hy weer aankom. Na al die reen die jaar het ek die woud nog nooit so geil en mooi gesien nie.


In al die jare wat ek die pad al deur die Bos gery het, het ek 'n droom. Ek ry hom rustig, want eendag gaan ek om 'n draai kom dan staan daai mistieke olifantbul voor my. Ek sal dan stop en 'n foto van hom neem. Vandag was hy nie daar nie, maar dit was steeds 'n lekker ry, soos elke keer.

Hoewel ons bietjie kuier by Angie's G-Spot is hulle doenig en uit die aard nie in in 'n stemming vir gaste nie. Champs wat hulle is, probeer Harold en Angie steeds om ons tuis te laat voel.

Ons vat die pad Prins Alfred's Pas uit en word 'n paar keer amper omgery deur Giniel De Villiers wannabee's. Elke nou en dan maak ek seker Bie kom nog aan.




Ek het die throttle-lock aan en ry so met een hand die pas uit terwyl ek nou die foties neem. Amper sien ek my gat.  :ricky:


So kom ons op Avontuur en die einde van ons saamry. Thanks my maat vir 'n great trip.


My gat is seer, ek mis my mense, maar wil nie ophou ry nie. Dis so twee en 'n half ure vir my huistoe... dit vat my vier ure. Hierdie plekkie is in Louterwater en ek meen nog altyd, as ek daar verby ry om te stop vir koffie. Vandag doen ek dit en gesels lekker met die Tannie oor rondtoer.


Uiteindelik kan ek nou nie langer keer nie en ek is veilig terug by die huis. Die trip is verby, maar ons sal weer ry.

                                                                                      SLOT

So einde laas jaar gaan kyk ek en my Gabba die uitspeel game tussen die Kings en Pumas in die Mandela Stadium. Die plek is tjokvol en so agter ons staan so paar raserige, lekker warm manne. Djy wiet mos my Bra ! Die een ou is vol bek en heeltyd aan die gang. Elke nou en dan skree hy: "TYRES manne, gooi TYRES". Ons werk nou na 'n ruk uit, soos die game loop, dat dit sy se-ding is as dinge goed loop of as hy aanmoediging wil gee. Maw, as dit Nca is.

Hierdie trip het ons nou TYRES gegooi... Dik lorrie TYRES. Hoop julle het, in die vertelling, dit saam geniet.  :thumleft:
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline GlenInk

  • Elliot`s only
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Kawasaki KLE 500
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,536
  • Thanked: 1 times
  • R.I.P. 02/02/2012
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #94 on: October 24, 2011, 12:42:04 am »
Great Ride Report Manne !  :thumleft:
Quote from: buzzlightyear
"Does your ass not get jealous of all the crap that comes out of your mouth?" 

Put brain into gear before opening mouth !   Believe it, cos its true !     Yamaha IT 200; Kawasaki KLE 500 The Ox Wagon  
 

Offline The Nutty Chef

  • Newbie
  • *
  • Bike: Honda XR200
    Location: Western Cape
  • Posts: 40
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
« Reply #95 on: October 24, 2011, 07:26:05 am »
Jissie... dis kak mooi.  :biggrin: dig the new cooling method glen. :thumleft:
Cooking on the Bike (shame she needs some care)
Cooking in the Kitchen
RIP GLEN INK
 

Offline Kerritz

  • KTSSSSK!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,551
  • Thanked: 34 times
  • What a SUPER-loss....DAMMIT man!
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
« Reply #96 on: October 24, 2011, 08:01:05 am »
Julle etters!! Hoe lekker lees ek nou.

Daai stuk van George af met die 7 passe pad is net eenvoudig awesome....en ek sal Kom se Pad elke dag van die week ry en NOOIT gatvol raak nie.

Eeeeish.....baie dankie vir die deel. Hopelik kan ons daai Desember trippie deurwerk!!

 :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Vorige skoeters: XT660E, TL1000R, 2006 R1200GSA, 2010 R1200GSA 30 Years Anniversary, CRF450R, CRF450X, DRZ400SM, 950 Adventure, 990 SuperDuke (ISM) 2012 R1200GS Triple Black, F800GS, Wolskoeter!

Kaapse Jelly Tot!
 

Online Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,146
  • Thanked: 296 times
  • WAT KYK JY
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
« Reply #97 on: October 24, 2011, 08:16:33 am »
Julle etters!! Hoe lekker lees ek nou.

Daai stuk van George af met die 7 passe pad is net eenvoudig awesome....en ek sal Kom se Pad elke dag van die week ry en NOOIT gatvol raak nie.

Eeeeish.....baie dankie vir die deel. Hopelik kan ons daai Desember trippie deurwerk!!
 :thumleft: :thumleft: :thumleft:

TYRES... allie pad  :ricky:
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline fat b

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,975
  • Thanked: 2 times
  • BMW R 1150 GS ADVENTURE
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
« Reply #98 on: October 24, 2011, 09:14:18 am »
Shit tjom , nou kan ek sien hoekom jy nie by my ou huisie wil oorslaap nie ! Jou niggie se huis is flippen mooi !  :thumleft:

 THE CHALLENGE MAY NOT BE EASY , BUT IT'S NOT IMPOSSIBLE.
SO MANY PLACES, SO LITTLE TIME !

MOSSEL BAY
 

Offline Firesquirrel

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,395
  • Thanked: 2 times
Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
« Reply #99 on: October 24, 2011, 09:34:36 am »
100%... ek wou ook hoor of die niggie dalk single is :imaposer: :imaposer: :imaposer:
Current Bikes :  KTM 690