NOORDWES BASH - GROOT-MARICO - LEKKERRRRR.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

ThysBasson

Race Dog
Joined
Aug 17, 2010
Messages
965
Reaction score
0
Location
Zeerust - North West
Bike
BMW R1200GS Adventure
ZAR en sy makkers kuier nog dik stukke, so ek sal maar solank begin.

Wat 'n naweek, net pret vir almal, net Stofstreef het dit bietjie rof gehad toe hy 'n paar bome van die aarde af probeer verwyder het. Bietjie seer by die Bash aangekom maar die medic, Neels, het hom gou gefix en saterdag toe ry die man alweer.

Eerstens baie dankie aan ZAR en sy wederhelf Adele met al die reelings en werk, saam met hulle, Corrie en Louise en al die kiddies wat gehelp het, julle was awesome. Aan almal wat 'n bydrae gelewer het, baie baie dankie.

Paar name - Jo GSA, Duracell, Slakkie, JanDup, Old No7, Charka - as ek iemand vergeet het, post net die naam asb.

Die venue was seker een van die lekkerste plekke waar ek al ooit was, reg langs die Marico-rivier onder die bome, oor as genoeg kamplek en goed toegeruste huisies. In totaal was ons so 130+ teenwoordig.

Vrydag aand het die ouens tot laat opgedaag en goed gekuier, net ou stadigge Slakkie het eers, toe ons al halfpad gebraai het, daar aan geseil gekom met die nodige braaiers en slaaie, maar ons het hom gou vergewe, en lekker verder gebraai, hy het darm sy bike ook agterna gesleep.

Saterdag oggend na die koffie en beskuit vir party ouens en 'n paar biere vir ander, het ons op 2 outrides gegaan en die res is regiut hotel toe.

So 30 plus is deur na die Tufa Waterval en die Marico-Oog, sekere ouens, by name, Smokes, Hondsekierie en JanDup het eers by die oog aan gesluit. Arme Smokes het 2 pap wiele in 'n paar minute gehad, maar dis darm deel van die pret.

Daars niks wat 'n willehond stuit nie, so die 2 wiele is gou-gou gefix, danksy HSK en JanDup. :imaposer:

Misty, julle het in die skoonste water in SA geswem, lekker.

Van die oog af is ons so in drips en drabs na Marico, by Wag-'n-Bietjie het ons die ander manne ontmoet vir middag ete.
Die NLB Biker Klub het 'n Toyrun daar gehad en ons het hulle gejoin vir n lekker ete.

Jules het ons naam hooggehou en sy Yammie in die bar geburn dat die roke staan - hy wen toe 12 biere.
'n Paar van ons ander het ook 'n paar pryse losgeslaan.

Die Hotel het 'n paar van die ander manne ook lekker besig gehou.

So stuk stuk kom ons toe weer by die Bash aan vir die Skills Kompetisie.

Hey daars 'n paar manne wat skills het hoor. Die deelnemers het 'n goeie job gedoen, dit was vet pret, veral Slakkie wat sommer kaalvoet klim, sy voete is so hard, hy trap die pegs se verf af. Groenie het vir homself ook 'n plasie in die bosveld gekoop.

Welgedaan manne, julle het gekook. :thumleft:

Terug kamp toe, toe begin die kuier weer, lekker gebraai en gekuier. Daar was lekker baie pryse en die ouens het die prysuitdeling geniet.

Laaste het Kilroy vir ons 'n skildery, wat baie uniek is, opgeveil en ButchH was die koper. Baie dankie Butch ons sal die fondse vir liefdadigheid skenk.

Die party het glo tot in die vroeë oggend ure aangehou. Ek is laaste, na 10 vanoggend daar weg, toe snork Kilroy en Beemerman nog dik stukke, wonder hoekom?

Wat 'n awesome naweek, ek persoonlik het almal wat daar was baie geniet, en dis altyd lekker om nuwe gesigte te ontmoet.

Baie dankie dat julle almal, julle so gedra het, regtig geen probleme nie. Baie dankie :thumleft:

Glo almal is veilig tuis, tot die volgende Bash.

Julle kan maar julle foudies gooi, myne kom later.

As daar ander nice stories, wat ek gemis het, post asb.

Hier is 'n link na my foto's, Sal hulle later post ook.
https://www.facebook.com/media/set/?set=a.292068737480971.70127.137532116267968&type=3&saved

Thys
 
Top