Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Interesting Weekend Getaway!  (Read 316 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline yaartbrak

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Gauteng
  • Posts: 727
  • I Lick U Stukkend!
Interesting Weekend Getaway!
« on: December 19, 2011, 08:03:24 am »
So i took delivery of my R1200RT on Thursday(2 weeks ago), toe brand my gat amper nou soos toe jy as kind daai R1 in jou sak het wat so ching ching maak as jy loop, sien geld wat ching ching maak moet ge-"spend" word. Nou ja toe, is dit ek en Google en jis hy is nou jou maatjie, ek wil nie te ver van die huis af wandel nie, want die oom op die TV wat die weer vertel het gesÍ daar kom reŽn en baie daarvan. So ek dink toe ok dan sal dir maar Magalies moet wees.

Vir die wat dink as jy nou 'n BM ry, dat jy sommer sakke geld het, dan is jy onder 'n illusie (soos David Copperfield), so Mount Grace word maar redelik vinnig uitgekrap met my stomp potlood, so na nog 'n paar vingerslae op die keyboard kom ek op 'n plekker Magalies Manor af, prys redelik sluit in D,B&B vir so R790.00 p/p, daarsy haal daardie plastiek van baie min nee sÍ en boek die plekkie.

So Saterdag oggend het mamma nog ietsie om te doen en ons trek maar laterig by die huis weg, uit eindelik, ek my nuwe yster en mamma wat so stil stil after sit en net hoop dat die volgende gear change 'n sagte een gaan wees. Die lang swart teer slang vou om die Magalies Meander, die Boxer glimlag soos daai Toyota advertensie as ek die ook draai, te gou kom die afdraai, kom aan by die hek, toe is dit nog so 200m op gravel, ek moes toe al my gravel experience bymekaar skraap om daai Michellin Steet Pilot II met die swart kant op die klippies te hou.

Ons het daar aangekom, wow, dit was nou lekker, skielik gewens dat die mars mannetjies Magaliesburg sommer so 'n paar 100km verder kon skuif, maar nou ja iets om darem more na uit te sien.

Wat 'n lekker naweek, en vir die prys voel ek ons het waarde gekry, die verblyf was gemaklik, die kos was uit die boonste rakke, en brekvis net so lekker. Ons het afgekoel in hulle seeblou swembad, 'n entjie gestap na die dammetjie toe, en 'n lekker Jameson gesip so op die oewer.

Als en als wat 'n lekker naweek, as julle ooit 'n plekkie soek omna toe te verdwyn vir 'n naweek, "of om daai skelmpie heen te vat" dan google maar Magalies Manor!

So hier is ,n paar pics van ons nuwe ryding en van die naweek!!!

Geniet dit!!
Life is like a box of chocolates, your family and friends always steal the best ones!
BMWR1200GS - SOLD
BMWR1200RT - Loving it!
 

Offline Kerritz

  • KTSSSSK!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,585
  • Thanked: 42 times
  • What a SUPER-loss....DAMMIT man!
Re: Interesting Weekend Getaway!
« Reply #1 on: December 19, 2011, 08:21:00 am »
Lekker man en baie geluk met die nuwe fiets!!  :thumleft:
Vorige skoeters: XT660E, TL1000R, 2006 R1200GSA, 2010 R1200GSA 30 Years Anniversary, CRF450R, CRF450X, DRZ400SM, 950 Adventure, 990 SuperDuke (ISM) 2012 R1200GS Triple Black, F800GS, Wolskoeter!

Kaapse Jelly Tot!
 

Offline Old fart

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,144
Re: Interesting Weekend Getaway!
« Reply #2 on: December 19, 2011, 02:41:52 pm »
Baie nice. Geluk met die fiets. Eendag as ek groot is..........
"Every day above ground is a good day!!!!