Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Gooi mielies..en tyres...babapoeier..10 minute...en serenity toer (KLAAR)  (Read 9148 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,758
  • Thanked: 561 times
  • HKGK !!!
Ons ry so al langs hierdie donderstorm verby wat Wes le. Dis nou, soos ons later sou hoor, die een wat ons in sou vasgery het, sou ons NB omgery het. Die papwiel het gemaak dat ons plan verander en dit toe mis.




Vat weer so



Easy Rider



Koffie en pienkmelkie op Middelburg en toe aanstoot Hanover toe. Kom aan, groet, park bikes en begin die kuier, na plaassmeisie 'n nuwe ketting gekry het.




Ons se hello vir ou Honne en leer nuwes ken. Die groep was nie te groot nie en 'n ou kon lekker kans kry om met almal te gesels.

Kan nie onthou wat so snaaks was nie(ek en Piet oo7, maar ek mag dit nie hardop se nie)



Kuier foties




Weet nie hoe dit toe gebeur dat ek genimineer word nie



As jy dink jy kan beter doen, kom doen dit self



Natuurlik as 'n ou so kwesbaar daar rondhang sal een of ander grapkas met jou mors



Daar's hy



Ek en my Forum Pa, Crab(Bryan)



Saam my beste vriend



Ek en Craig(Beemer Man) het vroeer saam die ketting op Laurika se fiets gesit, en later lekker gekuier. Nou my kop raas mos bietjie na my ongeluk. Die Dok reken dis OK dat ek stemme hoor. As ek met hulle begin terug praat moet ek hom weer kom sien. So gesels ek en BM te lekker deur die aand, nie altyd te seker wie nou eintlik aan die gesels is nie, maar nie te min genotvol en interssant.



Die aand word lekker omgekuier en die nuwe jaar ingedrink. Oor Carrots se vroeg crash, na hy sy pienk melkie gedrink het, se ons maar eerder niks.



More sal ons padvat Elliot toe dat die regte toer kan begin.








...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,758
  • Thanked: 561 times
  • HKGK !!!
                                                                  Sondag - 1 Jan 2012

Vandag sal nie te lank ry wees nie, met meestal teerpad Elliot toe, en eers net so stukkie grond van Hanover na Noupoort. Die plan is verder om Glen op Dortrecht te ontmoet vanwaar ons grondpad vat Elliot toe.

Ons het nie die vorige aand bespreek hoe laat ons ry nie. Brekfis is halfagt. As ons reg is ry ons.So staan ek op toe dit lig word en begin my oudergewoonte rondskrop. Kry 'n SMS van carrots af : "Hoe laat ry ons ? " Ek laat weet terug : "Wat ry ? Vandag is mos 'n rusdag "

So agtuur suiker ek en Lyn oor vir 'n Brekkie, klaar gepak en reg vir die pad. Ons is amper klaar geeet toe ek vir FC vra waar is die man. Nee, hy slaap, want ek het dan gese dis 'n rusdag. Bliksem, dit was 'n grap. Jaag hom op en roer hom aan. Negentig Minuuute !

So by tienuur is ons reg vir die pad. Ma moet net eers check dat als reg is by die huis. Die Hanover lodge.



Daar word gegroet en bespreek by watter volgende Bash of trip ons mekaar weer sien. FC verlaat ons hier en doen haar eie trippie terug Kaap toe, so nou's dit net ek, Lyn en Carrots.

Net buite Hanover draai ons af in die rigting van Noupoort en ry ons die aangename enkel teerpad raak wat so windy-windy deur die vlaktes. Hierdie oopgeid is darem maar goed vir die siel.



Karoo vlaktes... Gemoedstreelend(fokkit Carrots, ons moet weer saam ry. Jy inspireer my tot groot woorde  :3some:)



Stop om ietsie te eet op Steynsburg



Nou moet ek darem regverdig ook wees... Carrots drink nie altyd pienkmelkies nie... partykeer drink hy groenes ook  :imaposer:



Molteno(dink ek)



Dortrecht



Hier kry ons vir Glen by sy ma en kuier 'n bietjie. Jis, dis nou 'n vriendelike tannie. Sy't gevra ek moet se elke Hond is welkom daar, enige tyd. Langs Glen staan sy ma, Irma. Die res kan ek nou tot my skande nie onthou nie.



Van hier vat Glen ons op 'n grondpad boog om in die rigting van Ugie. Dis mooi wereld die met asemrowende views






Ida, naby Ugie



Op Elliot word die perde eers versorg voor ons begin kuier en ma hoor eers weer of die kinders OK is



Die uitsig van Glen se stoep af.



Ek dag ek het fotos geneem van die aand se braai en kuier, maar nada, niks. Wanderer was daar en ons was goed gesellig. Wel, party van ons in elkgeval. Ander het weer oudergewoonte vroeg getiep.



Hy beter rus want more gaan ons afkak, met oor die 500km se hardepad, meestal grond.
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Whale Kisser

  • Newbie
  • *
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 35
Mooi so Jup en Carrots, Lekker saam gery en weet nou as jy val vat eers a photo kry jou mojo terug an dan tel die GS op anders maak jy iets seer. Ek sukkel nog met die spier in die laer rug wat wou nie saamwerk met die optel van die GS.

Hopelik sal my RR gou bymekaar kom (vir n newbie is dit maar stadig)

Groete

Whale Kisser
 

Offline Pietcoke

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,989
  • Thanked: 1 times
  • "Wille Worcester Hond"
Lekker, lekker, lekker RR :thumleft:
I don't know how to act my age.....I have never been this old before!
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,758
  • Thanked: 561 times
  • HKGK !!!
                                                                   Maandag - 2 Jan 2012


Vandag se roete is Elliot, Rhodes, Mount Fletcher, Matatiele, Underberg en Heimeville. Hier is waar die toer nou eintlik begin en waarna ons uitgesien het. Nou as jy op Elliot is en saam Glen ry, ry jy Bastervoetpad. Eish ! Die wat hom al gery het sal verstaan, en vir die res help dit nie ek verduidelik nie.

Met my 16 Des trip het ek hom gery met die R80 en besluit ek doen dit nie met die volgelaaide Buffel met Lyn nie. Dis doenbaar, maar hoe risiko om die trip te kelder. Carrots wou hom ry, so die aanvanklike plan was dat hulle vroeg sou wegtrek, ek en Lyn ry Barklypas om en ons kry mekaar op Rhodes. Maar Carrots is die Hond wat hy is, en se nee, daar's altyd nog 'n keer en ons het klaar begin praat oor my 8 Passe trip. Ons ry saam, so ons bly bymekaar.

Op dieselfde roete het ek die vorige keer 10 uur die aand eers op Heimeville aangekom waar ek KLR650fegen en die res van die manne ontmoet het. Daar le 'n lang dag voor so ons wikkel maar vroeg en mik vir 9 uur op Rhodes vir 'n brekkie. Klaar gereel met die Nutty Chef  :biggrin:

Teen nou verstaan ons mekaar se rygiere al beter en so is die patroon die res van die tyd. Ek ry rustig, so 60 na 80 km/h op grond, afhangende hoe oop my uitsig is. Meeste van die tyd hang Carrots maar saam, maar nou en dan jeuk dit 'n bietjie, dan sleep hy vir so paar kilo's en wag dan tot ons weer opvang. Hy en Glen sleep so aan terwyl ek en Lyn rustig aankarring. Soos hulle stop vir smokebreaks, leapfrog ons mekaar 'n paar keer tot by Mosheshe's Ford.





Die geo-caching fasineer Lyn en ons los ons merk




Jy kan party ouens ook nerens heen vat nie.



By Walkerbouts op Rhodes, waar ons vir Alan(Whale Kisser) en Alta ontmoet, word 'n lekker brekkie vir ons voorgesit en die bier is koud. Ongelukkig was hulle vars uit pienkmelk voorraad uit  :eek7:

vlnr. Lyn, Glen, Alan, Alta, Bruce(Nutty Chef) Carrots en ekke.



Uiteindelik moet ons aanstaan en daar word gegroet. Thanks weer Glen ou maat vir jou gasvryheid. Die wiel sal draai en ek sal hopelik eendag die kans kry om op te maak.

Alan en Alta is dieselfde rigting as ons oppad, so ons sal hulle weer raakry.

Van hier is dit Naude's Nek uit. Carrots kan homself nie vir lank inhou nie, toe los hy maar 'n stofstreep en ons sien hom later weer bo-op die nek. Van hier af ervaar 'n mens net onbeskryflike natuurprag en kan nie ophou om die kameraknoppie te druk nie. Ek gaan nou nie eers probeer foto's kies nie, sommer net dump.  Sorry vir party van die blurs, maar Lyn het net knoppie gedruk soos ons ry.

Naude's Nek op













Alan en Alta oppad op



En dan is ons bo



Alan en Alta ook veilig. Hulle weet natuurlik nog nie, maar hulle gaan nou-nou hulle gatte sien.  :eek7:



Na 'n rukkie se weer lekker gesels is dit anderkant af. Net so, indien nie nog mooier nie











My hart sink as ek sulke kak sien. Weet nie hoe ek dit reggekry het om nie hier neer te donner nie. Ek haat waterkruisings.



Paaie in die verte











 

« Last Edit: January 14, 2012, 06:19:34 pm by jupiter »
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,758
  • Thanked: 561 times
  • HKGK !!!
Ek gaan voor die pas af. Net soos Glen tevore vir my verduidelik het, vertel ek mooi vir Carrots van die twee afdraaie en dat die tweede een, wat met 'n bord gemerk is MOUNT FLETCHER, die regte een is, en ons kry mekaar daar. Die eerste afdraai is egter ook 'n grote maar is net gemerk McClear. Die vorige keer het ek my ook misgis en hier opgeindig



Hierdie keer weet ek en vat nou die regte pad. Ek is seker Carrots het mooi geluister en sal volg, hoewel ek hom vir 'n rukkie nie agter my gesien het nie ry ek verby. Lyn is besorg en reken Carrots gaan daar afdraai. Nee wat, Hy's mos 'n slim jongman. OK, ons trek bo-op die bult af, waar ek kan terugkyk in die rigting van die afdraai, en wag vir hom.



So bietjie meer as een siggie later sien ons die lig kom en ry aan. Sien jy nou, hy het mooi geluister. Later sou ek hoor hy het so wragtig die verkeerde afdraai gevat. Gebeur in die beste families.

So paar draaie later kry ons dit. Die twee is skoon bleek geval, maar OK. Bike klaar opgepluk.



Hulle is nog nuwe Honne en weet nie mens neem eers foties nie. Alan wys die sloot waar die bike se agterstewe uitge-bottom het, toe lock die wiel en die insidentjie volg. Daar le die sleep en ploeg merk mooi. Ek dag hy't meskien 'n gear afgetrap met die stampslag toe sleep die wiel. Ons ZEN so bietjie en Carrots kry die Poopscoop wat met die stamp afgebreek en vas gaan sit het tussen die wiel en swingarm.

Die gewraakte part(weet julle dat daar nie so 'n woord in Engels is nie)



Die twee is OK en het hul sin vir humor behou. Hulle het 'n lang toer gedoen en Alan het 'n RR beloof. Ons groet weer en sien jou later. Hulle vat McClear om matatiele toe.

Ons ry en vat nou die regte afdraai Mount Fletcher toe. Die pad is rof, het julle reeds gesien, maar die moeite werd om te ry. Daai interessante passie af se naam is Pitseng en die uitsigte is mooi. Ek oorleef weer 'n hele paar modder kruisings. Gee my maar enige dag die slegste tegniese terrein wat jy kan uitdink maar water, Eish !



So wentel die pad maar deur die berge, maar na 'n ruk raak jy gatvol van jou tanne losstamp en jy smag daai teer.





En soos jy aankom sien jy daar in die verte die karre op die nasionale pad Mount Fletcher toe en uiteindelik kan jy jou hande op die grips ontspan.



Groot fout(en soms een wat 'n ervare ryer maak, want ons weet mos hoe. Wat kan dan nou verkeerd gaan ?) Hier in die voorgrond le 'n lekker snotbedekte driffie  :eek7:





...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,758
  • Thanked: 561 times
  • HKGK !!!
Ek sien die pad daarvoor en ontspan... hier's die driffie en ek is tevore veilig deur met die R80. Ons slaan hom met spoed, die agtersuspensie sak en die wiel glip onder ons uit. Gelukkig, met ons spoed, skiet die bike oor die sement en ploeg in die gruis neer, anders was dit die trip se einde. Ons val hard en soos ek my regterhand uitsit om te keer trek ek 'n spier of twee. Lyn buig haar regter been sleg en le vasgepen onder die bike. Sy's game en weet hoe werk dit. "Take a photo and get the bike off me" Maar sy het die kamera in haar hand gehad en die le in parte. Die bike le op sy regterkant dwars oor die pad en daar's 'n kar agter ons wat wil verby kom. Carrots is ook al by, so ek los maar eers die kamera, ons wikkel Lyn onder die bike uit en tel dit op. Sy's in pyn, maar verder OK.

Ons het van die anderkant af gekom. Kyk daai rowwe stuk wat ons net-net gemis het.



Die ploegmerk... so twee meter lank, gemaak met die regter pod, sonder protector, wat ek op 'n vorige trip, en nog 'n snotterige driffie, afgeval het



Die bike is OK, paar krappe op die pod en 'n gebuigde agter brieklever. Buig reg en daar gaan ons.



Die sad deel van die val is dat Carrots kort tevore sy video afgesit het. Dit sou 'n classic gewees het  :(

Nou ek het al tevore hard geval, opgeklim en weer gery. Mojo is 'n fyngevoelige ding en as jy hom verloor moet jy eerder huistoe gaan, want jy kan dan ernstige foute maak. Dis my en Lyn se eerste crash en ek is bekommerd oor hoe sy voel. Ons kan saamry, doen dit al meer as 30 jaar lank en sy vertrou my vermoe 100%. Sy se sy's reg, maar op die res van die stukkie grond voel ek aan die bike dat sy styf is. Ek vat dit baie kalm.

Wat van my ? 'n Ou dink jy's so tough, maar ek het met 'n stupid fout my my vrou seergemaak. Die ongediertes woel in my kop. Daar le nog moeilik ry voor en hoe weet ek, ek is reg daarvoor, dat ek ons nie verder in gevaar stel nie. Al se sy ook wat, moet ek weet dat Lyn my vertrou en veilig sal pillion. Daars een manier om seker te maak... ry Sani op. Dis nie om te wys ek kan Chuck Norris 'n toffie gooi nie, maar om te weet ek is OK, om verder veilig te ry. Ek weet ek kan die terrein hanteer, dis net daai bleddie karre en taxi's van voor. Dis nou mooi dink en reg besluit of vir altyd littekens dra. Ons het besluit om nie Sani te ry nie oor die risiko wat die verkeer stel. Nou na die val mors my kop met my. Is ek bang vir Sani ? As ons vroeg ry en probeer die verkeer mis gaan ons mos OK wees. Ek kan tegnies ry. En so gaan dit en maal die permutasies deur my kop. Ek sal later met Carrots en Lyn praat en dan sal ons saam besluit. Intussen konsentreer ek met oordrewe aandag waar ek ry.

Op Matatiele loop ons weer vir Alan en Alta raak. Ons gesels oor ons vallery. Ons val gee weer vir hulle 'n bietjie moed. Dit kan enigeen oorkom. ons koop voorraad, se koe-baai en ry aan. Dit raak laat en Heimville le nog ver. Ons sou 'n stukkie grondpad Swartberg toe vat, maar ek is nie lus nie. Ons hou op teer Kokstad toe en stop vir koffie. Ek het my besluit geneem en gesels met Carrots en Lyn. Ek is bekommerd oor Lyn se been, wat lelik las gee van die knie af onder toe en of sy behoorlik sal kan staan en ry, want op Sani kan jy nie balans verloor nie. Ons besluit om nog te dink daaroor en weer op Heimeville by die kampplek te gesels. Hulle weet nou hoe my kop staan, maar ons gaan dit net pak as almal saam voel.
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Walkaway

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,089
Awesome RR chaps, surely rates as one of the best ever. I can't wait for the rest.
What would life be like if we had no courage to attempt anything ?
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,758
  • Thanked: 561 times
  • HKGK !!!
Nou dat ons gesels het is ek rustiger. Die teerpad Heimeville toe glip onder ons deur. Dit raak laat, maar ons jaag nie en hou by ons gekose teerpad spoed. Kort voor skemer vat ons die 13km grondpad Cobham toe waar ons sal kamp. Ons staan so bietjie op die grond en Lyn se die been voel OK.

Nog so paar foties van die donderwolke wat teen die Noord-Ooste le







Sonsondergang



Dis amper donker toe ons by die kampplek kom. Dit was 'n lang dag met 'n bietjie drama. Ons is moeg, slaan kamp op en gesels bietjie wat more sal bring. Ons besluit om vroeg op te staan en half sewe gereed te wees om te ry. Dan maak ons 'n finale besluit.

Lyn maak vir ons iets om te eet, maar Carrots dop weer om op 'n lee maag. Ons sou nou 'n paar keer met hom daaroor raas.  :ricky:



Als in ag geneem loop 'n goeie dag se ry ten einde. Ons kon wegstap van die ongeluk af. Vir nou was dit die belangrikste.

En hiers al wat Carrots gesien het van Cobham  :imaposer:





Right my tjom, ek is by. Jy kan nou maar die volgende dag se drama gooi.  :ricky:
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline The Nutty Chef

  • Newbie
  • *
  • Bike: Honda XR200
    Location: Western Cape
  • Posts: 40
JISSIE lekka RR mr Carrots.

lol Good to the walking foreskin made it >> not to mention me :biggrin:

Shot ou.....fanks for serving a supa dupa brekka and good luck with your CPT ventures!  :thumleft:

Hopefully......I will be there soon...permanently as well.  :ricky:

Dit sal nou lekka wees>>> never a problem , bly j dit geniet het.
Cooking on the Bike (shame she needs some care)
Cooking in the Kitchen
RIP GLEN INK
 

Offline Frannarossi

  • Vendor
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,639
  • Thanked: 8 times
  • karoorooster@gmail.com
Kwaai man,laat loop met die res.Dis 'n bef@kte lekker report die :thumleft:
If you don't live on the edge,you take up too much space!!!
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,343
  • Thanked: 67 times
  • East London
Die storie raak al hoe lekkerder  :thumleft:
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline madmax

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Rotax (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,427
  • Thanked: 21 times
  • I may be MAD but it MAX no difference
jup im glad you write slow cos i can only read die taal slow.... very enjoyable and i write this to subscribe so i dont miss any
fornicate the proletariat
 

Offline Ian in Great Brak River

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,257
  • Thanked: 119 times
Klassic !!
1978. It's 6am, mid winter...two up on a XL 185S ... off to my first casino ever with all of R40 and we've got a full tank of fuel, so enough to get there we reckon.... that's determination...

Old bike: '82 Eddie Lawson Replica Replica.
Other bike: '05 Honda Varadero 1000
New bike: '16 Honda Africa Twin.
 

Offline Bie

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,456
  • Thanked: 973 times
  • Winners never quit, Quitters never win.
Dit was 'n moerse trip my maat.

Quote
Thanks my ou maat vir die lekker kuier. Jammerte dat jy Hanover moes mis. Se weer dankie vir Narsia(spel ek haar naam reg?)

Dit was regtig lekker om julle hier te hę. Jy weet nou waar my gaat is, so ons maak weer so! Nou moet ons nog net vir Lynn leer kop eet. Ek is jaloers en spyt dat ek die een moes uitsit. Kwaatjie se doopnaam word eintlik Natia gespel, maar jou uitspraak is reg.  :thumleft:
« Last Edit: January 15, 2012, 08:18:40 pm by Bie »
Kom ons maak 'n stoffie.
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,758
  • Thanked: 561 times
  • HKGK !!!
Dit was 'n moerse trip my maat.

Quote
Thanks my ou maat vir die lekker kuier. Jammerte dat jy Hanover moes mis. Se weer dankie vir Narsia(spel ek haar naam reg?)

Dit was regtig lekker om julle hier te hę. Jy weet nou waar my gaat is, so ons maak weer so! Nou moet ons nog net vir Lynn leer kop eet. Ek is jaloers en spyt dat ek die een moes uitsit. Kwaatjie se doopnaam word eintlik Natia gespel, maar jou uitspraak is reg.  :thumleft:

Sou ook lekker gewees het as jy saam was, maar ons beurt kom.  :3some: Ons sal 'n paar kuiers en koppe moet insit om die beplanning te sort. Ek het weer baie geleer op die trip.  :patch:
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,758
  • Thanked: 561 times
  • HKGK !!!
 :peepwall: Waasie Wortel. Jy moet kom gooi dat ons darem hierdie RR kan klaarmaak voor ons volgende trip.  :o
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Kerritz

  • KTSSSSK!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,591
  • Thanked: 43 times
  • What a SUPER-loss....DAMMIT man!
:peepwall: Waasie Wortel. Jy moet kom gooi dat ons darem hierdie RR kan klaarmaak voor ons volgende trip.  :o

He he....jy het mos gese ek moet jou bietjie kans gee dat jy jou ander een kan klaar maak. Ek gooi binnekort!
Vorige skoeters: XT660E, TL1000R, 2006 R1200GSA, 2010 R1200GSA 30 Years Anniversary, CRF450R, CRF450X, DRZ400SM, 950 Adventure, 990 SuperDuke (ISM) 2012 R1200GS Triple Black, F800GS, Wolskoeter!

Kaapse Jelly Tot!
 

Offline Kerritz

  • KTSSSSK!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,591
  • Thanked: 43 times
  • What a SUPER-loss....DAMMIT man!
Raaaaait....laat ons aangaan met die storie.

Ek slaap moer sleg daai aand.......ek dink ek het 'n slaappil met 'n energiepil verwar......le amper die hele nag en rondrol so toe ons eventually opstaan was ek nie lus vir Sani nie. Gehoop Jup voel dieselfde maar nee....hy soek sy MOJO terug....of eerder...hy wil net seker maak hy het nie verloor nie.





So die plan is Sani op....so lekker draai deur Lesotho en dan Katse dam toe vir die aand.

Ons gaan trek moolah in Himeville en sleep Sani se kant toe. Ons kry twee ander bikers by die garage...hulle beplan ook om op te gaan....kannie hulle name onthou nie.....maar dit was een van hulle se skuld....dat die volgende dag...ietwat van 'n fokkop was.

RSA grenspos vat 1 minuut as dit so lank is en ons pak op en sleep........ek ietwat bewerig en nervous....weet nie mooi wat om te verwag nie. Jup se hulle moet voor ry dat indien hulle afkom is dit makliker vir my om te help optel en ek hoef nie weer die helfte van Sani af te stap nie. Pas my perfek.  :mwink:



Ek het self nie foties van Sani nie maar het die hele trippie op my helmet cam record. Alles is so 40 minute maar ek het hier en daar iets uitgehaal en dit so klein as moontlik probeer maak maar dit gaan seker 'n rukkie vat om te download as jou bandwith stadig is. Ek probeer ook net 'n balans kry tussen die groote van die videos en die kwaliteit. Ek sal dit post sodra dit klaar gelaai het youtube toe.

Jup kan foties gooi....dink Lyn het 'n hele paar geneem agter van die BOF af.

So dit was toe nie so erg soos wat ek verwag het op nie.....rof plek plek....veral die laaste stuk met daai paar switchbacks. Ek moet wel my hoed afhaal vir Jup en Lyn met die BOF......baie bly dit was nie my taak nie. Well done partner!!!  :thumleft:

Grenspos aan die ander kant ook geen probleem nie en ons is deur.









Ons ontmoet vir Henry by die pub daar bo en drink 'n bier saam. Hy was toe nog nie 'n hond maar hy is nou. El Mexicano....moerse nice ou.

Later kom sy makkers ook daar aan. Ons neem paar foties.....Jup klim op die foon besig om roete te bevestig en ons vat die pad. Hulle sou almal by ons kom kamp het later die aand.



Die pad na Mokotlong was.....wel.....heel kakkerig.....ruts...gate.....kwaai locals....en het ons 'n moerse ruk gevat.

Ons besluit daar ons het genoeg gehad van die en sleep via teer na Mothae......hoop ek het dit reg Jup. Hier verloor ons altwee amper 'n paar keer ons bikes. Dit is teer ja....maar daar is so baie snot, diesel, petrol en ander gemors op die pad en met die hitte smelt dit amper in die teer in. Varrit net rustig en ons stop langs 'n rivier en rus bietjie en Lyn bou lekker samies.

Dit is hond warm......en Lyn gaan jol bietjie in die water. Ek hoop julle het 'n fotie geneem want ek het nie.

Die teerpad verdwyn eventually en ons eindig op nog 'n weggespoelde marble infested pothole.....erm....noem dit seker maar 'n pad maar nie so lekker nie.

Ons gaan by die myn verby so ent voor AfriSki.





Ons ry 'n ongelooflike lekker teer pas en alles wat ons geklim het Sani op…..drop ons seker af in ‘n paar kilos. Oorals le kar en bus wrakke…..die goed word sommer net daar gelos.

Dit is ongelooflik mooi orals.





Lyn koop Kentucky rolls op Butha-Buthe en ons maak vol petrol. Hier is dit nie so mooi nie.





Ek sleep voor en ry regdeur Leriba....sien nie meer Jup se ligte nie en draai om. Hy en Lyn wag rustig vir my die garage. Daar kom nog 'n storie oor die garage later.

Jup en Crab het al op Hanover vertel van die teerpad Katse toe. Hulle gese ek gaan moeg en gatvol raak vir die draaie. Ek het gese daar is nie manier nie.....so ek was nogal excited oor die seker so 120km Katse toe. Ons ry lekker rustig...deur Pitseng en toe ons op die voet van die eerste groot pas kom gooi ek kole.

My Pa se een vriend.....Oom Pierre en sy vriende het toe ek nog 'n laatie was altyd vertel hoe ry hulle met die superbikes die pad. As ek reg onthou het een van hulle vriende sy lewe verloor so ek geniet dit baie.....maar ry versigtig ook.

Ons stop bo en neem foties en vat die laaste stuk Katse toe.











Net voor sononder daag DirtyXT en El Mexicano daar op. Klink asof die ander twee ouens vir hulle weggery het of iets.

Jup, DirtyXT en El Mexicano ry Katse Lodge toe om biere te gaan probeer soek en laasgenoemde soek kos.

Ek en Lyn bly agter en sy bou ongelooflike samies. Ons drink 'n bietjie rooiwyn...Jup hulle kom terug met bier en ons sit en eet met die damwal voor ons en praat twak. Rukkie later daag El Mexicano ook op en mens kan sien hy het paar Tequila's geklap.  :biggrin:

Dit was 'n baie lang dag en veeleisend...en dit lyk asof almal dieselfde voel so dis nie lank nie of die kamp is stil. Ek is lekker moeg na my min slaap en Lyn gee vir my 'n allergex so met die rooiwyn en die pilletjies slaap ek amper regdeur.

Die volgende dag.....sou toe uitdraai op 'n heel interresante een. En ek was nog nie moeg vir die draaie nie.  :biggrin:
Vorige skoeters: XT660E, TL1000R, 2006 R1200GSA, 2010 R1200GSA 30 Years Anniversary, CRF450R, CRF450X, DRZ400SM, 950 Adventure, 990 SuperDuke (ISM) 2012 R1200GS Triple Black, F800GS, Wolskoeter!

Kaapse Jelly Tot!
 

Offline Kerritz

  • KTSSSSK!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,591
  • Thanked: 43 times
  • What a SUPER-loss....DAMMIT man!
OK hier is so bietjie footage van Sani

Eerste een is vroeg vroeg nog voor ons deur die grenspos is

<a href="http://www.youtube.com/v/yZSAopZpNKM" target="_blank" class="new_win">http://www.youtube.com/v/yZSAopZpNKM</a>

Tweede een is erens nie te lank na die grenspos nie

<a href="http://www.youtube.com/v/-KbKmkrmt-Q" target="_blank" class="new_win">http://www.youtube.com/v/-KbKmkrmt-Q</a>

En die 3de een is die laaste stukkie op. Toe ons amper bo was....ek kan nie mooi onthou nie maar ek dink Jup se bike het gevrek en hy het vir Lyn gese om so switchback of twee te loop so dis waar ek toe by hulle verby is.

Jup het sy bike gepark vir 'n rokie en ons moes hom omdraai....ek het gedog ek vrek of iets...kon nie asem kry nie of iets....toe herinner hy my hoe hoog ons is....bo seevlak dit is.

<a href="http://www.youtube.com/v/fhIyW97w254" target="_blank" class="new_win">http://www.youtube.com/v/fhIyW97w254</a>

Ek dink die dag voor die tyd het die babapoeier storie ingekom. Jup of iemand wat gekla het sy gat is seer of iets....ek se toe babapoeier is die ding. En toe ons op vandag se trippie vir lunch stop...terwyl Lyn in die water gaan jol het...het ek en hy lekker ons knaters en binnebene gevryf met babapoeier.  :peepwall:

Ek sou later in Ficksburg my eie bottel babapoeier koop.  :mwink:

Dit werk soos 'n bom.....maak seker jy kry nie 'n rash of irritasie van al die ry nie....
Vorige skoeters: XT660E, TL1000R, 2006 R1200GSA, 2010 R1200GSA 30 Years Anniversary, CRF450R, CRF450X, DRZ400SM, 950 Adventure, 990 SuperDuke (ISM) 2012 R1200GS Triple Black, F800GS, Wolskoeter!

Kaapse Jelly Tot!