In die Overberg kan dit KOOK!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Pietcoke

Race Dog
Joined
Nov 24, 2008
Messages
1,989
Reaction score
0
Location
Worcester, Western Cape
Bike
BMW (all models)
On behalf of all the ENGLISH Speaking people……..i will rather do this one in AFRIKAANS!
Please use Translate to follow this report!


Verlede Woensdag sit ek en Ouman en gesels en ek vra hom toe of ons nie Saterdag so entjie moet gaan ry nie. Die ou kêrel is toe sommer dadelik genoeë en stel nog ewe voor ek sit dit op die forum onder “Plan A Ride” Ek laat toe ook nie op my wag nie en maak toe dadelik so. Ek het basies besluit om bietjie deur die Overberg te gaan ry. Gou leer ek dat een van die Worcester Honne ene Oom Foe-rie ’n kenner is van die gebied.  
Nou wat julle miskien nie weet nie is dat ek nog nie ’n STOFSCOOTER van my eie het nie, maar Ouman wat soos meeste van die ander op die forum ’n Bike Magnaat is, bied toe goed hartiglik sy Strom vir my aan vir die dag. Ek is moerse opgewonde want van die Plan A Ride thread lyk dit of ons so 6 bikes gaan wees wat gaan saamry.  Teen Vrydagaand het die volgende manne bevestig: Ouman; V-Strom; Oom Fourie; Nobbly; Mnr.&Mev. Walletjies en myself.
Soos die FARKEN duiwel dit wil hê Saterdagoggend skrik ek wakker 5:55vm. Presies 55min later as beplan. Ek moet dit nou sê en klaarkry daarmee. Ek HAAT dit om LAAT te wees. Ek Haat dit om te jaag in die oggend. Die afgespreekte tyd van vertrek is 6:00vm vanaf Audensberg Garage in Worcester. Presies 25 min later stop ek met ’n moerse vaart by Audensberg waar ek toe vir Ouman: V-Strom en Oom Foe-rie ontmoet. Louwjie kon nie saam ry nie maar het kom môre sê. Gelukkig was al die fietse se dors reeds geles en na ek in 60 sekondes deur die manne sleggesê en gespot was oor my ver slapery kon ons dadelik vertrek na Botrivier waar ons dan vir Nobbly en Walletjies en die vrou sal ontmoet.
Die +/- 70km via Van Zyls pas na Botrivier het ons sommer gou afgelê en bietjie verlore tyd ook opgemaak. By Botrivier aangekom het die Kapenaars reeds vir ons gestaan en wag. Ons het blad geskud, rokie gemaak en sommer weer die tenke op getop.
Ons konvooi bestaan toe uit 3 x Yamaha Supper ten’s; 1 x GS; 1 x KTM 990 en ’n V-Strom. Oom Foe-rie is ’n kenner van die Overberg aangesien hy daar grootgeword het.

Ons vat toe die pad en draai net anderkant Salandra padstal links. Ons is toe op die Karwyderskraal pad tot in die Hemel en Aarde vallei. My eerste keer in die wêreld. En ek moet sê dit is bitter mooi wêreld daai.
Ons ry toe in die rigting van Teslaarsdal by die De Bos dam verby. Nog ’n eerste vir my. Tot my skok besef ek die dam is maar bra leeg en ek verstaan dit is Hermanus en omgewing se enigste bron van drinkwater. Ek verneem ook dat hulle al ’n geruime tyd waterbeperkings het.


 

Attachments

  • IMG-20120107-00118.jpg
    IMG-20120107-00118.jpg
    186.8 KB · Views: 382
  • IMG-20120107-00119.jpg
    IMG-20120107-00119.jpg
    230.1 KB · Views: 427
  • IMG-20120107-00120.jpg
    IMG-20120107-00120.jpg
    147.8 KB · Views: 398
Top