Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Gooi mielies..en tyres...babapoeier..10 minute...en serenity toer (KLAAR)  (Read 8812 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Kerritz

  • KTSSSSK!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,575
  • Thanked: 39 times
  • What a SUPER-loss....DAMMIT man!
Hey man…….ek is besig ok.  :mwink:

So toe ek opstaan die oggend na ‘n ongelooflike goeie rus was dit amper die toppunt van gemende gevoelens. Ek begin die trip al hoe meer en meer geniet….maar dit is my laaste dag met Jup hulle.

Toe ons opstaan begin DirtyXT wonder of hy sy slow puncture moet regmaak nou of so aansukkel deur die dag. Hy besluit toe om dit reg te maak en tussen hom, myself en Jup ruil ons die agter binneband. Note to self: Maak seker die bead klim nie aan die onderkant van die rim weer op nie….want jy gaan tyre levers buig tot jy blou is….maar jy sal not ‘n donner daai tyre op die rim kry nie….o ja….en jy moenie sweet nie…..veral nie 7 uur in die oggend nie….want dan doen jy defnitief iets verkeerd.

Dis toe hier wat hy vir ons vertel dit is eintlik sy bifday. Ons gee hom lekker gas oor daar nie koek en snacks is nie maar ons besluit ons sal later in die dag ‘n bier saam drink.

Bifday boy…..





Die plan was oorspronklik om grond te ry Maseru toe maar ons besluit toe se dinges…..ons ry terug soos ons gekom het en sal in Ficksburg besluit waar ons gaan kamp vir die aand.

Jup het die vorige aand gereel met die mense van die Katse Lodge om vir ons lunchpacks te bou…..minwetende hoe handig dit te pas sou kom later. So ons split op….ek, Jup en Lyn gaan haal ons pakkies en die res sleep solank. Ek en Lyn moan al lank dat ons darem net een dag…en veral vandag want dit is ons laaste dag…vroeg vroeg by die kamp moet wees en net sit en chill en die laaste dag saam geniet. So volgens on beplanning gaan ons so 11 uur se kant by Ficksburg wees waar ons ‘n brekka gaan hap en ‘n bier drink met die bifday boy. Yeah right!

Ons drink ‘n lekker koppie koffie by die Lodge en snaaks genoeg vir die eerste keer vra ek vir Jup wat hy doen vir ‘n lewe. Ne? ‘n Advokaat kwansuis. Ek is regtig geeerd….behalwe alles wat ek van hom al weet….is hy ‘n geleerde man ook nog. Nie dat ek iets minders verwag het nie. Ons maak small talk oor hulle kinders…wat hulle doen in die lewe en waar. Jup pak die kospakkies in sy sakke en so amper amper pak hy myne ook in. Ek bedoel hy het gevra maar ek het gese ek sal plek maak in my topbox. Wise move.





Ons ry rustig terug en net by die kampplek verby skrik ek toe ek sien wat in die pad aangaan. DirtyXT se fiets le op sy sy….en hy en Eddie staan langs die fiets. Ek dog dadelik hy het ‘n plaas gekoop maar dit blyk dieselfde agterband gee weer probleme. Eddie se dinge is onder beheer en ons kan sleep solank….hulle is nou daar.



Paar foties van die pad uit van die dam







Die ou het bo op een van die draai gestaan en foties geneem soos ons om die draai gekom gekom het….Jup was voor…..en toe hy die GSA sien…slaan hy op sy bors van trots….hy het ‘n GS Eco Challenge t-shirt aan gehad…..he he…..hy het darem vir my gewaai op RatKas.







Pragtige huis in die middel van nerens......welige mielies wat groei om die grond naby sy huis...lyk na 'n ryk boer.







Een ding wat ek moet noem......die Basotho's en hulle ponies.....mense maar hulle het darem baie trots in hulle. Hulle trippel so skuins en die goed is altyd mooi geroskam en skoon. Respect. Die armgatte het 'n esel....of twee.  :3some:


Peak hour traffic op die brug….die een groep het ‘n hele SPCA vol brakke wat saam met hulle loop











Ons soek petriol vir my want ek gaan net net Ficksburg haal maar kry niks nerens nie.

Seker so 20kms van waar ons vir DirtyXT hulle gelos het wag die res vir ons langs die pad. Pragtige uitsig en ons staan en tjol praat en wag vir die ander twee. Darem nie te lank nie en ons hoor iets aankom. Ons het so uitsig oor die kloof en kan van ver af sien wie kom….of nie. Hmmmm…net een bike……Eddy sin…mens kan die Akro’s herken van ‘n myl af.





Hy stop en natuurlik is ons eerste vraag….waar is DirtyXT? On his way se hy.

Ons staan so rukkie en Jup vra vir Eddy…..wanneer is die laaste keer wat jy hom gesien het……en die oomblik toe hy dit vra….besef ek dat die antwoord….van kardinale (groot woord) belang gaan wees. Alle oge skuif na Eddy toe…….en sy antwoord…is nie wat ons wil hoor nie. I can’t remember……se hy.

Raait….nou later in die dag…..sou ek die oomblik oor en oor in my kop oorspeel. Die reel is……as jy saam met iemand ry…..en jy het enige vorm van tegniese probleme….en jy klim weer op die fiets….ry jy agter daai person…..of…jy hou daai person in jou oog…ten alle tye. Jy klim nie net op en moer weg nie. Jup begin bekommerd rondtrippel……rook nog ‘n siggie en se vir Lyn sy moet klim….hy gaan terug. Ek wil ook saam maar kannie…….nie genoeg juice nie.  Groot fout wat ons hier gemaak het…….ons het nie ‘n plan B bespreek nie. Dit sou ons almal later haunt in die dag.

Jup se ek moet rustig aanry….skaduwee soek dan stop ons vir ietsie om te eet……daai kospakkies lyk nogal belowend. So ons staan nog ‘n rukkie rond en ek ry dan toe rustig saam met die ander 3 bikes aan. Ons ry regtig baie stadig…..en by die groot berg waar jy afsak in die valley af stop ons weer. Ek plak ‘n Wortel sticker en ons neem foties.

El Mexicano neem peekchas



‘n Ouerige ballie met ‘n jong goose agter op sy 1200RT kom van onder af…stop…se hallo….neem ‘n vinnige fotie van ons en hulle sleep Katse toe. Ek soek nogsteeds skaduwee maar kry niks. Ek en Spikkels is nie tjommies nie….hy sal my doodbrand hier…..so ek ry weer rustig verder hier.  Ons gaan deur Pitseng en toe ons by Leriba kom se ek vir die res ek gaan vir Jup hulle hier wag by presies dieselfde garage waar hulle vir my gewag het……ek bedoel dis mos logies….Jup sal kyk as hy verbykom.

Ek parkeer vir RatKas in die skaduwee maar so dat ek die pad duidelik kan dophou. Indien hy net verby ry kan ek gou opklim en hulle vang. Na ‘n halfuur begin ek honger raak….daar is nie plek om te sit of iets nie…so ek staan maar net daar. Elke 5 minute word ek harass deur ‘n bedelaar of net nuuskierige locals wat net hulle koppe skud as hulle stop en staar. Check die mal ou…dink hulle seker……

Ek is te bang om my kospakkie uit te haal want dan gaan ek eers gepla word so ek vreet so skelm skelm  uit die topbox uit.

Nou is dit al ‘n uur…..en ons het ‘n halfuur gewag by die uitkykpunt………eeeish…wat gaan aan.

Na 2 ure is ek so vrek dors ek kry een van die local laatjies om vir my ‘n coke te gaan koop….want ek is te bang as ek gou in die shop ingaan…mis ek hulle. Nou begin ek regtig bekommerd raak. Allerhande goed gaan deur my kop. As hulle probleem het met DirtyXT se bike…is daar niemand beters as Jup om daar te wees nie. Ek kan nie regtig value add nie…maar in Hanover het Cave Girl vir my ‘n 17” (verkeerde size vir my bike maar hy kan werk in ‘n noodgeval) agter tube gegee vir my trip verder. Die hele trip het Jup dit by hom gedra maar vanoggend toe ons oppak toe sit ek dit in my bagasie. Jup het nie ander tubes by hom nie…..en by the looks of it….is DirtyXT ook dalk uit tubes uit. Eeeeish…….nou is ek ietwat boos dat ons nie gesels het oor daai plan B nie. Wat moet ek doen? Ry ek Ficksburg toe en wag daar of wat? Wat as iemand geval het en le in ‘n kloof erens en hulle sukkel met ‘n recovery…..mens of fiets? Of altwee. Wat as hulle net ‘n tube nodig het?

Na 2 en half uur besluit ek fok dit…ek gaan terug. Ry af in die straat…gooi petrol in…..baie aware indien hulle sou verbykom. Ek ry bietjie verder aan op die Ficksburg pad tot ek sein kry. Ek bel vir Jup….as hy verby is…..sal hy dadelik sy foon aansit….dalk het hy vir El Mexicano hulle in Ficksburg gekry wat meen hy sal weet ek is missing.

Voicemal. Ag moer. So hulle is nog in Lesotho.

Bel vir El Mexicano….voicemail. Dubbel moer. Ek het geen keuse nie…..terug dit is.

Draai om….terug deur Leriba en vat die pad. Nou is ek bedonnerd….weet nog nie vir wie nie…maar die…..is iemand se skuld….ek weet nog nie mooi wie om te blameer nie maar ek sal dit wel uitfigure ek dink.

Raait……so ek moet aware wees en uitkyk vir hulle indien hulle langs die pad staan…..laaste ding wat ek wil doen….is by hulle verby ry terug Katse toe. Soontoe en terug…..is 240km…..maar dis passe of note….en klein dorpies en kak……so dit gaan ‘n rukkie vat. Dis nou so 2 uur se kant….son trek al water.

Binne in my hoop ek hulle is op pad terug en sit nie nog langs die pad waar ons vanoggend was nie. Baie goed gaan deur my kop…..en ek maak my reg vir die ergste. Ek ry met ‘n hol kol op my maag….en dis nie van honger nie.

Net buite Leriba maak ek die krane oop……..ek moet my maatjies vind….basta….period. Ek onthou nog hoe ek net buite Leriba oor ‘n bultjie kom…..hoe die son wat nou al begin laer hang…..die bergkoppie vang en hoe dit mooi dit is. Dit is so lekker lang slap draai na links en ek hang so ietwat van die fiets af met my kop na links……verbeel my ek is Rossi vir ‘n oomblik. Ek staar kortliks na die mooi scenery……*sigh*….ruk myself reg en fokus op die pad.

Dit is nou die 3de keer in ‘n dag wat ek die pad ry….so ek gooi mielies….ek gooi tyres…..en ek gooi kole. Dis asof ek en RatKas in ‘n ritme kom en ek sleep……heeltemal te vinnig natuurlik maar ek is op ‘n mission. Ek dink vir ‘n oomblik ek moet my helmet cam aansit….ingeval iets met my gebeur…….sal mense darem weet hoekom…..maar ek is te besig met die bike deur die draaie en ek sleep net.

Ek is nogsteeds baie bekommerd maar onder die omstandighede geniet ek die pad soveel as wat ek kan.  Dit is bike heaven after all. Waar gaan ek hulle kry wonder ek heeltyd. Ek sleep al die pad op tot bo…nog niks nie.

Okay……so dis Katse dan toe…….en ek gooi weer. Ek reen papnat binne in die berg en moet dit baie rustig vat op die nat stukke. Dit hou op reen….en ek jaag al langs die dam af vir 50km pas op en pas af Katse toe. Ek gaan verby die plek waar ons vanoggend opgesplit het en ek los ‘n paar vloekwoorde binne in my helmet. Nou blameer ek vir Eddy….dit is alles sy skuld dink ek. Hoe kon hy vir DirtXT weg ry….die hele aborsie kon verhoed geword het. Ons kon al kamp opgeslaan het en rustig ‘n bier gesit en drink het……en hier jaag ek….soos ‘n man possessed…..in ‘n vreemde land….op soek  na my maatjies. Fok man.


« Last Edit: January 25, 2012, 02:46:10 pm by Carrots »
Vorige skoeters: XT660E, TL1000R, 2006 R1200GSA, 2010 R1200GSA 30 Years Anniversary, CRF450R, CRF450X, DRZ400SM, 950 Adventure, 990 SuperDuke (ISM) 2012 R1200GS Triple Black, F800GS, Wolskoeter!

Kaapse Jelly Tot!
 

Offline cocky

  • Ryyyyyy net ASFB.
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 4,314
  • Thanked: 176 times
  • DILLIGAF
Dit het lank genoeg gevat om klaar te maak.
Just because your past did not turn out like you wanted it to does not mean your marriage will not be better than you ever imagined it could be.
Die Kaapse Hoender!
 

Offline Heimer

  • Global Moderator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 12,948
  • Thanked: 152 times
  • Kan nie ALZ onthou nie
Jy skryf mooi Carrots.

Rou soos jy is  8)

Matriek getuigskrif 1979: ........... is 'n vriendelike seun met volop selfvertroue. Hy tree soms vreemd op. Die skool se beste wense vergesel hom.
 

Offline Kerritz

  • KTSSSSK!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,575
  • Thanked: 39 times
  • What a SUPER-loss....DAMMIT man!
Seker so 5 kilos voor Katse…..sien ek dieselfde 1200RT van vanoggend van voor af kom. Ek veminder spoed en waai met die een arm hy moet aftrek. Ek stop langs hom…stel myself voor en vra die groot vraag…….het jy my maatjies gesien Oom. Ja se hy…..hy het 4 bikers gesien vanoggend daar bo in die berg. Nee Oom…..dit was ek….ons groepie…..ek soek na 2 bikes….’n BOF en ‘m Yammie…….se asb vir my jy het hulle gesien…..nee….se hy…glad nie.

My moed sak tot diep in my Gaerne boots……dankie Oom…..hoe laat maak die grenspos toe? 6 uur se hy…dankie weer Oom….hulle ry. Dis nou omtrent 3 uur….as ek reg kan onthou.
Ek sit op RatKas……kop onderstebo. Wat de moer….doen ek nou. Daar is nie ‘n manier wat ek hulle in Leriba gemis het nie….daar is nie ‘n manier…wat ek hulle langs die pad gemis het nie…behalwe…as hulle langs die pad gesit het of iets….waar ek hulle nie sou kon sien nie. Nee….Jup is nie stupid nie….dit sal hy nie doen nie. Die Oom het gese hy kom van die Lodge af….daar is nie bikes daar nie….die laaste bikes wat hy gesien het……die hele dag lank…..was ons klomp. HDF is dit moontlik. Hy is Katse toe en terug……as hulle langs die pad gestaan het en punctures reg gemaak het….moes hy 2 keer by hulle verby gery het. Dit maak nie sin nie….glad nie…nie eens ‘n bietjie nie.

Groot sug……start vir RatKas…….draai om en sleep. Die Oom sien van ver af RatKas se oranje lig en hy maak plek en wys ek moet verbykom. Ek gaan by hom verby dat dit lyk asof hy parkering soek. My dankie se wave…..sou plek gemaak het vir die middelfinger…..as ek geweet het wat ek later sou uitvind. Nie dat dit enigsens ‘n verskil sou maak aan die uiteinde van die saak nie….maar ek sou net beter gevoel het.
Nou is ek nie net boos nie….ek is befok!! Totaal en al. En….baie baie bekommerd. Ek gooi weer mielies….tyres en kole…..reen weer papnat……

Raak weer droog en slab dit op die teer……maak twee stupid foute omdat ek nie fokus op wat ek doen nie omdat ek sit en dink aan “what could have happened” .....fokus Wortel......fokus! Hulle moet OK wees se ek heeltyd vir myself....hulle is honne....hulle sou 'n plan maak....makie saak wat gebeur nie.

Ek gaan Ficksburg toe ry……my foon aansit….sein kry en dalk spoor ek hulle op. Etter…..ek hoop hulle is OK. So 5 kilo’s voor Leriba spring hier iemand in die pad en waai verwoed. Fok…….dis Jup…..of DirtyXT….ek kan nie eens onthou nie. Ek veminder spoed….gooi my hande in die lug en se…..mother!@#$% binne in my helmet…..

Ek trek van die pad af en klim af…..hoe kan dit wees…..waar kom hulle vandaan? Jup stop my ‘n Windhoek in die hand….’n bewende hand…ek sukkel om die bier stil te hou. Kombinasie van die adrenalin seker en die blydskap dat ons mekaar gekry het. Ek is emotionally drained. Maar etter is ek bly om hulle te sien. My onderlip het amper begin bewe.

Blykbaar….daai lekker draai wat ek so gele en links gekyk het…is waar DirtyXT weer ‘n puncture gekry het. Hulle het my gehoor en probeer van die pad af trek maar ek is te vining verby en het na die ander kant toe gekyk. Ek kan maar net dink hoe hulle moes gevoel het toe hulle hoor hoe steek ek RatKas terug Katse toe….en hulle moes seker gewonder het….hoe ver ek gaan ry…voor ek weer sou omdraai. Hulle plan was…om te wag tot 4 uur….en dan te ry om die grenspos betyds oop te vang.

DirtyXT vertel hoe hy gaan koeldrank soek het maar op ‘n shebeen afgekom het en hulle en rustig langs die pad gesit en die kospakkies eet…..twak gepraat met die locals….en was bekommerd oor my….want Jup het geweet ek gaan jaag. Hy het ook nie genoeg petrol gehad om agter my aan te jaag nie….so hulle moes maar wag. All happy though….almal veilig….ek bewe nog….maar ons saal op en sleep grenspos toe.

Dit mag dalk ‘n lang en boring storie wees vir van julle…maar dit is belangrik om te weet waste emosies deur my gedagtes gegaan het…..hoe bekommernis plek gemaak het vir woede….en dan altwee en nog ander gevoelens tegelyk moet akkomodeer. Beter beplanning of kommunikasie kon dit alles verhoed het……maar nou ja.

Nou ne…….het ek genoeg twisties gery…..heeltemal genoeg.

Die split en die garage wat regs sit waar ek vir ure gewag het…………



Jup gooi juice by die garage….DirtyXT koop vir ons koeldrank en ek sit op die muurtjie en wag



‘n Local dude met shorts en plakkies kom na my toe en wil met my chat…..ek raak sommer bedonnerd…hy wil seker geld bedel. Toe nie….hy praat vlot engels en vra uit oor ons bikes etc…KTM vs BOF…..ek luister na sy behoefte en beveel ‘n BOF aan…veral in Lesotho waar petrol skaars is. Hy wil pillion etc en ver toer……defnitief ‘n geleerde man met moolah. Ek voel ietwat soos ‘n swaap…moenie iemand op sy baadjie takseer nie.


Chaos oppad grenspos toe maar altwee kante gaan baie vinnig en ons is deur.








Ficksburg van die kant af lyk maar na ‘n kakkerige plek. Jup soek koffie….en ons soek ‘n koue bier so ons stop by hierdie dodgy plekkie.



Ironies………….



DirtyXT wil braai…ons is nie rerig lus nie…maar toe ons onthou hy verjaar se ons die saak is reg. Ons gaan koop proviand ern terwyl ons in die shop is en die bikes oppas chat DirtyXT met een van die locals en hulle bevel aan om die kampplek by die dam so 5 kilos uit die dorp te gaan tent opslaan….die ander een is bietjie dodgy….soos die dorp ek dog.

Jup soek al dae lank mossels…..en ons kry sommer baie…he he….ek koop sommer oesters ook……en melkies natuurlik by die winkel.

Locals smeek vir geld en ek skeer gek met hulle wat gaan gom koop. Ons ry Spar toe en koop drank en charcoal en volg DirtyXT wat op sy GPS wat die plek soek. Na so paar wye draai stop ons buite die dorp en hy se die plek is 20 kilos aan.…..ons se dis reg…kom ons sleep…dis amper al donker.

Ons ry in en daar is niemand by die hek nie….maar daar is ‘n baie mooi dam en die plek lyk belowend.





Ek stop by ‘n klomp Indiers en vra hoe die dinge hier werk. Die dude in die Venture is gesuip uit sy bracket uit….hy se dis R150 per persoon vir die nag en ons kan sommer by hom betaal. I smell a rat……



Ek sien Jup hulle ry na die ander kant toe en ek volg hulle. Ek loop die eienaar raak en hy se dis R10 per person…..en R10 per bike. Bloody curry muncher….hy wou vinnig paar rand maak.

Die boer wil lank gesels oor sy buddies wat ook Adventure biking doen en hulle travels maar ek is moeg en gatvol en verskoon myself.



Daar is blykbaar warm water en alles…tot elektrisiteit as ons wil he. Ons kies elkeen ‘n lekker spot en begin kamp opslaan.



Terwyl ek my stretcher opslaan….kom Jup met die mossels en Tuc biscuits aan. Hy sit op sy stoeltjie……ek op my topbox…..DirtyXT staan rond by ons. Ons verorber die kos…drink ‘n Savanah of twee en begin die vuur aansteek. Jup kom tot die redde met die vuur en ons eet soos konings. DirtyXT is nogsteeds sonder ‘n tent maar hy bou vir hom ‘n bivvy…..of iets.

He he.





More is dit huistoe vir my…Jup en DirtyXT gaan verskillende roetes ry maar hulle het nog twee dae op die pad. Ek slaap soos ‘n baba….ek is die tent en die stretcher mooi gewoond nou.
« Last Edit: January 25, 2012, 02:50:32 pm by Carrots »
Vorige skoeters: XT660E, TL1000R, 2006 R1200GSA, 2010 R1200GSA 30 Years Anniversary, CRF450R, CRF450X, DRZ400SM, 950 Adventure, 990 SuperDuke (ISM) 2012 R1200GS Triple Black, F800GS, Wolskoeter!

Kaapse Jelly Tot!
 

Offline Kerritz

  • KTSSSSK!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,575
  • Thanked: 39 times
  • What a SUPER-loss....DAMMIT man!
Ek het vergeet om te se....die Oom het toe vir Jup en DirtyXT gesien langs die pad.....so die suurstofdief het seker maar net vergeet.....hence my remark oor die middlefinger!!
Vorige skoeters: XT660E, TL1000R, 2006 R1200GSA, 2010 R1200GSA 30 Years Anniversary, CRF450R, CRF450X, DRZ400SM, 950 Adventure, 990 SuperDuke (ISM) 2012 R1200GS Triple Black, F800GS, Wolskoeter!

Kaapse Jelly Tot!
 

Offline Veldbrand

  • Super Saaiber Slet
  • Vendors
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,691
  • Thanked: 2 times
  • Hou die blink kant in!
    • Koedoeskloof Country Lodge
Mooi geskryf, nca voudies en lekker trippie Roots.
Maar kry nou klaar toe, een of ander tyd moet ons begin werk....


Co-ordinates: S33 30.300 E21 10.258  http://www.koedoeskloof.co.za/  facebook - Koedoeskloof Country Lodge, Dwarsrivier, Ladismith, WC
Life is like hitch hiking, just when you think you're not going to get a lift, you don't.
 

Offline Frannarossi

  • Vendor
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,635
  • Thanked: 6 times
  • karoorooster@gmail.com
Die RR is soos daai een van Weskus hulle in Angola.Ek wil nie he dit moet ophou nie!
If you don't live on the edge,you take up too much space!!!
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,209
  • Thanked: 478 times
  • WAT KYK JY
                                                                            Woensdag – 4 Januarie2012

Die plan sou wees om vandag die 60km grondpad Thaba-Tseka toe te vat, petrol in te gooi, en dan die  A3 Maseru toe, om dan vanaand erens in of naby  Ladybrand te kamp. Ek weet dis ‘n bittere kak stuk pad Thaba-Tseka  toe, wat die stopsels uit jou tande losstamp, maar vir een of ander rede dink ek dis teerpad vandaar Maseru toe. Ek het gehoor lg. is mooi, met ‘n klompie lekker passe. Ek wil ook graag die pad ry, want dan sal ek al die hoofpaaie van Lesotho gery het,  behalwe die A4 Suid, van Makhotlong af Tele-brug toe.

So tussen deur gisteraand se kuier hoor ek dat ‘n groot deel van die A3  grondpad is en, wragtag, my kaart sê ook so. Na ons ons gister so misgis het met die ‘teerpad’ , wil ons vandag ‘n kort rydag maak en hoewel die beplande afstand nie ver is nie,(in normale terme) weet jy nooit wat Lesotho vir jou gaan opdis nie. Ons is nie weer lus vir ry-en-kyk  maar wat jy kry nie. Ons is bietjie gatvol.
Henry- hulle gaan die pad onder om die dam, waarmee ons gister hierna toe gery het, terugvat Leribe toe.  Ons weet dis goeie teer ! en so 160km  Ficksburg toe. Ons kan net na middagete daar wees, al vat ons ook hoe ons tyd. Goeie plan. Ons kokus bietjie en besluit ons sal ook so maak.

Carrots wil weet hoe laat ry ons dan ?

“Net soos jy se ons is reg” sê ek.

“Mors jy nou weer met my soos op Hanover ?’

“Nee, as jy se dan ry ons, ons kan in elk geval eers die  kospakkies na half nege kry.”

Hy’s baie tevrede. Uiteindelik is daar bietjie genade.

Leejay het gister las gehad met  ‘n slow-puncture en so tussen vanoggend se pakkery gooi ons ‘n spanpoging en maak hom reg. Iemand sweet en onwetend word die tjoop geknyp.

Agt uur is ons,  sonder ‘n woord, reg om te ry en daar word gou ‘n spanfoto gegooi. Links is Henry en regs is Leejay.



Ek, Lyn en Carrots groet die ander(Brian en Eddie het intussen opgedaag) en ry Lodge toe vir ‘n koffietjie en om ons kospakkies op te tel. By die Lodge neem Lyn weer ‘n paar foties van die dam





Klaar koffie gedrink en ons vat die pad, toe ons hierop afkom. Leejay het weer ‘n papwiel, maar Eddie is by om te help en hulle sê als is OK.




Ons ry aan en klim die bult Nkaobee pas uit . Die uisig bly mooi.

Doer aan die oorkant van die damwal is so wit kolletjie waar ons gekamp het



Katse Village en Lodge



Bo op die pas hoop ons om petrol te kry, maar daar’s niks



Ander kant af





Oor die brug… pasop altyd vir die verkeer.





...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,209
  • Thanked: 478 times
  • WAT KYK JY
Party van die villages wat so teen die berghange sit is mooi…



… en ander lyk maar onnet.







So ent verder loop ons Henry en Brian langs die pad raak. Wonder wat hierdie kinders daar onder doen ?





Rook ‘n siggie en na ‘n ruk daag Eddie op. Ons kuier so rukkie terwyl ons vir Leejay wag. Hy kom nie aan nie en ek vra vir Eddie wanneer laas hy hom gesien het.

“Nee, ek weet nie”

“Bo op die berg by die petrol pompe ?”

“Watter petrol  pompe ?”

(Ai-jai -jai)

“Wanneer is die laaste keer wat jy seker is jy het hom gesien ?”

“Onder by die dam”

(FOKKIT ! )

Dis nie goed nie. Al ry hulle nie saam nie, was hulle tog saam, en dis seker logies dat jy uitkyk vir die ou agter jou. Leejay is ‘n Hond en ons weet nie wat hom oorgekom het nie. As jy ‘n ou vir 10 minute nie agter jou gesien het nie, wag jy ‘n rukkie en dan gaan soek jy hom(Twee sigarette vir my). Op die ergste is dit omtrent ‘n uur se ry dam toe waar hy dalk moeilikheid het. Dit kan die verskil tussen lewe en dood wees as hy afgekom het.

Ons weet nie hoever terug Leejay is nie. Ek het genoeg petrol, maar, oor die roete verandering, sal Carrots dit net van hier af maak tot by Leribe. Ek en Lyn sal terug ry en vir Leejay gaan soek, terwyl Carrots solank aanry tot waar hy ‘n koelte kan kry en wag vir ons vir brunch. Sien jou later, en ons groet die res. Ons is net so bietjie die moer in vir Eddie, maar dis seker nie sy skuld nie. Daar was vroeër afgespreek dat ons almal mekaar in Ficksburg sou kry om ‘n bier te drink op Leejay wat vandag verjaar(lekker verjaarsdag wat hy sou hê)

Ek jaag nie terug nie, want kom ons iets oor sal dit niemand help nie. So uur se ry later is ons weer teen die bult af, en amper onder by die dam, toe ek Leejay stadig sien aankom. Trek af en hy stop. Weer ‘n papwiel gehad na Eddie hom gelos het. Lyk met die oggend se sweet het hulle die tyre se bead seer gemaak en ‘n draadjie het toe weer gaat gesteek. Hy raak nou expert en tjop-tjop het hy die puncture reggemaak, maar nou wobble die bike en dit gaan maar stadig.

Ons check en die banddruk is laag. Pomp op… meskien weer slow-puncture. Ons sal ry en kyk.



Dit gaan maar stadig en by die volgende russtop sê Leejay die voorkant wobble sleg. Check die banddruk en dit lyk OK. Ek dink hy’s nou maar net bietjie sensitief oor al die kak wat hy tot nou al gehad het. Dit gaan maar so !

Weer oor die pas en ander kant af





Ons is al ‘n uur of so verby die plek waar ons vroeër vir Carrots gelos het  en daar’s nog geen teken van hom nie. Daar’s in elkgeval nie veel skadu nie … net een village op die ander.




Jy wil ook nie naby hulle stop nie want dan oorval die kinders jou “SWEETS” Waar hulle uitdop kon ons nooit uitpluis nie.

En berge… daars baie berge



Pitseng verby en so kilo of wat van Leribe af raak Leejay weer weg agter my. Stop, wag ‘n rukkie en gaan soek hom.(Ironies, Ek moes net om die volgende draai gery het, tot by die eerste  stop in die dorp, en ek sou vir Carrots gekry het. Maar so pluis ons dit eers later uit uit !)

Ons kry vir Leejay langs die pad… nog ‘n papwiel… die keer voor.



Trek af en sit hand by. Let nou op die pad wat daar teen die bult afkom.



Dis warm en die sweet loop. Ons vat ‘n breuk en tackle die kospakkies wat ons by die lodge gekry het.(daai R80.00 per pakkie, waarvoor ek wenkbroue gelig het, is nou ‘n bargain !) Dis so ent namiddag en nou so 3 of meer ure sedert ons laas vir Carrots gesien het.

Ek geniet maar die uitsig terwyl ek ‘n koue een saam die toebbie vat.


...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Firecoast

  • Besempilot!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,107
  • Thanked: 80 times
  • Mommy Fairy :)
Ai hoe jaloers is ek nou dat ek moes teruggaan Kaap toe!

Nice one Wortel en Juppie!
« Last Edit: January 25, 2012, 01:56:06 pm by Firecoast »
"Don't let your ice cream melt while you're counting somebody else's sprinkles."
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,209
  • Thanked: 478 times
  • WAT KYK JY
En dan hoor ek ‘n knor soos daai Katoom met ‘n kak spoed daai bult oor en af kom.



Ons is reg langs die pad, in sy gesigsveld, soos hy die bult afkom,… hy kan ons nie mis nie. Die Buffel staan lewensgroot daar op so effe bultjie. Hy verminder nie spoed toe hy ons al moes gesien het nie. Ons spring op, langs die kant van die pad, skreeu en waai vir hom.

VA-MA-MOOOOOS ! Hy jaag verby dat jy net ‘n swart streep sien. Wat nou ? As jy dan nou terug ry om ons te gaan soek, moet jy mos nou darem kyk of jy ons sien. Daai man sien fokkol… ek hoop sy beskermengel is nog jonk en vinnig genoeg om by te bly !

Lyn en Leejay reken ek moet spring en hom jaag. Daar’s geen manier wat ek  vir Carrots kan vang nie. Die man was ‘n Super-biker.

Ek kan tegnies ry, nie spoed nie.  En ek het ook nou nie meer genoeg petrol nie. Ons sal wag. So 60 km of wat terug is daar ‘n beheerpunt waar hy dalk sal vra na ons. Gee hom so uur en ‘n half. So nie, op die ergste,  jaag hy dam toe, kry ons nie en kom terug. Die default bymekaarkom plek is Ficksburg. Hy sal dus terugkom wanneer hy besef hy het ons gemis. Hy sal OK wees. So moet ek myself heeltyd vertel om nie rasend te raak nie.

Ons sit langs die pad en wag. Die wiel is nou reg. Die Villagers is nuuskierig en nie lank nie of Lyn maak vriende





Ons kuier maar die middag om. Leejay ontdek ‘n shebeen en ons het koue bier(al was dit ook nou Castle). ‘n Jong man van die Village kom vra of hy kan help en ons gebruik sy selfoon om vir Carrots ‘n boodskap te los, ingeval hy erens ontvangs kry en check.
Lesotho is ‘n gevaarlike plek om te jaag met jou bike.

Dit raak later en ons sit al ‘n paar uur daar. Ons reken as hy al die pad dam toe gaan behoort Carrots so teen 4 uur terug te wees. Ons vind uit dat die Ficksburghek 6 uur toemaak. Daar’s baie tyd. Leejay raak ongeduldig en wil he ons moet op Ficksburg gaan wag. Nee se ek, hy kan maar ry, ek bly net hier langs die pad sit. Ons wag.

Uiterlik is ek kalm. Ek ‘fake’ dit goed. Binne kook dit. As Carrots vandag iets oorkom is dit oor onnodige,  stupid foute wat ons  gemaak het. Elke nou en dan hoor ons ‘n bike, maar dis die CTX’s, met moer toe exhausts, wat die medic supplies rondry. Ons harte spring en sak dan weer.

Vier uur kom nader en ek worry diep. Ons het mekaar nie lank terug nie, net oor ‘n naweek ontmoet, en vlugtig leer ken,( genoeg om die trip saam te wou ry), en nou ‘n paar dae saamgery, maar die Honde- bond het sterk gegroei.

Mens kan ver teen die pad af sien en ek hou daai kolletjie,  waar ek verwag om die oranje lig te sien, dop dat my oe brand.

En dan sien ek hom… en my FOK, maar is ek bly ! Ons spring op en soos hy nog ver kom gaan staan ons in die middel van die pad en waai ons malle moere af. Hierdie keer gaan hy ons onderstebo ry, maar raaksien sal hy ons sien.

Dis nou maar moeilik vir ‘n ou om sy emosies te beskryf, want ons is mos tawwe Adventure Bikers … Bear Grylls en al daai goed. EK KON DIE MAN SOEN TOE HY STOP, maar ons volstaan toe maar met ‘n gay drukkie.



Hy’s poegaai… die sweet drup hom af en hy bewe soos ‘n riet van die adrenalien overload. Die bike se tyres is chewing-gum en die enjin snap-crackle-en- pop soos Rice Crispies. Met ‘n opgewonde gebrabbel probeer ons mekaar vertel hoe die ding gebeur het, maar daar word min kop uitgemaak. Later sou ons kalm om die vuur die dag se petaljes uitsort, want dit moes nie gebeur het nie. So sal Lesotho jou leer.

Toe Carrots voel hy’s OK ry ons deur Leribe toe, gooi petrol…



In die beboude platteland loop die dorpe aaneen en is almal maar morsig



… en vort na die grenspos. Ons is maar te bly om saam daar te wees.





Ficksburg is ‘n besige plek



Ons soek die middedorp dat ons by winkels kan kom en vooraad koop. Toe ek ‘n stop nader sien ek ‘n bord wat links wys en sê ‘business centre’ , sit my flikker aan, gooi ‘n rolling stop en  begin draai. Ek hoor ‘n brul en Leejay skiet aan my binnekant verby. (Sy GPS wys reguit aan). Dit was close en kon ‘n lelike ding gewees het. twatwaffle ! Ons kry ‘n pub en trek af vir die verjaarsdag bier. Voor ek hom kan bykom en mooi vertel met ‘n hoofletter ‘F’,  kak Carrots hom uit van ‘n dizzy hoogte. Los dit daar, dis verby. Drink ‘n lekker koue bier. “Get over it, and get on with it”



( Van Eddie-hulle is daar natuurlik geen teken nie. Sit seker lankal op Clarens met ‘n koue bier soos hulle plan was.)

Kos en bier gekoop, Leejay spoor vir ons ‘n kampplek op, en ons ry. Dit raak al weer skemer. Van die rusdag het daar net mooi niks gekom nie.

Ons ry nou al ses dae in geselskap. Die wat my Social Tour RR gelees het(???) sal weet hoe dit met my is.  Dit voel eng om my en ek soek spasie. Die kampplek(by een of ander dam) is mooi en daar’s baie spasie. Ons stop en ek vra vir Leejay gaan hy hier kamp. Ja, sê hy, en ek ry so hele ent verder af  en stop by ‘n lekker spot… toe stop hy langs my ! Nee man, fokkof en gaan staan daar bo. Verstaan die man dan nie. Gedweë ry hy maar toe weg. Carrots, altyd bedagsaam terwyl hy saam my en Lyn was, trek ook so ent weg af. Eish ! Kan ‘n man dan nie.

Slaan kamp op, skrop so bietjie rond en gooi ‘n kampvuurtjie. Dis ons laaste aand saam en Carrots het beloof hy gaan bietjie kuier. En ons kuier lekker. Gesels so oor alles, en die dag se gebeure, met ‘n gemoedelike stemming tussen ons. Dis lekker, die band wat so vorm as jy saam op die pad is en vir mekaar moet uitkyk.

Dit raak laat, tyd vir ons pienkmelkie, en toe kruip ons maar in. Dit was ‘n lang dag en ons het lesse geleer.
-   Jy split nie op nie. Probleem was Carrots het nie genoeg petrol gehad om saam vir Leejay te gaan soek nie.
-   Sorg altyd dat jy genoeg petrol het, jy weet nooit wat gaan gebeur nie, veral as jy plan verander.
-   Toe ons nou moes split, moes Carrots net daar vir ons gewag het. Ons moes mekaar nie verloor het nie. As iets weer        met ons gebeur het, het ons tenminste geweet waar hy is, om ‘n boodskap by hom te kry. Na ons vir Leejay opgespoor het sou ons ook gouer bymekaar uitgekom het. Hiedie was die groot fout.
-   Kyk waar jy ry, my FOK !

...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Pietcoke

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,984
  • "Wille Worcester Hond"
En so leer ons uit mekaar se foute uit. :o

Baie nice geskryf julle twee. :thumleft:
I don't know how to act my age.....I have never been this old before!
 

Offline arno

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,522
  • Thanked: 7 times
  • Toppie......Gooi Mielies!!
    • http://www.princealbertcycles .co.za
lekker Johan en Jup. Johan aka Carrots . Net ek mag hom Johan noem want ek en sy Ma het hom so gedoop.
Bly dit het goed afgeloop.
Op 'n stadium deur die RR het dit gevoel of ek 'n Deon Meyer lees !
Fietse van die verlede: BMW F800GS ,BMW 1150 GS, Honda 305 cc, Honda 400 FOUR, Honda 550 FOUR, BMW 600/6 , DR 650

Tans:  Trapfiets
 

Offline Kerritz

  • KTSSSSK!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,575
  • Thanked: 39 times
  • What a SUPER-loss....DAMMIT man!
Die RR is soos daai een van Weskus hulle in Angola.Ek wil nie he dit moet ophou nie!

Daai is legend stuff!!  :deal:.......maar ek is bly julle geniet dit!  :thumleft:...en ek wil ook nie he dit moet ophou nie.  :'(

Lekker Jup....nie geweet jy voel so oor my nie.....wonder wat gaan Lyn se!  :o

Sal vanaand my laaste dag probeer klaar maak.

lekker Johan en Jup. Johan aka Carrots . Net ek mag hom Johan noem want ek en sy Ma het hom so gedoop.
Bly dit het goed afgeloop.
Op 'n stadium deur die RR het dit gevoel of ek 'n Deon Meyer lees !

Fanks Pa!!  :thumleft:

@ Oupa Heimer....dankie....en gaan skeit jy sommer ook!  :imaposer:
@ Veltie..... :thumleft:
@ Piet......ja nee...it happens to the best of us ne! Solank mens net leer en nie dieselfde blapse aanvang heeltyd nie.  :deal:
@ FC.....ja jammer jy moes huiswaarts keer maar ons maak weer so.
« Last Edit: January 25, 2012, 02:58:15 pm by Carrots »
Vorige skoeters: XT660E, TL1000R, 2006 R1200GSA, 2010 R1200GSA 30 Years Anniversary, CRF450R, CRF450X, DRZ400SM, 950 Adventure, 990 SuperDuke (ISM) 2012 R1200GS Triple Black, F800GS, Wolskoeter!

Kaapse Jelly Tot!
 

Offline dirtyXT

lekker, mooi geskryf Jupiter. I was looking forward to THIS part... I was tired and thirsty in my defense, people usually only start calling me a twatwaffle after getting to know me better but Ill accept yours upfront.  ;-)

passing on the left at a stop is a cardinal sin I know I know. seeing as I was the only one with a GPS I figured that was my que to get in front. anyway long day on my arse in the sun fixing punctures. I head beer on the brain. alls well that end well luckily.
Bike history:
Ital jet 50 - sold, DT 50 - scrapped - AR80 - sold DT185 - confiscated  KDX250 - sold ZZR400 - sold KX500 - XT660R Swapped for R1 YZF R1 - sold - XT660Z - sold

 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 32,209
  • Thanked: 478 times
  • WAT KYK JY
lekker, mooi geskryf Jupiter. I was looking forward to THIS part... I was tired and thirsty in my defense, people usually only start calling me a twatwaffle after getting to know me better but Ill accept yours upfront.  ;-)

passing on the left at a stop is a cardinal sin I know I know. seeing as I was the only one with a GPS I figured that was my que to get in front. anyway long day on my arse in the sun fixing punctures. I head beer on the brain. alls well that end well luckily.

It was a tough day on all of us and I wanted to write it as it was. No need for apologies or excuses. Its the way it goes... what matters, is that it ended well  :ricky:
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline W1P30UT

  • 7.2kW Pilot
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 722
  • Centurion
Carrots, you think my 7.2kW will survive?
Love is the feeling when you like something as much as your motorbike.
 

Offline Soundboi

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,013
  • Ninja Style
Bra wortel dis befok man. Bleddie mooi geskyf julle twee!
But for me, it's like a night out with a porn star, every time I press that starter button. Schneller! Schneller! Tiefer! Ja, ich bin geil! Ich komme!  >:D

Current Bikes: BMW F800GS, BMW G650 X Challenge, PGO PMX 110,  Vespa Piaggio PX 150
 

Offline Soundboi

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,013
  • Ninja Style
Carrots, you think my 7.2kW will survive?

Yeh one time dude.
Saw 2 of them on route between Sani and Katse (the hard way not like the puffffters did it, on tar  :imaposer: )
But for me, it's like a night out with a porn star, every time I press that starter button. Schneller! Schneller! Tiefer! Ja, ich bin geil! Ich komme!  >:D

Current Bikes: BMW F800GS, BMW G650 X Challenge, PGO PMX 110,  Vespa Piaggio PX 150
 

Offline Marnus

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 969
  • Yeeeeehaaaa!
Lekker gelees - dankie julle!  :thumleft: :thumleft: :thumleft: