Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Gooi mielies..en tyres...babapoeier..10 minute...en serenity toer (KLAAR)  (Read 8721 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,104
  • Thanked: 468 times
  • WAT KYK JY
Yis, yis, ek's terug van my Wilddog Social Toer(what a trip) en sal later daai RR gooi, maar eers moet ek nou hier met Wortel opvang, want ons het besluit om die RR ook tandem te skryf en daar's 'n paar goed wat julle moet weet om mooi te kan verstaan... bv SERENITY.

Het so oor die 300 foto's om te edit so gee net bietjie kans.

Lekker storie geskryf sover my WortelMelkieDopvroegomTjom  :3some:  :imaposer:
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline The Nutty Chef

  • Newbie
  • *
  • Bike: Honda XR200
    Location: Western Cape
  • Posts: 40
JISSIE lekka RR mr Carrots.

lol Good to the walking foreskin made it >> not to mention me :biggrin:
Cooking on the Bike (shame she needs some care)
Cooking in the Kitchen
RIP GLEN INK
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,104
  • Thanked: 468 times
  • WAT KYK JY
                                                  DIE PLAN VAN MY KANT AF

Deur die loop van die jaar het ek en Lyn beplan om 'n drie weke toer om Lesotho, op Oos-Transvaal toe en die land deur te doen. My oudste, Kirsty kry toe onverwags 'n onderwyspos in George en met die dat ek haar moet skuif is al die planne na moer(en die budget). Wat toe uiteindelik oorbly is so 'n week trippie vir my en Lyn hier rondom jaareinde wat genoeg tyd gee om om Lesotho te ry.

Na die National Bash gesels ek en Carrots oor rondry die einde van die jaar. So lyk dit toe dat hy  'n week spaar het na hy by Ma gekuier het en wil ry waar ek en Lyn mik. Ek reken ons kry mekaar by Mother se Bash op Hanover en gooi van daar af. Ek wil nie te vaste planne maak nie, want ek ry maar gewoonlik waar die wiele heen wys. Nie te min gesels ons so losweg waar ons wil ry en sien.

Die plan begin toe om op Graaffe-Reinette te ontmoet die 30ste en van daar af Hanover toe te kuier. Jansenville is vir ons oppad GR toe en Bie bly op Jansenville. Bie het gevriesde Skaapkoppe in sy yskas en ek eet skaapkop  :drif: Ek trek hom nader en so word gereel dat ons dan eers sal kop eet en dan GR toe ry. Hy's nog nie reg vir 'n lang trip met sy skouer nie, maar gaan saam kuier Hanover toe.

Tussendeur word daar ook met Firecoast gesels dat ons mekaar iewers kan raakry. Dis 'n ander storie wat ek later sal vertel.

Al die geselsery gebeur nou voor ek my eerste Lesotho trip doen op die 16de Desember saam KLRFegen. Ons het so half 'n idee om om Lesotho te ry en dan by Caledonspoort in te gaan en bietjie deur te ry. Die plan sal vasgemaak word soos ons aangaan en sien hoe die tyd loop, en na ek nou gesien het wat in Lesotho aangaan.

Dit was die plan. Moenie 'n trip bederf deur te veel te beplan nie.
« Last Edit: January 13, 2012, 07:10:37 pm by jupiter »
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,104
  • Thanked: 468 times
  • WAT KYK JY
                                                          LESOTHO - 15 tot 19 Desember 2011

Ek hi-jack eers so bietjie, maar dis nodig om te verstaan wat later sou gebeur. Omdat ek gereken het ek en Lyn sou dalk Lesotho ingaan, dink ek dit sou eers 'n goeie plan wees om te verken, so toe Mitch die 'Plan a Ride' opsit is ek in. Die trip is gedoen, ek het my eerste 'tjub' in my paspoort gekry en baie geleer.

Hier's ons groepie bo op Sani en die RR is hier http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=86587.0



Ek het die trip met die R80G/S gedoen en Sani is nie 'n grap nie. Dis rof en die verkeer van voor maak groot moeilikheid.

Carrots begin toe intussen praat van Sani op en af ry en ek se geen kans met die gelaaide Buffel met Lyn agter op nie. Die risiko is net te groot vir omval en die trip bederf. Ons ry eerder om en gaan by een van die ander hekke in Katse dam toe . Daai paaie is net so mooi. Ek kan hoor en lees hoe sluk hy dit, maar se dis reg se hy, geen sin om stupid te wees nie. Nou-ja !
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Kerritz

  • KTSSSSK!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,566
  • Thanked: 37 times
  • What a SUPER-loss....DAMMIT man!
Lekker Jup man!!

Ek is bly jy is veilig terug.....jou hond het jou seker gebyt toe jy by die yaart inry  :o

Ek is besig om 'n Sani Pass video te bou.....terwyl ek bou....kan jy solank opvang!

Ek sal mielies gooi....terwyl jy tyres gooi.  :thumleft:
Vorige skoeters: XT660E, TL1000R, 2006 R1200GSA, 2010 R1200GSA 30 Years Anniversary, CRF450R, CRF450X, DRZ400SM, 950 Adventure, 990 SuperDuke (ISM) 2012 R1200GS Triple Black, F800GS, Wolskoeter!

Kaapse Jelly Tot!
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,104
  • Thanked: 468 times
  • WAT KYK JY
                                                                      Vrydag - 30 Des 2011

My en Lyn se trip sou die 28ste begin Baviaans toe waar ons op Rietrivier sou kamp en oorkant die pad by Louisxander sou kuier wat by Makadaat was. Die 29ste sou ons rondry erens, oorslaap en pad vind Jansenville toe op die Dertigste. Die wegtrekplan word in die wiele gery toe Kirsty besluit om daai week te trek. Ek sit maar by die huis en kry die Buffel reg... oor en oor. Sorry Louis dat ek jou gemis het.

Firecoast was daar in die ronde, maar ons kon nie plan maak om te ontmoet nie. Dit sou moes wag vir GR.(Die stukkie wat ons nou so gesels het om bymekaar te kom en dalk saam GR toe te ry moet julle nou solank in die agterkop hou. Die hele storie pas ek later in)

Van die sit en wag raak ek stircrazy, maar uiteindelik is die dag hier, ons is gepak groet en reg om te ry. Hierdie gaan 'n lekker trip wees.



Dis warm, ons is bietjie laat en stoot deur Jansenville toe. Daar gekom het Bie die koppies al mooi gebruin in die Weber.



Ons kuier eers so bietjie, l.n.r., Lyn, Bie se beste, Narsia(Kwaatjie vir die wat haar beter ken), die man homself, een van sy Laaities en sy kleintjie.



Dan word daar kop geeet. Lyn maak maar eerder of sy niks sien nie. Hulle eet braaivleis.



Bie se twee laaities polish daai kop blink. Die laaste ou wat ek gesien het 'n kop so skoon eet was Visarend op Rietrivier.



Bie die Hond, saam met die regte Bie, die hond.



Thanks my ou maat vir die lekker kuier. Jammerte dat jy Hanover moes mis. Se weer dankie vir Narsia(spel ek haar naam reg?)
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,104
  • Thanked: 468 times
  • WAT KYK JY
Lekker Jup man!!

Ek is bly jy is veilig terug.....jou hond het jou seker gebyt toe jy by die yaart inry  :o

Ek is besig om 'n Sani Pass video te bou.....terwyl ek bou....kan jy solank opvang!

Ek sal mielies gooi....terwyl jy tyres gooi:thumleft:

Laat ek nou eers verduidelik voor ons verder ry, want op hierrie trip gaan daar nog dik TYRES gegooi word en julle moet verstaan.

So einde 2010 gaan kyk ek en my dik gabba, Innis, die uitspeel game tussen die Olifante en die Pumas op die Mandela stadion. Agter ons staan 'n paar manne wat al goed warm was toe hulle daar aankom. Die een is is lekker bekkig, djy wiet mos my bra ! Elke nou en dan skree hy : "TYRES MANNE... GOOI TYRES" So kom ons mettertyd agter elke keer as iets reg is, gedoen word of hy aanmoediging wil gee, dan gooi hy die tyres, m.a.w, as dinge Nca  :thumleft: is.


...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Kerritz

  • KTSSSSK!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,566
  • Thanked: 37 times
  • What a SUPER-loss....DAMMIT man!
JISSIE lekka RR mr Carrots.

lol Good to the walking foreskin made it >> not to mention me :biggrin:

Shot ou.....fanks for serving a supa dupa brekka and good luck with your CPT ventures!  :thumleft:

Hopefully......I will be there soon...permanently as well.  :ricky:
Vorige skoeters: XT660E, TL1000R, 2006 R1200GSA, 2010 R1200GSA 30 Years Anniversary, CRF450R, CRF450X, DRZ400SM, 950 Adventure, 990 SuperDuke (ISM) 2012 R1200GS Triple Black, F800GS, Wolskoeter!

Kaapse Jelly Tot!
 

Offline Gee S

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 790 Adventure R
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,966
  • Thanked: 23 times
Carrots, jy skryf darem n lekker report! Dankie aan julle altwee. Gooi die res!
All that wander are not lost
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,104
  • Thanked: 468 times
  • WAT KYK JY
Carrots bel om te hoor waar is ons. Ek het myself so bietjie raakgekuier en verduidelik dat ek moeg is. Gaan eers so bitjie rus dan sien ons hulle later.

So vieruur vat ons weer die pad, maar ek ry heel versigtig. Op GR koop ons eers voorrad en toe is dit kampplek toe waar daar gegroet word. Ja, jou moer ook man  :ricky:



Ons slaan kamp op in die grond. Wat 'n kak plek. Die hele Sondagsrivier loop daar verby en hulle kannie 'n stukkie gras vir 'n mens groei nie. Ek haat stofkamp.



En uiteindelik ontmoet ek nou formeel vir Marissa(Firecoast). Ons groepie kuier lekker die res van die aand om. l.n.r., Carrots(Carrots), Lyn, Marissa(Firecoast) en ek, Gerard.



Laat ek nou eers vertel, want hierdie is deel van wat 'n lekker saamry sou word.

So met die loop van tyd het ek en FC 'n chat of twee op die forum gehad. Soos ek haar posts lees dag ek dis nou 'n gawe meisie Hond wat ek graag sal wil ontmoet.(Ek hou mos daarvan om ander Honde te ontmoet :3some:) So is dit die CABC in Sept laas jaar naby Calitzdorp, waar ek sou wees, en die Springbok rally oorkant die pad op Oudtshoorn, waar sy was. Ek nooi haar toe vir 'n brekkie die Sondagoggend by die Dorpshuis op Calitzdorp wanneer ons oppad huistoe is. Ek kon lees dat sy so effe huiwer oor die Toppie wat hom nou so vars hou. Ek weet sy gaan National Bash toe, en se haar sy kan hardloop, maar nie wegkruip nie, duck sy die Brekkie, kry ek haar by die Bash. Die reply kan ek nie herhaal nie, want hiers dalk jong mense wat lees. Hoe dit ook al sy, die brekkie is toe afgespreek, maar vir omstandighede wat ons nie kon beheer nie, mis ons mekaar. Dis OK, sien jou by die bash !

So daag ek en Bie by die Bash op en met die inry slag sien ek vir Rynet saam met FC, wat ek herken van haar Mugshot. Ons stop, groet en ek stel my voor, helmet en donkerbril op die kop. Na 'n 'hoe gaan dit en hoe was die trip', ry ek en Bie en gaan soek kampplek. Later stap ek af kroeg toe en padaf loop ek FC raak. Ek groet weer soos 'n ou tjom en knoop 'n geselsie aan. Bliksem, ek was al in my lewe 'n flat ignore gegooi maar die girl kap my 'n dowe, maak 'n kortom en stap ander rigting. OK, so is dit dan, en die res van die naweek kuier ons by mekaar verby.

Nou kom ons by die einde van die jaar se trip en FC PM my op 'n keer om te hoor of ons mekaar erens kan raakloop en saamry GR toe.
Hoe dan nou, by die Bash gooi jy my 'n flattie, nou moet ons saamry. Hoe so, reken sy, na ons met die inkom hello gese het het sy my die res van die naweek nooit weer gesien nie. Toe snap ons, toe ons mekaar daar in die pad raakloop het sy nie besef dis ek wat vroer onder die helmet was nie. Hele naweek kuier ons bymekaar verby en weet nie hoekom nie. Ons het 'n lekker lag hieroor gehad. Dit was nou skoon stupid.

Maar toe ontmoet ons op GR, ry lekker saam en kuier 'n gat in die aand in op Hanover. En... ek was reg, sy is toe die gawe meisie wat ek gedink het sy gaan wees. Dit was toe lekker om jou te ontmoet en saam te kuier Marissa.  :ricky:

Mooi storie ne.  :3some:

Right, more is dit New Bethesta toe, via Erasmuskloof en dan aan Hanover toe vir 'n lekker kuier. Ons moes eers bietjie litte losmaak, maar van hier af gooi ons dik tyres.

...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Hondsekierie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 950 SE
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,537
  • Thanked: 33 times
  • Away we go!!! Bikes: 690RFR, 950SE, 990Adv
Hel, wat n lekker lees.  Dankie vir al die moeite, sien uit na die res.
“There is a pleasure in the pathless woods,
There is a rapture on the lonely shore,
There is society, where none intrudes,
By the deep Sea, and music in its roar:
I love not Man the less, but Nature more"
 

Offline Pietcoke

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,984
  • "Wille Worcester Hond"
Welkom terug Jup.

Soos Carrots tereg sę......jou hond het jou seker nie herken nie.  :imaposer:
Baie dankie vir die kennismaking............kannie wag om daai RR te lees nie.

Hierdie is 'n lekker RR kęrels..........kannie wag vir die res van die tyre's/ mielies.......wat ookal..........GOOI DIT NET :thumleft:
I don't know how to act my age.....I have never been this old before!
 

Offline V-Strom

  • Member
  • **
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 499
  • Worshond
Nice RR..... Jup Lekker gewees om jou te ontmoed. Bly om te hoor jy het veilig by die huis aan gekom.
 

Offline oo7

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: USA
  • Posts: 1,482
Lekker ou Wortel!

Lanklaas so lekker gelees aan `n ride report. Net jammer julle oranje  liginniebroek KY TIE EM mannetjies dop om half nege op `n nuwe jaars aand!

Lyk my oom Paul ry nie meer mousterbaaik nie?




Jup - jammer ons het mekaar gemis by Harry.


Laat waai asb nou verder met hierdie nice storie! Thanks
 

Offline Frannarossi

  • Vendor
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,631
  • Thanked: 6 times
  • karoorooster@gmail.com
Dis 'n lekker RR die kerels :thumleft:
If you don't live on the edge,you take up too much space!!!
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,104
  • Thanked: 468 times
  • WAT KYK JY
                                                                   Saterdag - 31 Jan 2011

Ons is oppad Hanover toe na Mother se New Years Bash oor Erasmuskloof, New Bethesta en dan so verdere stukkie grondpad. Dis nie ver om te ry nie en ons mik om vroegmiddag daar te wees, om lekker te kuier en ek moet Laurika se fietsketting by haar kry. Die moet opgesit word voor die kuier begin.

Daar's nie haas met die opstaan nie en ons moet mekaar nog uitvoel as ry-buddies. So deur die pak gesels ons en die 10 minuuuute-reel word verduidelik. Hoe daar gery sal word, en wat die ry gewoontes is, word bespreek en dit wil lyk of ons gaan regkom met mekaar.

Julle weet nou al hoe FC op die trip beland het, maar hoe gebeur dit toe dat die Jongman uit Pretoria en die Toppie uit PE by mekaar uitkom ? Weer was dit maar gesels oor die Forum. Op 'n dag is daar hierdie interessante post op Buttism en ek stuur vir Wortel 'n link vir verdere 'opvoedkundige' materiaal. So begin ons gesels en vra hy of ek "NAT BASH" toe gaan. Wat wil ek nou by die Natal Bash gaan maak ? Nee wat se ek, lyk nie so nie. Maar dit pla my dat hy gevra het en uiteindelik gaan loer ek by 'Plan a Ride' ... NATIONAL BASH poephol ! Dit begin jeuk, ek krap en nie lank nie of ek het ingeskryf. Julle sien, my ongeluk in Maart laas jaar het so bietjie gemors met my kop. Ek het altyd alleen gery en min gebodder met ander. Terwyl ek nou na die ongeluk my gat deurgesit het, het ek baie gechat op die Forum. Toe ek weer begin ry het, was ek traag om alleen te ry en ek het ook die gier begin kry om ander Honde te ontmoet. Die Bash was nou net daai geleentheid. Daar het ek en die Wortel mekaar toe raakgedrink, lekker gekuier en die res weet julle nou al.

So rol dinge mos maar onder ons Honne  :ricky:

(Smoke break  :biggrin:)
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,104
  • Thanked: 468 times
  • WAT KYK JY
Op tyd is ons oppad, gooi petrol en stop eers by die kerk vir die verpligte foto. Dit bly maar impossant(groot woord ne), maak nie saak hoeveel keer jy hom sien nie !



So paar kilo's uit op die Middelburgpad vat ons die afdraai na Erasmuskloof. Dis 'n mooi stukkie pad die, so 60km wat die heuwels  voor jou uitrol, met sulke op en af twisties en kom dan uiteindelik uit naby New Bethesta Road.



Nou waarvoor stop ons nou ? Moet seker belangrik wees anders sou hy nie gestop het nie ? Aaa ! Smoke break  :biggrin:



Dis nie almal wat met mekaar 'n trip kan doen nie, maar ons manne is gewoonlik OK met mekaar. Jy knyp eers so bietjie en na die eerste poep jel dit lekker. Meisies is anders en ons het al oor die Forum daaroor gesels. Ek was met die trip se aanloop liggies besorg oor hoe dit tussen Lyn, Carrots en FC sou gaan. Onthou ook dat hierdie is die eerste toer wat ek en Lyn saam ander sou ry. Ek was verniet bekommerd. Daar was dadelik 'n gemaklikheid tussen ons almal wat lekker laat kuier het.



En hiers 'ons' huis. Jy moet self die setting sien om dit te waardeer. Dit le so in die waai van die berg op die boog van 'n rivier. Serenity.



...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 30,760
  • Thanked: 658 times
    • dustriders.co.za
Jy meen julle het sommer van die start af voor mekaar gepoep?!!!!!!!!!!!!! :deal: :imaposer: :peepwall:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,104
  • Thanked: 468 times
  • WAT KYK JY
Laat ek dan nou eers SERENITY mooi verduidelik.Soos Carrots gese het, het ek dit opgetel uit die movie "The Castle". Kyk dit, dis die moeite werd.

Die Kerrigans is 'n eenvoudige familie en Dad, Darryl, put die grootste genot uit eenvoudige dinge in die lewe. Hulle het 'n plekkie by die see genaamd Bonnie Dunes. Dale, die jongste seun, wat ook 'n paar sarmies kort is van 'n vol piekniekmandjie, vertel die storie.
Hy se dat Bonnie Dunes sy Pa Serenity gee. Dale is nie so seker of DAD rerig weet wat die woord beteken nie, maar hy hou daarvan om dit te se. Dan sien ons 'n toneel waar Darryl op die kant van 'n lagoon staan(Bonnie Dunes) met 'n motorboot wat met so rookwolk verby kom. Hy tuur so genoeglik in die verte in, met 'n uitdrukking in sy oe soos 'n hond wat 'n plaaskak vang, en se met 'n tevrede stem "Aaa! ... serenity" Die kamera pan dan terug en jy sien hierdie slykbedekte, toxic waste stuk water met krag drade wat bo oor buzz.

Als hang af van jou uitkyk in die lewe, maar jy sal SERENITY herken as jy dit sien.

Lekker cruise




Ons ry deur hierdie rotsformasies wat my altyd fasineer(bliksem, nog 'n groot woord)



Daar word ge-brunch. Die twee was lekker verbaas oor wat als uit daai cooler-sakke getoor word. Maar ons is mos nou beskaafd en ek het die pakplek en die bike om dit rond te karwy. Light packing se moer(sorry Jacko)




Carrots moet slingel swaai so ons ry aan. Dis net 'n kort ent aan en FC wag al vir my en Lyn by die teerpad. Ek vat so bietjie suurstofaanvulling en ons wag vir Carrots. Geen teken. My reel is, ek rook 'n tweede siggie dan kom soek ek jou. Nog steeds geen Carrots, ek los die meisies by die teerpad en gaan soek hom.

Papwiel. Ons weet dit nog nie, maar hierdie 'interruption'  sou later ons gatte red( en droog hou)



Daar word ge-ZEN, biertjie gegooi en wiel reggemaak. Onthou, jy mag nie sweet nie en dis donners warm. Ons ry en die man raak weer weg. Nou weet ek daar's kak en ek draai sommer dadelik om. Lyk my ons het toe bietjie gesweet en aangejaag mat die ketting. Sit op, ry pad toe en maak eers reg.

Nou word eers gekokus. Ons het baie tyd verloor en wil op Hanover kom om te kuier. Ons besluit om NB te skip en vat die teer deur Middelburg, Hanover toe. Goeie besluit.

Altyd check dat jou buddies agter jou is





...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,288
  • Thanked: 64 times
  • East London
Nee kyk - ek lees lekker.

Gooi tyres en mielies en kiekies . . . . .  :thumleft:
Life is hard - even harder if you are stupid.