Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Gooi mielies..en tyres...babapoeier..10 minute...en serenity toer (KLAAR)  (Read 9053 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Kerritz

  • KTSSSSK!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,585
  • Thanked: 42 times
  • What a SUPER-loss....DAMMIT man!
Waar begin mens na so moerse lekker trip? Seker by die begin ne!  :deal: :mwink:

Die plan:

Gaan kuier by my Ma op Orania.....res van die fandamily kom ook deur en Sus wie ek moer lanklaas gesien het kom af van Swakop af.

Dan kry ek vir FC en Jupiter en Lynn sy vrou op Graaf Reinette en ons sleep na Mother se mini-bash toe op Hanover. Sleep dan na Glen toe op Elliot en ry al om Lesotho tot by Fouriesburg of erens naby dit. Ons gepraat oorspronlik om Sani te doen maar Jup het dit die vorige week gedoen en hy het gese daar is nie 'n manier wat hy dit doen met 'n vol gepakte  Block of Flats (GSA....vir die wat nie weet nie...... :pot:) en Lyn agterop nie.

Dan sleep hulle terug PE toe en ek weer Peetown toe.

So die oggend voor ek moet mielies gooi begin ek uit pak soos mens maar normaalweg doen.....en daar kak RatKas se petrolpomp. Dankie Panne vir die raad en advies oor die foon en Swifty wat net betyds een kon kry by Midas voor hulle toemaak.

MOERSE fanks aan Shebangs.....hy het na my brak Oscar gekyk en my huis opgepas en het sommer al sy tools by hom gehad. Sonder jou.....was my trip Mike Tango ou!  :thumleft: :thumleft: :thumleft:

Laat ons begin strip













En daarsy.....gepak en reg vir die trip!  :thumleft:



Ek laaik nie van te veel stickers op my bike nie......maar hierdie was 'n tribute of gedagte eerder een my bra Fox wat op dieselfde tyd in die hospitaal gele het waar hulle besig was om te probeer om sy been te red. Die sticker sou later op die trip sy werk ook doen.



Oscar



Maak die pens vol



En van ons lig mos ons bene waar ons ookal gaan.......



Groenie het vir my 'n lekker roete gestuur wat hulle gery het na Vanderkloof toe vir 201 se National Bash so ek het op die N1 gesleep tot by Parys en toe die agterpaaie begin ry via Vredefort Viljoenskroon en dan Bothaville.







Toe Hoopstad Hertzogville en Boshof.....Petrusburg...Koffiefontein en dan Orania.















Ek is mal oor ou stasies....maar hulle is almal moer toe





Hierdie trein lyk asof hy in 'n moerse prang of iets was.....hy le net daar langs die spoor........faaktap.....alleen en verlate





Nou kyk......mense kan maar se wat hulle wil van Orania......ek skiem dis glad nie 'n te kak plek nie. My Ma het soontoe gevlug om weg te kom van al die crime en sy en Oom Danie geniet dit daar. Ek is laas Desember oppie teer met my vorige GSA soontoe so weet al hoe lyk dit daar en alles. Dit was toe kak warm......hierdie keer was dit bietjie beter.....elke aand bietjie gereen so dit was heel skaflik ek moet bieg.

Paar foties van die dorp vir die wat nog nie daar was nie.





























Het 'n draai gaan maak in die begrafplaas waar Prof Carel Boshoff asook Hendrik Verwoerd en sy vrou rus







Hy sal seker 10 keer in sy graf omdraai as hy weet watse kattekak, korrupsie, moord en roof......verkragting en weet nie wat nog alles nou in die land aangaan

Jan Pohl.....afrikaanse sanger as ek reg onthou











Ou ammunisie skut





Oom Danie het al die kinners gesponsor vir 'n Girokopter flip oor die dorp. Ek het inpataal en gevra om my Vanderkloof toe te vat. Dit was befok!!!!

Ek was nogal nervous maar dit was een van die highlights van my hele trip.......Jhonny de Jager was die pilot......en van vlieg....kan jy hom boggerol vertel!

















Die brak ry heelpad agter hierdie ou toppie op sy quad.......dog surfing....he he



Na 'n lekker storm





Boat cruise









Slang se kind het naby RatKas in die skuur gele onder 'n klomp gemors.......het Oom Danie amper gepik......hy was besig met die graaf om die gemors skoon te maak toe surprise hy Oom......in 'n refleks oomblik toe sneuwel slang toe.....



Vanderkloof Dam









Sus en Lizzie



Bennie wat Oom Carrots wil wees



Eeeish



In my lewe nog nooit so perfect doughnut gesien nie



Day trippie van Orania af Vanderkloof toe

























Salig.......





Dit was my Ma se verjaarsdag die 29ste Des......die plan was dat ek eers die dag na dit die res van die brakke op Graaf Reinette kry....maar na 3 dae se boggerel doen in Orania het my lus vir bike ry net te veel geraal. Ek vir haar gese ek sal haar gelyk wens die oggend van die 29ste en dan gaan ek mielies gooi. Saak is reg my kind.....ek ken jou.....ek weet jy kannie stilsit nie.

Ek het vir FC laat weet ek gaan 'n dag vroer by Urquhart wees as sy in die omgewing is dan moet sy join.

In Petrusville vra ek vir 'n local of daar 'n lekker groindpad direk Colesberg toe is. Szien djy meneer.....djy kannie daai pad ry nie......hy is baie sleg. Sy het seker gedink ek is die klits kwyt toe ek 'n vet grin op my gesig kry. Awesome pad gewees......maar note to self: Hou jou oge op die grondpad en moenie vir die boer se swartwitpense staar in die ry nie. Amper plaas gekoop daar.







Erens toe ek weer sein kry stuur FC vir my 'n sms en se sy is op 'n gasteplaas in die hartjie van die Karoo....Eenzaamheid....en en ek is welkom om te join. Baie beter as alleen in die karavaanpark ek skiem...laat ons sleep. Wortel se kind ry mos nie met GPS nie.....net kaarte so na so bietjie instruksies van haar af kry ek toe die pragtige plek.

Liwe ouers.....watse smart mense.......en hospitality. Ons moes kies wat ons wou pik die aand (en dit het lank gevat) maar het toe op braai besluit. Die tannie het lekker slaai gebou met geroosterde groente en genoeg vleis vir 'n weermag aangedra.













Undercover Katoom supporter  :peepwall: :pot:



Die res is op pad........
« Last Edit: January 29, 2012, 06:25:22 pm by Carrots »
Vorige skoeters: XT660E, TL1000R, 2006 R1200GSA, 2010 R1200GSA 30 Years Anniversary, CRF450R, CRF450X, DRZ400SM, 950 Adventure, 990 SuperDuke (ISM) 2012 R1200GS Triple Black, F800GS, Wolskoeter!

Kaapse Jelly Tot!
 

Offline Dwerg

Lekker Carrots! Moet nou nie laat die res ook so lank vat soos laas keer nie  :deal:
Current: KTM 690R
Previous: KTM 790ADV, 640ADV, 950ADV, 250XCW BMW F650GS Single, F650GS Twin, F800GS, G450X, R50/2 Honda CRF450X, CRF230 x 2, VFR400 NC30, Z50 Mini Trail Yamaha BWS100 x 2, LB80 Chappy
 

Offline Firecoast

  • Besempilot!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,119
  • Thanked: 82 times
  • Mommy Fairy :)
 :imaposer: :imaposer:

Ek was sterk onder die invloed toe daai foto geneem is!  :peepwall:

Pragtige fotos Luitenant!
"Don't let your ice cream melt while you're counting somebody else's sprinkles."
 

Offline Heimer

  • Global Moderator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 12,991
  • Thanked: 159 times
  • Kan nie ALZ onthou nie
    • Social Travel Digital solutions
Ek sien jou suster het nie ook 'n wortelkleur kop soos jy nie. Ek wou nou net glimlag oor die oranje spul in Orania  ;)

Lekker RR. Ek wag vir nog.  :thumleft:

Matriek getuigskrif 1979: ........... is 'n vriendelike seun met volop selfvertroue. Hy tree soms vreemd op. Die skool se beste wense vergesel hom.
 

Offline Brandt

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,496
  • Thanked: 1 times
 

Offline Bubby

'n Rivier naby.....
 

Offline SuperDave (RIP)

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 654
  • RIP 7 Nov 1976 - 10 Mar 2013
Lekker Carrots!  Bevokte pics sovÍr...!   :thumleft: :thumleft: :thumleft:

Ek gaan nie die res lees nie want dit maak my hartseer en jaloers... >:(
"If you have to think about it, maybe it's not for you." - Advert
 
BMW F650 Dakar
Yamaha XT 350
 Karoo trip report:  http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=66157.0
 

Offline Kerritz

  • KTSSSSK!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,585
  • Thanked: 42 times
  • What a SUPER-loss....DAMMIT man!
OK so nou is ons op pad Graaf Reinette toe waar ons vir Jup hulle kry. Ons het besluit om vroeg te sleep en dan wil ek vir FC VAllei van Verlatenheid gaan wys. Ek het vir haar gese voor die tyd as ons die hele plek wil gaan bekyk moet ons tekkies saamvat op die trip.......want as jy dink jy gaan met full ATGATT by daai uitkykpunt uitkom in die  middel van die dag......maak jy een moerse fout.

So ons het rustig op die plaas paaie gery op so sirelroete wat die Tannie vir ons verduidelik het. Awesome stuff.....op hierdie pad het ek seker 10 moerse roofvoels gesien.





OK...plek waar ons wou brekka eet is toe.....choices choices.......



Ons koop toe maar 'n paar koue biere....sleep na die karavaan park toe om af te pak en die Valley te gaan verken.



Damwal





Op pad in die Valley in



Moerse view van daar bo af





Ons het toe nie ons tekkies aangetrek nie so sommer summier besluit dis 'n kak plan om die viewpoint aan die anderkant te gaan stap in die middel van die dag.

Kom ons gaan dorp toe en kry kos eerder.



Ons gaan sit toe buite by daai restaurant regs langs die groot mooi kerk. Nie lank nie of hier ry iemand met 'n lekker vuil XT verby. Ek se nogal vir FC daai ou gaan terugkom want hy het ons bikes op die pavement gesien. Paar minute later hier is hy terug.

Pieterjan is hom naam.

Hy en FC ken mekaar so hy kom sit toe sommer by ons en drink 'n koue bier.....nogal gelyk asof hy dit nodig gehad het......veral nadat hy 'n lekker modderplaas gekoop het vroeer die dag.

OIns sit nog so en gesels.....hier tik tik iemand aan my. Dis toe Fox wat oppad Mosselbaai toe is om by sy Ma se te gaan kuier....hy ry by die kerk verby en sien my bike met die Fox sticker op....toe weet hy dit is ons. Sy been is toe gered en hy het meer penne en skroewe in as die local Mica.



So rukkie gekuier toe is hy weer weg en ons ook.....het gaan shopping doen vir later die aand as Jup hulle kom. Hy eet alte lekker skaapkop saam met Bie.

So shop mens......





Nie lank nie en hier stop Jup en Lynn met sy Block of Flats.....lekker gepak!!





Die ou se akkomodasie was so ietwat  beter as ons sin.



Ons maak 'n lekker braai die aand.....vreet skilpadjies...maak braaibroodjies en gesels twak vir die res van die aand.

Jup se hy ken 'n lekker grondpad Hanover toe vir die volgende dag so happy times!   :thumleft:

Het gehoop dat Bie ook gaan saamkom maar hy was blykbaar bietjie olik of iets.

Vorige skoeters: XT660E, TL1000R, 2006 R1200GSA, 2010 R1200GSA 30 Years Anniversary, CRF450R, CRF450X, DRZ400SM, 950 Adventure, 990 SuperDuke (ISM) 2012 R1200GS Triple Black, F800GS, Wolskoeter!

Kaapse Jelly Tot!
 

Offline W1P30UT

  • 7.2kW Pilot
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 722
  • Centurion
Nice one Carrots  :thumleft: :thumleft:
Love is the feeling when you like something as much as your motorbike.
 

Offline arno

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,522
  • Thanked: 7 times
  • Toppie......Gooi Mielies!!
    • http://www.princealbertcycles .co.za
lekker Johan !
lekker fotos en storie.
Nou vir die res kan nie wag vir die Lesotho gedeelte nie.
Pa.
Fietse van die verlede: BMW F800GS ,BMW 1150 GS, Honda 305 cc, Honda 400 FOUR, Honda 550 FOUR, BMW 600/6 , DR 650

Tans:  Trapfiets
 

Offline Crab

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,010
  • Thanked: 7 times
Lekker
Look for a shooting star and see Lynda's trail and remember all the great places you shared with her,she will never forget what she shared with you and will show you that in every starry night .
 

Offline Pietcoke

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,984
  • "Wille Worcester Hond"
Baie lekker RR Carrots. :thumleft:

Nice Pic's......................kannie wag vir die res.
I don't know how to act my age.....I have never been this old before!
 

Offline Pietcoke

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,984
  • "Wille Worcester Hond"
:imaposer: :imaposer:

Ek was sterk onder die invloed toe daai foto geneem is!  :peepwall:

Pragtige fotos Luitenant!
Wat????.......................Onder die dranvloed van ink?????? :o
I don't know how to act my age.....I have never been this old before!
 

Offline laurika

  • hoessenaam van hydrabad...
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 6,306
  • Thanked: 1 times
  • helmet hair is very cool....everyone says so
lekker Johan !
lekker fotos en storie.
Nou vir die res kan nie wag vir die Lesotho gedeelte nie.
Pa.
WoooooooW!!! So jy is die Groot Bos Wortels waarvan die Wortel af kom!!!!! Lekker!!!!

 "There is no happiness for him who does not travel...Therefore, wander... The fortune of him who is sitting sits, it rises when he rises, it sleeps when he sleeps, it moves when he moves... Therefore, wander!"...The Rig Veda - 800 - 600 BC..

bmw F650GS/ XT 660 R
 

Offline Mother

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Harley Davidson (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,940
  • Thanked: 57 times
  • ...anything with an engine an 2wheels
nice i like the way u tell the story
also noted that Africa Twin and KTM got same issue they all need Midas Facet pertol pumps
nice take on Orania....been down to the water front was a pleasant surprise.....town looks a bit sad tho to me
see you took the same route down to Orania we split to De Aar

look fwd to the rest

jammer oor die vyand se taal maar ek is dan n ingels man soort van
« Last Edit: January 12, 2012, 09:37:11 am by Mother »
mother ....only half a word ;-)
 

Offline Mother

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Harley Davidson (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,940
  • Thanked: 57 times
  • ...anything with an engine an 2wheels
mother ....only half a word ;-)
 

Offline IDR

  • <insert bias disclaimer here>
  • Administrator
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Gauteng
  • Posts: 8,759
  • Thanked: 90 times
Sweet dude!  Waar's die res? ;D
The three things you need to fix anything in the universe: duct tape, WD-40 and a hammer.  If it moves and it shouldn't, use the duct tape.  If it doesn't move and it should, use the WD-40.  Otherwise use the hammer.
 

Offline Dwerg

Sweet dude!  Waar's die res? ;D

Jy ken hom mos. Die RR vat altyd omtrent 5 keer so lank soos die trip  :peepwall:
Current: KTM 690R
Previous: KTM 790ADV, 640ADV, 950ADV, 250XCW BMW F650GS Single, F650GS Twin, F800GS, G450X, R50/2 Honda CRF450X, CRF230 x 2, VFR400 NC30, Z50 Mini Trail Yamaha BWS100 x 2, LB80 Chappy
 

Offline Fox

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Free State
  • Posts: 165
  • Gemma's Slave
    • NPKS4africa
Ek laaik nie van te veel stickers op my bike nie......maar hierdie was 'n tribute of gedagte eerder een my bra Fox wat op dieselfde tyd in die hospitaal gele het waar hulle besig was om te probeer om sy been te red. Die sticker sou later op die trip sy werk ook doen.

Amper pik ek 'n traan ...

GR8 write-up KarRot!!!

Was LEGEND om jou en FC in GR te sien!

Jy weet natuurlik wie jou WingMan op jou volgende trip gaan wees :deal:
81 Honda CX500, 85 Yamaha XJ900, 77 Honda 350CBF, 87 KLR600, 01 F650GS, 09 R1200GSA, 10 KTM 990SMR, 11 R1200GS 3B, 09 F800 GS, 14 R1200GSA LC, 11 R1200GSA 30YE
 

Offline alwyn_gs

  • Gelšnde/Strasse - Knight in White Satin (R1200GSA LC)
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,086
  • Thanked: 196 times
  • With my loving wife, Michelle - let's do this!!
Gooi nog Wortels... gooi nog!!!!  :thumleft:
RR:Sani 2013, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=131550.0, Honeymoon 2014 http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=153612.0
Livinstone Lite 2014, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=162532.0, Om Lesotho 2014, http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=168999.0
Skoeters : Knight in White Satin (R1200GSA LC), Military Fuel Tanker (R1200GSA AC 142 690km - decommisioned)
G650XMoto, G650XCountry-pilotted by Michelle