Interesting Weekend Getaway!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

transnewbie

Race Dog
Joined
Apr 7, 2009
Messages
728
Reaction score
1
Location
Nottingham UK
Bike
BMW (all models)
So i took delivery of my R1200RT on Thursday(2 weeks ago), toe brand my gat amper nou soos toe jy as kind daai R1 in jou sak het wat so ching ching maak as jy loop, sien geld wat ching ching maak moet ge-"spend" word. Nou ja toe, is dit ek en Google en jis hy is nou jou maatjie, ek wil nie te ver van die huis af wandel nie, want die oom op die TV wat die weer vertel het gesê daar kom reën en baie daarvan. So ek dink toe ok dan sal dir maar Magalies moet wees.

Vir die wat dink as jy nou 'n BM ry, dat jy sommer sakke geld het, dan is jy onder 'n illusie (soos David Copperfield), so Mount Grace word maar redelik vinnig uitgekrap met my stomp potlood, so na nog 'n paar vingerslae op die keyboard kom ek op 'n plekker Magalies Manor af, prys redelik sluit in D,B&B vir so R790.00 p/p, daarsy haal daardie plastiek van baie min nee sê en boek die plekkie.

So Saterdag oggend het mamma nog ietsie om te doen en ons trek maar laterig by die huis weg, uit eindelik, ek my nuwe yster en mamma wat so stil stil after sit en net hoop dat die volgende gear change 'n sagte een gaan wees. Die lang swart teer slang vou om die Magalies Meander, die Boxer glimlag soos daai Toyota advertensie as ek die ook draai, te gou kom die afdraai, kom aan by die hek, toe is dit nog so 200m op gravel, ek moes toe al my gravel experience bymekaar skraap om daai Michellin Steet Pilot II met die swart kant op die klippies te hou.

Ons het daar aangekom, wow, dit was nou lekker, skielik gewens dat die mars mannetjies Magaliesburg sommer so 'n paar 100km verder kon skuif, maar nou ja iets om darem more na uit te sien.

Wat 'n lekker naweek, en vir die prys voel ek ons het waarde gekry, die verblyf was gemaklik, die kos was uit die boonste rakke, en brekvis net so lekker. Ons het afgekoel in hulle seeblou swembad, 'n entjie gestap na die dammetjie toe, en 'n lekker Jameson gesip so op die oewer.

Als en als wat 'n lekker naweek, as julle ooit 'n plekkie soek omna toe te verdwyn vir 'n naweek, "of om daai skelmpie heen te vat" dan google maar Magalies Manor!

So hier is ,n paar pics van ons nuwe ryding en van die naweek!!!

Geniet dit!!
 

Attachments

  • DSCN0450.JPG
    DSCN0450.JPG
    166.7 KB · Views: 147
  • DSCN0451.JPG
    DSCN0451.JPG
    156.8 KB · Views: 145
  • DSCN0405.JPG
    DSCN0405.JPG
    166.3 KB · Views: 146
  • DSCN0409.JPG
    DSCN0409.JPG
    166.1 KB · Views: 143
  • DSCN0410.JPG
    DSCN0410.JPG
    160.5 KB · Views: 150
  • DSCN0413.JPG
    DSCN0413.JPG
    165.5 KB · Views: 141
  • DSCN0415.JPG
    DSCN0415.JPG
    160.8 KB · Views: 148
  • DSCN0448.JPG
    DSCN0448.JPG
    134 KB · Views: 142
  • DSCN0443.JPG
    DSCN0443.JPG
    136.1 KB · Views: 145
Top