BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Gerard

Teelhond
Global Moderator
Joined
Jan 16, 2010
Messages
37,695
Reaction score
2,086
Location
Port Elizabeth
Bike
Triumph 900 Scrambler
Die Wegbreek en Boskamp, die Pan, die Sand, die Kuier, die Snotgladde Driffie, die Langste dag en huistoe deur die Bos.

So 'n tyd terug ontmoet ek vir Carrots oor die Forum en in die gesels vra hy of ek 'Nat Bash' toe gaan. Ek lees 'Natal Bash' en wonder wat so spesiaal is dat ek nou juis na die Bash moet gaan. Nee, se ek en dis daar gelaat. Die ding krap aan my en ek gaan kyk toe by Plan a Ride. NATIONAL BASH poephol. Vioolsdrif... dis bleddie ver.

So paar dae gaan verby en soos 'n goeie Hond betaam oortuig ek myself ek het die breuk nodig, registreer, betaal en siedaar. Nou moet daar beplan word. Hoink dit soontoe in twee dae, kuier 'n dag en dan weer terug in twee dae. Maklik. Ek wil nou moer graag gaan want ek wil die Honne ontmoet met wie ek so gereeld chat.

Op 'n goeie dag doen ek en Bie 'n trippie deur Grootrivierpoort en terwyl ons 'n braatjie pak onder by Hadleysdrif noem ek so in die gesels van die Bash. Hy's ook lus en ek noem ek wil op Verneukpan slaap en oor Ganagga- en Oubergpas deur die Tankwa ry. Klink lekker. Hy sal so bietjie die roetes bekyk.

So dag of wat later laat weet hy my so voorlopige roete plan. Eerste dag vir my na die Pan- 780km. Geen manier nie. Ek het 'n pel op Graaf-Renette met 'n lekker Boskamp op sy plaas. Ons ry die Woensdagmiddag soontoe wat 280km Pan toe sny. So gemaak en die planne begin form kry. Twee en 'n half dae soontoe en twee en'n half dae terug. Ons kan rustig ry en dinge bekyk.

So het ons gery en gekuier, die trip is gedoen en wat 'n trip was dit nie. Van my lekkerste nog. Hoop julle geniet die oorvertel saam met ons.
 
Top