Ons het al by Sani Top besluit ons vat die teerpad van Makhotlong af Butha-Buthe toe. My kaart wys so. Kry ons toe ‘n onaangename verrassing. Eers daai glibberige stuk teer waar ek en Lyn amper gat sien. Bly weg van die swart goed… alles is swart ! Toe kom die slaggate… mammoete, soos Carrots nou reeds gewys het. Jy dog dit gaan nou beter raak op die pad wat van die myn af wes loop. Hy word duidelik goed onder hou… gravel highway… en net marbels. Ons gly-gly maar so tot ons uitendelik teer kry.
Mahlasela pas. Ons is lekker gatvol na die slegte pad … Carrots gooi mielies en ek gooi tyres. Ek jaag nie sommer nie, maar dis lekker twisties en daai 1200 kan klou aan die teer as hy moet .
Op die half reguit stukkies, wat daar nie rerig is nie, kry Lyn darem kans vir ‘n paar snaps






Ons jaag Oxbow skoon mis, kry petrol op Butha-Buthe, verloor vir Carrots in Leribe, want hy volg nie die reels nie

en vat die pad Katse toe. Ons het so twee ure verloor met daai sleg pad en dit raak alweer laat.
Die eerste tagtig kilo’s of so dam toe ry jy deur die platteland en daars nie veel, behalwe hutte, om af te neem nie. Die wereld is besig met mense, diere en taxis, so ‘n ou moet maar jou spoed temper.
Carrots begin weer kriewelrig raak en toe ons Mafika Lisiu pas vat gooi hy weer mielies. Ek het die pas twee weke gelede gery, weet hoe lekker swaai hy, en na die roller-coaster teen Mahlasela af, vat ek die 1200 lui-lui daar deur.(Dit was weer ‘n lang dag en ek is moeg… doen nie stupid nie en keer maar vir foute… banggat)



Daaronder kom ons vandaan

En waar was julle die hele tyd dat julle nou eers hier aankom ?

Tog te lekker gery man en so bietjie die scenery geniet

Anderkant af is daar weer nie tyd vir fodies nie.
Die bokant van Katse Dam. Hy’s glo 54km lank


Dis nog ‘n hele ent dam toe en ons kom so rukkie voor skemerte daar aan. Terwyl ons kamp opslaan, daag Leejay(dirtyXT) en Henry daarop. Hy’t vroer vir Henry-hulle by Sani gekry en gehoor hy gaan ons dalk by Katse kry. Die lot het toe plan verander en besluit om Thaba-Tseka om te ry. Ek kon hulle gewaarsku het dit gaan 'n lang, gatseer dag wees. Eish ! en Henry met die R80. Ek het gevoel vir hom. Daai ou suspensie het nie genade nie. Hulle het die ander twee verloor en ons vermoed hulle is by die Lodge. Die ander drie ouens het ‘n snaakse manier van saamry en worry nie veel waar mekaar is nie. Ons sal dit die volgende dag weer ervaar.
Ek, Henry en Leejay ry deur Lodge toe dat ons bier kan kry en ek reel vir ons vir kospakkies vir die volgende dag. Ons kry vir Brian en Eddie daar en kuier bietjie. Terug by die dam is dit ‘n lekker snack, met te veel koue bier. Carrots geniet sy pienk melkie en crash oudergewoonte vroeg.

Dit was ‘n lang dag en ons kuier nie lank nie, toe dop ons maar om.
Hierdie is Lesotho en jy weet nie wat hy more vir jou gaan bring nie.