Donderdag 5 Januarie 2012Daar’s ‘n teensinnigheid in ons vanoggend en ons draai. Die trip staan einde se kant toe, Leejay vat sy eie rigting, ons en Carrots split… hy ry van hier af Clarens om huistoe . Ons is traag om die samesyn te beeindig, maar ek sien ook daarna uit dat ek en Lyn vir twee dae op ons eie gaan ry.
Ons groet en ry. Ek en Lyn vat teerpad Sterkspruit toe en vandaar oor Lundeansnek. Ek het ‘n gedagte gehad om Wartrail te ry, maar dit reeds laar vaar. Ry-tyd vir die toer is op en dit gaan nog twee dae vat om by die huis te kom. My Social Tour wag en ek wou eintlik al vandag by die huis gewees het om Saterdag weer te ry Kaap toe.
Die teerpad is maar teerpad, en stukkend met slaggate, bietjie vervelig, maar tog lekker om na al die drama net lekker tydsaam deur die vlaktes te cruise.
Die grensddorpe is besige plekke. ‘n Jong man met bietjie vernuf, en ‘n goeie idee, kan met al die voete wat daar deurgaan, homself binne ‘n paar jaar ryk boer hier.
Sterkspruit



Ons vat die pad Lundeansnek toe oor Tyinindini

Dis ‘n besige gravel-highway wat so wentel deur die berge. Die feit dat ons van hier min fotos het om te wys getuig dat ons nou al moeg gery en kyk is, hoewel die wereld steeds mooi is.
Picnic langs die Telerivier. Serenity.

Oppad uit op Lundeansnek


Lundeansnek

Dis so middelmiddag en nog lank voor donker. Baie rytyd en ek het nog nie besluit waar ons vanaand slaap nie. Dis nog ver na ‘n teerpad toe en die laatmiddagwolke dreig. As dit reen vannag en ons moet more die grondpad ry gaan dit moeite wees.
Toe ek op my vorige trip berg afkom na Lundeansnek ontmoet ek ‘n paartjie en die tannie vertel my van Reedsdell. Ek stop toe en loer(dis so 2km van die Wartrail pad af) Dis ‘n plek met akkommodasie, maar mens kan seker daar kamp reken sy. Die ou wat die plek run, Chris Isted, was toe nie daar nie en ek was nie lus vir sukkel nie.
Hierdie keer hou ek stil en gaan doen navraag. Laat ons nou darem net eenkeer vroegaand aftrek en bietjie tyd het vir rondsit.
Chris is weer nie daar nie, maar ons ontmoet vir Memelo. Sy wys ons rond en na sy ons ‘n bietjie uitgekyk het se sy kom, sy sal ons ‘n mooi plek wys om te kamp. In die agtertuin van Chris se huis ! Ons kan sommer die kombuis en badkamer in die huis gebruik. Sy wys my die yskas met bier en se help jouself. Niks van betaal nie. Ek bel vir Chris… alles reg… R50.00 om te kamp ! WTF ? Hierdie is erg biker friendly mense.
Ek en Lyn het al baie getoer en kamp, en die is die beste spot wat ons nog ooit gehad het.



Die uitsig

Die loslopers kan nou maar se wat hulle wil, maar daars niks soos om ‘n trip met jou beste vriend te deel nie. Ek weet… ons doen dit al 31 jaar lank.

Die gebruiklike voorgereg, bier en gerookte mossels, met pasta vir aand ete

‘n Goeie dag loop ten einde en… die res hoef julle nie van te weet nie.