Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Vinnige naweek wegbreek  (Read 351 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline dual

Vinnige naweek wegbreek
« on: January 09, 2012, 04:10:24 pm »
English guys - on text, use Translate, photos in any language  :thumleft:

So beplan ons 'n vinnige trippie Clanwilliam toe
Een ou stel voor ons ry deur Aurora, want hy was al een keer in daai rigting en dit was mooi sover hy kan onthou
'n Ander stel voor, kom ons ry soveel moontlik grondpad
So gemaak, so gedaan
Mapsource en plot 'n roete

Begin die dag 06:00, lieflike somers oggend, nie koud nie, nie warm nie, net lekker



Bymekaarkom - alles reg



Franschhoekpas - yskoud - soos in vriesend yskoud



Die omie was duidelik nie by sy mense se "party" by Bloemfontein nie - maar ons het die cache daar gevind - hy staan net daar, vuis in die lug, help nie eers soek nie



Eerste afdraai op grondpad - Babylonstoren pad, net voor "Malmensbury" - sinkplaat, sand en klippe in een



So erg geskud dat die Buel wat saam was, se knormoer opgepak het

Na 'n helse gestoot en gesukkel, 'n tou gekoop en elke keer die Buel aan die brand getrek

Op Darling maar eers die innerlikke gaan vul en hier gestop om die Geestelike sy te dek



Die fietse moet ook eers gevoed word



Ondergeskikte pad - die eerste keer in my lewe dat ek met so pad te doen gekry het - hulle kon baie letters op die bord gespaar het - K@K Pad sou meer as beskrywend gewees het



Die trein het darem 'n lekker reguit en gladde pad gehad



Vorentoe



Baie warm en op-geskud, eers iets kouds kry vir die kele



Darem weer 'n plek om die Geestelike sy op sy plek te hou



Langs die pad met 'n windpomp in sig



Met die temperatuur so in die omgewing van 40 + grade, 25 km voor Clanwilliam, toe gebeur daar wat 'n ou nie voor vra nie



Hier sou een van die Geestelike plekke nogal handig te pas gekom het, die tale wat darem gespreek kan word. die Midas pompie wat so groot soos 'n koeldrankblikke is, is niks meer werd as die leŽ blikkie self nie, met die enigste verskil dat die leŽ blikkie darem lug in het

Later darem veilig in Clanwilliam aangekom, 'n paar koues afgesluk en kampplek toe



Lekker gebraai en die nodige verbale interaksie het plaasgevind - ons was te laat vir die Apteek (Tops by Spar) maar darem 'n bottel gesmokkel gekry by die plaaslike bevolking. met twee sulke oulike Scottish Terriers op - een wit en een swart

Die aand was aan die broei, en dit was warm, vrek warm - so tussen die geen slaap maar so paar nagfotos geneem





Die plekkie was maar stil en rustig - geen beweging gesien nie



Dag twee - vervolg . . . . . . . . .
« Last Edit: January 09, 2012, 09:27:04 pm by dual »
 

Offline A2J

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: Suzuki DR-Z 400
    Location: Western Cape
  • Posts: 367
  • JESUS CAN HELP...
Re: Vinnige naweek wegbreek
« Reply #1 on: January 09, 2012, 04:50:52 pm »
lyk tog te lekker

wat het jou daai lig gegee op die niteshots?
mooi fotos daai.
 

Garfield

  • Guest
Re: Vinnige naweek wegbreek
« Reply #2 on: January 09, 2012, 05:34:17 pm »
Great fotos!   :thumleft:
 

Offline Pietcoke

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,989
  • Thanked: 1 times
  • "Wille Worcester Hond"
Re: Vinnige naweek wegbreek
« Reply #3 on: January 09, 2012, 05:57:32 pm »
Baie nice........jou foto's is baie goed! :thumleft:
I don't know how to act my age.....I have never been this old before!
 

Offline dual

Re: Vinnige naweek wegbreek
« Reply #4 on: January 09, 2012, 09:23:00 pm »
lyk tog te lekker

wat het jou daai lig gegee op die niteshots?
mooi fotos daai.

Lang exposure, vinnige lenser lig, so vyf sekondes, en omtrent 20 fotos geneem - net die een was goed genoeg
 

Offline dual

Re: Vinnige naweek wegbreek
« Reply #5 on: January 10, 2012, 05:40:14 am »
Dag twee - vroeg-vroeg al warm, vrek warm
Ons beplanning is om terug te ry na Clanwilliam, oor Algeria, Sederberg Oase, Katbakkies, Skitterykloof, Ceres, huis-toe
Met die hitte en die Ųndergeskikte" pad in ons gedagtes, besluit ons eenparig, Weskus om terug is dalk die beste
Pakhuis - soos altyd, asemrowend mooi





Nog 'n stop om die Geestelike sy te dokter



'n Ou brug



'n Hawe





'n Tolpad op grond, en terug in die Sandveld



Sishen - Saldanha se erts trein



'n Windpomp



Pitstop



Sondonder



En lekker moeg tuis



Dit was 'n vermoeiende trippie gewees, met warm (vrek warm) toestande en ongeskikte paaie maar weer lekker om net daar buite te mag wees


« Last Edit: January 10, 2012, 05:44:00 am by dual »
 

Offline Jacoboos

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 141
  • Thanked: 4 times
  • Tomorrow is not another day
Re: Vinnige naweek wegbreek
« Reply #6 on: January 10, 2012, 06:56:29 am »
Pragtige fotos! En ek laaik dit kwaai as daar 'n roetekaart by is, jaag my verbeelding op hol.
on a bike sometimes you win and sometimes you don't...but you never lose
 

Offline Frannarossi

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,656
  • Thanked: 13 times
  • karoorooster@gmail.com
Re: Vinnige naweek wegbreek
« Reply #7 on: January 10, 2012, 07:07:23 am »
Baie nice trip en fotos :thumleft:
If you don't live on the edge,you take up too much space!!!