African child
Pack Dog
- Joined
- Feb 10, 2009
- Messages
- 219
- Reaction score
- 0
- Location
- Highlands - Grabouw
- Bike
- KTM 690 Adventure
Kyk ek is nie n lanie of so iets nie maar hel, ek het gisteraand weer besef ek is n gelukkige bliksem!
Julle sien ons het so paar maande terug Grabouw toe getrek vanaf Somerset Wes en bly nou op n plaas, so paar tree van waar die grondpad begin op die Highlandspad wat Kleinmond se kant toe loop. Dit in dit self is n pragige en wonderlike omgewing en mens kannie anders as om van dankbaarheid oor te loop as jy so om jou kyk en die natuurskoon bewonder nie. Wat egter regtig vir my uitstaan is die feit dat as ek n heeltemal verstronte dag soos gister gehad het en dit voel of die flippen wereld op jou afkom, ek my KTM 640 kan vat, binne n kwessie van n paar honderd meter die grondpad kan slaan en sekerlik in een van die wereld se mooiste omgewings myself kan verloor. Soos ek deur die ratte werk en hier en daar die rooilyn piets verdwyn die dag se dinge. Die glimlag op my bakkies raak al hoe grooter en vir daai oomblik is ek in die hemel. Al wat bestaan is die oranje gedierte onder my en die stofstreep wat agter my verdwyn....
Wie's nog so gelukkig, gooi ook sommer n paar fouties kerels???