Anysberg was die naweek op die spyskaart!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Weens ander se beplanning wat skeef geloop het en ek en my buurman Fixer wat reeds gereed was om die naweek te gaan ry (klaar toestemming en verlof van die regering) het ons Donderdag-aand rondom 'n koue eenetjie gou vinnig besluit watter rigting ons die naweek ons voorwiele gaan instuur.

Die plan is om 07H30 te vertrek en soos ek my buurman ken was dit ook persies 07H25 toe ek sy HP hoor start en ek was reeds gereed en toe hy by my kom was dit net groet en ry. Ons het die grondpad gevat uit die dorp tot by Voelvlei dam en vandaar is ons deur die Nuwekloof-pas en by Tulbach-weg het ons regs gedraai en ons bekende bosbou grondpad gevat na Wolseley. Voor Wolseley het ons eers stilgehou om die suurstof aan te vul en behoorlik te groet en die dag se beplanning te bespreek.

In Ceres het ons brandstof vol gemaak en toe die Matroosberg roete gevolg, want die Theronsbergpas raak al vervelig. Hier het ons weer stilgehou vir suurstof en 'n koffietjie uit ons warmflesse. (1ste Foto) Na ons deur die karoopoort gery het het ons regs gedraai op die Sutherland pad en weer regs na Matjiesfontein. Dit bly maar 'n lekker pad om te ry en ons het 'n slag gestop by die nuwe ontwikkeling langs die pad en gevra waarmee hulle besig is, die hekwag het ons laat verstaan dis 'n "POWER-STASION" Hmmm ja dit se nie veel nie dit is wel Eskom wat daar woel, maar wat se "power-stasion" Hoekom omtrent 3ha se sement blad persies gelyk maak en dit vir 'n sub-stasie? Dit kan ook nie 'n kernkrag stasie wees nie, want hoe gaan hulle dit verkoel. Okay dit daar gelaat.

By Matjiesfontein het ons die teerpad gevat tot in Laingsburg waar ons weer brandstof aangevul het en 'n koue Mikshake in die steers geniet het. Hier het dit sommer lekker warm begin raak. Ons het die pad gevat na die Anysberg en dit was vir Fixer ongewoon om deur 'n reservaat te ry sonder om te betaal. Die paaitjies was maar plek plek lekker verspoel, maar die veld was mooi en ons het baie Gemsbokke te sien gekry asook Hartebeeste, ja en dan dink mens aan daai ou wat deur die hartebees van sy fiets afgespring is. By die kantore se grasperk het ons gaan sit en middag ete geniet die wind was baie onplesierig so by so dat Fixer sy fiets moes omdraai aangesien dit wou lyk of die wind die fiets wil omwaai vanaf sy "side stand".  Na Fixer twee bobbejaan manetjies gejaag het met sy HP is ons anderkant uit en deur oubergpas na Motagu waar ons in die karavaan-park ingeboek het. Hier het ons sommer lekker gou gou die koues laat inrol om die vog in ons ligame aan te vul.

Sondag oggend het ons op gepak en is ons Burgerspas uit deur die Koo na Touwsrivier waar ons die N1 gevat het tot by die slanghoek afdraai en toe is ons huiswaarts deur die mooi Slanghoek. Fixer het oorsese gaste gehad wat 11H00 by hom sou arriveer en persies 11H00 was ons tuis by die huis.
 

Attachments

  • DSCF2001.JPG
    DSCF2001.JPG
    132.2 KB · Views: 157
  • DSCF2002.JPG
    DSCF2002.JPG
    202.3 KB · Views: 157
  • DSCF2006.JPG
    DSCF2006.JPG
    231 KB · Views: 156
  • DSCF2007.JPG
    DSCF2007.JPG
    261.8 KB · Views: 166
  • DSCF2009.JPG
    DSCF2009.JPG
    199.8 KB · Views: 156
  • DSCF2011.JPG
    DSCF2011.JPG
    170.2 KB · Views: 153
  • DSCF2012.JPG
    DSCF2012.JPG
    121 KB · Views: 154
  • DSCF2015.JPG
    DSCF2015.JPG
    188.3 KB · Views: 156
Top