Vinnige naweek wegbreek

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

dual

Race Dog
Joined
May 2, 2010
Messages
3,237
Reaction score
583
Location
Hermanus
Bike
BMW R1200GS
English guys - on text, use Translate, photos in any language  :thumleft:

So beplan ons 'n vinnige trippie Clanwilliam toe
Een ou stel voor ons ry deur Aurora, want hy was al een keer in daai rigting en dit was mooi sover hy kan onthou
'n Ander stel voor, kom ons ry soveel moontlik grondpad
So gemaak, so gedaan
Mapsource en plot 'n roete

Begin die dag 06:00, lieflike somers oggend, nie koud nie, nie warm nie, net lekker

001-18.jpg


Bymekaarkom - alles reg

002-18.jpg


Franschhoekpas - yskoud - soos in vriesend yskoud

003-17.jpg


Die omie was duidelik nie by sy mense se "party" by Bloemfontein nie - maar ons het die cache daar gevind - hy staan net daar, vuis in die lug, help nie eers soek nie

004-16.jpg


Eerste afdraai op grondpad - Babylonstoren pad, net voor "Malmensbury" - sinkplaat, sand en klippe in een

005-16.jpg


So erg geskud dat die Buel wat saam was, se knormoer opgepak het

Na 'n helse gestoot en gesukkel, 'n tou gekoop en elke keer die Buel aan die brand getrek

Op Darling maar eers die innerlikke gaan vul en hier gestop om die Geestelike sy te dek

006-16.jpg


Die fietse moet ook eers gevoed word

007-14.jpg


Ondergeskikte pad - die eerste keer in my lewe dat ek met so pad te doen gekry het - hulle kon baie letters op die bord gespaar het - K@K Pad sou meer as beskrywend gewees het

008-1.jpg


Die trein het darem 'n lekker reguit en gladde pad gehad

009-13.jpg


Vorentoe

010-11.jpg


Baie warm en op-geskud, eers iets kouds kry vir die kele

011-10.jpg


Darem weer 'n plek om die Geestelike sy op sy plek te hou

012-9.jpg


Langs die pad met 'n windpomp in sig

013-9.jpg


Met die temperatuur so in die omgewing van 40 + grade, 25 km voor Clanwilliam, toe gebeur daar wat 'n ou nie voor vra nie

014-7.jpg


Hier sou een van die Geestelike plekke nogal handig te pas gekom het, die tale wat darem gespreek kan word. die Midas pompie wat so groot soos 'n koeldrankblikke is, is niks meer werd as die leë blikkie self nie, met die enigste verskil dat die leë blikkie darem lug in het

Later darem veilig in Clanwilliam aangekom, 'n paar koues afgesluk en kampplek toe

019.jpg


Lekker gebraai en die nodige verbale interaksie het plaasgevind - ons was te laat vir die Apteek (Tops by Spar) maar darem 'n bottel gesmokkel gekry by die plaaslike bevolking. met twee sulke oulike Scottish Terriers op - een wit en een swart

Die aand was aan die broei, en dit was warm, vrek warm - so tussen die geen slaap maar so paar nagfotos geneem

016-6.jpg


017-7.jpg


Die plekkie was maar stil en rustig - geen beweging gesien nie

018-7.jpg


Dag twee - vervolg . . . . . . . . .
 
Top