BMW Motorrad en Lyndhurst Auto

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

pieman

Pack Dog
Joined
Jul 1, 2010
Messages
311
Reaction score
0
Location
Boksburra
Bike
BMW R1200GS
Ek het toe mos nou 'n BMW gekoop. Ek het die hele storie vertel en tot op Woema gaan skryf.  En nie een keer het ek in hul diens of personeel getwyfel nie. Tot vandag!

Ek het Lyndhurst Auto geskakel vir my GS se diens. 20000km. My fiets was altyd Auto Alpina toe, maar Lyndhurst is om die draai van my kantoor, en "BMW is mos BMW". Nou ja. Terwyl ek die bespreking maak vir die diens gee die vriendelike dame vir my 'n vinnige ronde som van so R2500, miskien R3000 op die slegste vir die diens. Groot my verassing toe die diens op R4960 uitdraai! En Lyndhurst personeel (deur die bank) lig hul skouers op. Dis hoe dit werk meneer. Geen verduideliking oor die 100% verhoging van die aanvanklike kontak tot die finale faktuur, niks! So 'n waarskuwing, OPPAS vir BMW Lyndhurst Auto se personeel en hul mooie praatjies, dis presies dit. Net praatjies.

Die produk is uitstaande, die naverkope ondersteuning......... Jy's maar net 'n persoon met 'n beursie.
 
Top