Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Gooi mielies..en tyres...babapoeier..10 minute...en serenity toer (KLAAR)  (Read 8395 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,937
  • Thanked: 413 times
  • WAT KYK JY
 :peepwall: Ek sal weer saam jou ry , maar ek skryf so waar as die donner nie weer 'n report saam jou nie.  :lamer:
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 30,251
  • Thanked: 564 times
    • dustriders.co.za
Dit was nou n gawe RR.
Dankie julle twee. :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline dirtyXT

thanks Carrots! just read your RR. mooi man! Lekker geskryf! Jupiter and Carrots you guys are legends...
Bike history:
Ital jet 50 - sold, DT 50 - scrapped - AR80 - sold DT185 - confiscated  KDX250 - sold ZZR400 - sold KX500 - XT660R Swapped for R1 YZF R1 - sold - XT660Z - sold

 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,937
  • Thanked: 413 times
  • WAT KYK JY
Dit was nou n gawe RR.
Dankie julle twee. :thumleft:

Hou vas, ons is nog besig  :deal:
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Soundboi

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,013
  • Ninja Style
Ja bliksim kom nou Mr. Carrots waar is die res??!! Huh!!!
But for me, it's like a night out with a porn star, every time I press that starter button. Schneller! Schneller! Tiefer! Ja, ich bin geil! Ich komme!  >:D

Current Bikes: BMW F800GS, BMW G650 X Challenge, PGO PMX 110,  Vespa Piaggio PX 150
 

Offline Dwerg

Ja nee hys vir 'n week lank in slaap stad en al klaar lui  :peepwall:
Current: KTM 690R
Previous: KTM 790ADV, 640ADV, 950ADV, 250XCW BMW F650GS Single, F650GS Twin, F800GS, G450X, R50/2 Honda CRF450X, CRF230 x 2, VFR400 NC30, Z50 Mini Trail Yamaha BWS100 x 2, LB80 Chappy
 

Offline Pietcoke

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,984
  • "Wille Worcester Hond"
Ja nee hys vir 'n week lank in slaap stad en al klaar lui  :peepwall:
Wat?..................het hy sy WORTELS uitgetrek? ::)
I don't know how to act my age.....I have never been this old before!
 

Offline Kerritz

  • KTSSSSK!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,565
  • Thanked: 37 times
  • What a SUPER-loss....DAMMIT man!
:peepwall: Ek sal weer saam jou ry , maar ek skryf so waar as die donner nie weer 'n report saam jou nie.  :lamer:

Loop skeit man....party van ons het 'n dayjob!!  :deal:


OK….so dis my laaste dag vandag op die pad.  :'(

Ek is sommer gemoedsbekak maar nou ja…mens moet seker bietjie huis toe gaan…na jou verantwoordelikhede omsien en bietjie weer gaan werk om geld te kry sodat jy op bike trips kan gaan.
 
En ek het rede gehad om gemoedsbekak te wees….want dit sou toe uitdraai…..as een moerse anticlimax. Die dag dit is.

Ek is vroeg al op….die res van die mense is nog doodstil in hulle tent en onder hulle bivvy…..so ek loop deur die kamp en gaan bekyk die dam en omliggende gebiede.





Ek kan sien hier kom ‘n goeie fotgeleentheid met die son wat agter die berg besig is om te styg…maar die wolkies wil net nie saamspeel nie.






Ons "bar" tafel vir die aand




Ek loop verder deur die kamp en hoor klokke bo teen die berg soos wat die bokke of beeste aangejaag word. Dit gaan seker die res wakker maak. Terug by kampplek en DirtyXT is klaar op en in die shower.

Hy maak koffie toe hy terug is en ons staan rustig en gesels oor wat ons planne is vir die dag en watse roetes ons gaan ry. Hy is tussen die boom en die bas oor hoe hy gaan ry en waste dorpies hy gaan besoek. Ek stel voor hy ry deur die klein dorpies en bekyk plekke waar hy nog nooit was nie.

Nie lank nie of ek sien Jup se tent begin beweeg en hy steek sy kop uit. Dit was seker die laatse wat hulle geslaap het op die hele trip. Hulle het twee dae om tuis te kom net sodat hy weer sy bike kan pak en op sy Zen toer gaan.

Hier is Mr Organised…… :peepwall: :pot:





Oorskiet braai vir brekka



Nou kyk ne…..ek is nou so 2 jaar besig met Adventure biking….maar ek is iemand wat al my lewe lank meeste van my tyd in die buitelewe spandeer. Het altyd saam met my Pa gaan stap…..party toere 5 dae selfs….MTB gery (probeer nou weer in die ding inkom)……4x4….visvang en sulke goed. Ek het nogals gedink ek kan redelik organize en so aan…..maar goeie genugtig…..behalwe my Pa het ek lanklaas iemand gesien wat so jacked up is soos Jup en Lyn.


Op my vorige lang trip met Cocky het ons in B&B’s gebly…so jy het minimum bagasie…geen tente, slaapsakke en al daai goed nie. Jy kom by die gastehuis…pak af…..was jou gat….vreet…drink ‘n paar biere en verkas kooi toe. Maklik ne…..jy moet net bike ry.

Dan reel jy nog met die eienaar om lekker samies te pak vir brunch….jy eet lunch by ‘n restaurant en dan begin dit weer van voor af. Baie lekker en gerieflik….maar pricey….en eintlik nie true adventure riding nie.

So toe Jup se hulle kamp net was ek nogal gretig om dit bietjie te explore. Dansky Darkhelmet het ek ‘n lekker tent en stretcher gehad…..en dis al wat ek ekstra gepak het in vergelyking met ‘n gewone B&B trip. Ook maar lekker fokken stupid ne.
 
So dit was ietwat van ‘n ontnugtering toe ons die eerste dag stop vir brunch langs die pad…..en ek het boggerol om te vreet…of om te drink.

Ek het soos ‘n regte poephol gevoel….ek het uit die aard van die saak….glad nie my beplanning goed genoeg gedoen nie.

Van daar af leer ek toe nou ook van kos (mossels, beskuitjies, Spar boksie pastaslaai, ingelegte vrugte en caramel vla, daai nuwe chicken mayo sakkies wat mens net op ‘n roll sit of iets) saamry en voorberei vir die tipe trippies.

Jup was seker geirriteerd aan die begin maar ek het baie geleer. Inteendeel…..of jy nou in ‘n B&B slaap of nie….ek sal defnitief nie weer ry sonder ten minste een maaltyd saam met my op die bike nie…en genoeg water natuurlik. Mens weet nooit wat kan gebeur nie en jy is gestrand langs die pad vir die nag. Veral in ‘n plek soos Lesotho of Namibia.

Dankie Jup en Lyn dat julle so mooi na my gekyk het en nie julle moere gestrip nie. Ek het klaar jammer gese so ek gaan dit nie weer doen nie.  :3some:

Terwyl ons koffie gedrink het by Katse….het ek hom ook uitgevra oor hoe hy budget vir die tipe trips. Tussen hom en Lyn…kom hulle oor die weg met so R 700 per dag. Dit sluit alles in. Let wel….ek se alles. Kos, petrol, drank, kampplek…you name it. En dit is vir 2 mense. My en Cocky se trip het ons amper R 1 000 per dag gekos…..per persoon.  :patch:


So die kamp is iets heel anders….ek dink die ideaal is om so elke 4de dag of so ‘n lekker bed te slaap en ‘n plek te he waar jy kan wasgoed was ensovoorts.

Die ander tyd…kamp jy. Behalwe natuurlik nou as jy geld se baas is….maar dit gaan nie net om die geld nie. Jy raak jou daaglikse routine vinnig gewoond….tent opslaan….strectcher….slaapsak regsit…koplig op voor dit donker word en natuurlik die teenoorgestelde in die oggend.

Ek haar dit om tent op of af te slaan in die reen en modder. Ek dink almal doen…so jy gaan dit seker kry of een ander tyd maar dis nou maar wors ne. Cowboys don’t cry.

So wil jy vir ‘n week lank bike ry en in ‘n B&B bly…of wil jy 2 weke of langer ry….en kamp. Maklike antwoord vir my. En ek verwys nou meer spesefiek na die finansies aspek.

So…ek het baie geleer en Jup en Lyn het nou al mooi ‘n systeem uitegwerk van wie doen wat en waar hulle wat pak. Dit werk soos ‘n droom….en dit het jare en jare gevat voor hulle gekom het waar hulle nou is. En…ek is seker hulle eksperimenteer nog met ander idees…so mens hou nooit op met leer nie.

Maar bewaar jou siel as jy of tyd met Jup se systeem lol…..he he….hy is skoon heeltemal verbroureerd en weet nie wat om met homself te doen nie…Katse dam was ‘n goeie voorbeeld.

So na my trippie het ek ‘n lysie gemaak van alles wat mens nodig het om gemaklik te kamp en ek gaan seker maak ek is meer voorbereid vir my volgende trip. Fanks Jup!

DirtyXT is vroeg klaar gepak…..hy groet en vat die pad. Terwyl Jup besig is om koffie en brekka te bou gaan stort Lyn en ons gesels twak oor die trip en wat nog voorle.

Ek kry my gat ook in rat….pak op…groet met amper ‘n knop in die keel…..en verkas.

RatKas reg en gepak...



Bye bye.....



So deur die loop van die oggend het ek vir El Mexicano ‘n sms gestuur….ek weet hy wou in Clarens gaan slaap so ek se toe vir hom 10:00 brekka by die brouery. Hy het dadelik reply en gese dis reg.  :thumleft:

My plan was om teer te sleep via Fouriesburg tot daar…brekka te hap en dan soveel as moontlik grond te sleep tot in Peetown. Ek het met Dwerg gereel dat hulle so 4 uur se kant by Barca my terug sal verwelkom met ‘n koue een of twee en ek het nogal uigesien om die res van die Rebels weer te sien.

Lekker grondpaadjie weer uit to op die teerpad met ‘n moerse mooi ou brug.





Die keer…het ek Ficksburg  ingery van die anderkant af…..en ek trek terug wat ek gese het….dit is toe nie so kakkerige plek nie. Baie gastehuis bordjies en skoon en netjies orals. Ek neem aan baie mense kom slaap hier oor voor hulle Lesotho binnegaan.



Lekker kuierplek ook…as ons dit gister geweet het…het ons defnitief daai dodgy plek ‘n mis gegee. 



Ek het seker nie gefokus terwyl ek gepak het nie want die stukkie grondpad het my dry-bag losgeskud so toe ek petrol ingooi moes ek weer behoorlik pak en vasmaak.



Ek is by Fouriesburg verby waar ons lekker gekuier het op die Vrystaat bash en ek vergaap my altyd aan die veruklikke landskap en berge van die OFS.



My eerste paar jare voor ek skool toe moes gaan het ons in Harrismith gewoon en ek het gedurig by my Pa se boer vriende gekuier op plase tussen Kestell, Warden en Betlehem. Die Vrystaat is een van my gunsteling provinsies……naas die Kaap natuurlik.

Ek is mal oor trekkers.....



Ek kry twee BOF’s van voor af….twat suits and all en die bikes blink. Ek onthou vaagweg iets wat DirtyXT gese het van hy het die twee ouens gekry….altwee rooi GS’e….presies dieselfde kit en alles…wat nie grond wil ry nie. Ek grin lekker by myself….en neem aan dit is dieselfde ouens.



Die paaie in die mooie Vrystaat is maar gehawend en ek wonder vir ‘n oomblik waarheen ons land op pad is. Nee donner…..ek wil nou nie my trip bederf nie en ek fokus op die landskap en neem soveel in soos wat ek kan.



Net buite Fouriesburg kom ek oor ‘n bultjie….sit seker op so 140km/h…….twee groot duiwe sit so net links van die witstreep in die pad. Hulle skrik en vlieg op…..die een sleep links….en die ander een regs.

Ek is nou op hulle amper….en die een regs besluit seker dit was ‘n kak move of iets….want hy swenk skerp….maak ‘n u-turn….. en probeer sy maatjie volg. Altwee van hulle is nog besig om altitude te kry…..en ek sien dit in slow-mo….hoe hy reg voor my invlieg.

Hy is nog laag…so ek skiem hy gaan RatKas slaan seker op die lig of iets….maar op die laaste oomblik kry die spartelende duif se vlerke airtime en hy kom reg oor die screen.….reguit…..vir my helmet visor.

As hy my op my helmet visor…en onder die peak slaan….kan dit messy wees….hy kan die visor breek ook of iets…en ek kan dalk die fiets omdonner as ek skade in my gesig het…..of nie kan sien waar ek ry nie…veral teen daai spoed.

So op die laatste oomblik…..knik ek my kop vorentoe sover ek kan….en probeer my kop so diep tussen my skouers intrek as wat ek kan.  :o

KADWA!!!!!!!!

Dit voel of Ernie Els met sy Big Bertha ‘n dryfhou teen my helmet afgeslaan het soos  wat hy die bokant van my peak slaan en teen die Go-Pro bracket waar hy vasgemount is. Dis ‘n heavy slag…..maar hy is gelukkig oor.

Ek skud my kop…..en loer vinng na die die spieeltjie…..sien net vere en ‘n poephol. Ek voel dadelik bo op my helmet …….bliksem….my kamera is nog daar…..ek kyk na my glove en sien die evidence is daar….duif….is moer toe. Sorry ne.

So die wat bekommerd is of jou Go-Pro gaan afdonner of nie….moenie bekommer nie. As hy reg opgesit is…..sit hy soos honnestront in ‘n polisiejas.

Weet nie of dit goed of sleg is dat my helmet cam nie aan was nie. Ek het al ‘n paar keer ‘n voel getref maar dit was mossies of sulke goed en teen baie stadiger spoed. Dit is nie rerig so erg nie….maar jy kan moeilikheid op jou hande he….as jy hom op die verkeerde plek tref…en jy skrik dalk of iets of kan nie sien nie soos ek vroeer gese het.

My Pa het my vertel hoe hy een slag toe hulle terug gesleep het van Durbs af….’n tarentaal op die bors gekry het. Hy was ok….maar hy het omgedraai….die groot voel gaan optel en hulle het hom daai aand geeet. Ek dink nie lank daarna nie het hy sy bike verkoop…hy kan my reghelp….dink dit het te doen gehad met die gevaar en klein kinders. Gelukkig is hy nou weer op die fiets.

Clarens se berg…….ek luuuuve die plek!  :3some:



By die brouery aangekom moes ek eers bietjie kak en hare van my helmet skoon maak en na dit het ek ‘n “Blonde” bestel.


 
Jong laatjie wat daar werk sien ek is besig met die helmet cam en hy kom vra paar vrae. Hy ry MTB en ek gee hom die pros en cons van die Go-Pro.




Dit is een van hulle lekkerste brouery en ek is weer dankbaar aan DeonDJ wat my die eerste keer na die plek toe gebring het.

Nie lank na dit nie kom El Mexicano daar aan op sy vintage Beember. Hoe hy met sy leer kit kan ry…deur Lesotho….weet net hy alleen. Hy het net om die hoek geslaap en sy helmet is vas aan die handlebars. Hy gee een groot fluit so in die ry vir 2 mooi cherries langs die pad en kry twee moerse smiles en ‘n skaam wave terug. Ek lag lekker…..regte cool cat! He he.  :imaposer:


Hy bestel ook ‘n “blonde” en ons vergelyk ons trippies. Ek vertel hom meer oor die Willehonne…wie ons is..wat ons doen…en wat dit vir ons beteken. Hy sit en tob oor wat sy forum naam gaan wees.

“Hey….El Mexicano…..it is the same name I use on our Microlight forum….that will be my name”

Ons tjeers op dit!!



Hy vertel my van sy plek naby Cullinan en dat daar baie plek is vir ry ens. Lekker ou….paar dae terug ontmoet en hier sit ons en gesels soos ou vriende……hy sal goed by die Honne inpas dink ek…..veral ons mal PTA Oos spul.

Ek som hom op as ‘n genuine ou…what you see is what you get. En klink asof hy al die wereld vol getoer het….dink hy het ‘n paar lekker stories in sy arsenaal.

Ek BBM vir SuperDave wat by die werk sit en vra hy moet roetes check op Google maps deur die Vrystaat en dan agter van Delmas se kant af terug Peetown toe….soveel grond as moontlik. Roetes wat  nie op  my kaart wys nie. Hy antwoord vinnig terug en ek is happy met die roete wat voorle.

El Mexicano se ek moet saam met hom Golden Gate gaan verken….ek dink vir ‘n rukkie oor dit en se toe nee….ek het dit gedoen op die Vrystaat bash…ek het nie te veel tyd nie….en ek moet 4 uur by Barca wees. En ek is gatvol en wil nou huis toe.
Tot my spyt ja……as ek geweet het wat vir my wag….het ek dit gedoen…oorgeslaap in Clarens….en eers die volgende dag huis toe gesleep.

Ons bestel elkeen een van daai klein barrels met 4 verskillende duitse worse in met lekker souse en en ons eet soos konings.



Ons groet en ek vat die pad……ry Golden Gate binne en verlusitg my aan die natuurskoon. Ek sien hier en daar wolkies opbou en en toe ek die ou sien van voor af kom…kurk droog en sonder ‘n rain-suite is ek min gespin.



Vorige skoeters: XT660E, TL1000R, 2006 R1200GSA, 2010 R1200GSA 30 Years Anniversary, CRF450R, CRF450X, DRZ400SM, 950 Adventure, 990 SuperDuke (ISM) 2012 R1200GS Triple Black, F800GS, Wolskoeter!

Kaapse Jelly Tot!
 

Offline Kerritz

  • KTSSSSK!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,565
  • Thanked: 37 times
  • What a SUPER-loss....DAMMIT man!
Tien minute later…ek lieg nie…tien minute…ry ek in ‘n storm in.

Eeeeish. Ek wonder of ek moet stop en my rain-suite aan trek maar dit lyk asof dit ‘n paar verdwaalde wolkies is…so ek sleep verder.

Ek ry verby die grondpad wat Kestell toe gaan want dit is net snot daar…..en besluit ek hou maar op die teer vir nou.

Dis op daai einste paadjie wat ek ‘n papwiel gekry het op die OFS bash met Boer se Dakar…..ons moes die bike toe eventually los in Kestell en Hentie het gereel dat dit recover word. Het toe eers ‘n ruk saam met Cocky gery en toe ons Grunt hulle langs die pad kry waar hulle wag vir ‘n recovery vehicle vir die ander bike het hy die storie so een kyk gegee en gese ek moet met sy KLR terug sleep.

Ek skuld hom nog ‘n bier vir daai een. So my slegte memories vir daai pad…tesame met die gietende reen het my besluit baie maklik gemaak.

Rukkie later skyn die son weer….net soos ek gedink het.

Ek sien Platberg aankom en truth behold…….dit pis weer.

In die gietende reen sien ek die pad Harrismith toe is toegmaak met bordjies wat detour wys. Se moer dink ek…..dit is seker net vir karre…ek sal sekerlik kan deurkom met RatKas. Sleep so 5 kilos aan en daar is die hele pad moer toe….eintlik soos in geen pad nie…..daar is net een groot sloot…..nee…..eerder soos in die Visrivier Canyon…..die hele pad is weg.





Die ou jaag sy beeste aan en hy wys ek kan met so modder sludge pad afry tot by die voetganger brug daar ver in die doerte en dan deur die township omry.



Ek bekyk die storie so…..besluit ek wil nie hier neer donner nie…..nie na so lekker trip nie en ry die 20km detour Harrimsith toe.
Poephol. Die borde is daar vir ‘n rede jou idioot.

Die reen hou weer op en ek ry ‘n ‘n kurkdroee Harrismith in. Feels like home almost. Ek gooi petrol in en chat met die petrol joggie. Gaan dit reen vra ek? Nee Meneer….hy moes al geval het……hy sal oorwaai. Ja etter….ek dink jy is reg…reken ek by myself…..hy het oor Golden Gate gewaai. Gmmmpf.


Wolke lyk nie bedreigend nie so ek los my rain-suite in die topbox. Tweede keer in ‘n halfuur wat ek weer ‘n poephol is.

Ek ry deur Harrismith……wil gaan kyk waar is ons ou kerk….sien eers hoe gehawend die ou stadsraad gebou…as ek reg kan onthou. What a disgrace…..dink ek…ek is sommer dikbek toe ek ek aansluit by die N3.




Ek hou die wolkies fyn dop……maar duidelik nie fyn genoeg nie. Hier en daar ‘n paar druppels maar niks ernstig nie…..en toe maak die sluise oop. Die verkeer is druk besig…..daar is nie ‘n brug in sig nie….so ek hoop toe maar dit is net vir ‘n klein rukkie en gooi mielies. Ek moes seker toe gestop het langs die pad en maar die rain-suite aangetrek het…maar ek is bang vir die groot trokke en dit pis klaar….wil nie op my laaste dag dood gery word langs die pad nie.


Ek gaan die Audi verby met ‘n KTM trapfiets agter op en ek kry die thumbs up van hulle in die reen. Maak die mislike toestand so ietwat beter en acknowledge die gesture met 'n knik van die helmet.  :3some:



Ek het al in erg wind ook gery….maar op een slag is daar eweskielik ‘n moerse rukwind van links af……gelukkig sit ek so in die middel van die linkerbaan. Dit is so erg dat ek moet fight om nie oor die witstreep te gaan reg in die pad van die aankomende verkeer nie. Dit voel amper asof RatKas le teen 45 grade……HAIBO!!!!  :o

Gewoonlik is dit net ‘n ruk of so…of ‘n wind wat jou buig en jou aanhou buig..….maar die was moer onverwags….en dit hou net aan…voel asof dit al hoe sterker word….en ek moet harder vashou en baklei. Seker so 300m….en toe hoe dit op. Gone! Goeie moer.

WDF dink ek. Ek kyk na links…en toe na regs.

Een moerse power station sit so 2 kilos van die pad af. Al wat ek kan dink….is dat die warm lug wat uit daai groot torings kom….’n vacuum skep van lug wat opstyg na bo…..en al die koue lug rondom dit….word gefeed en ingesuig deur die torings onder deur daai reuse airvents. Snaakse verksynsel……en ‘n eerste vir my.

So gaan dit aan…….reen…..hael…..reen….en dan weer sonskyn. Vier keer…..en elke keer is ek amper net droog dan kom die volgende sarsie. Fokkit…dis nie pret nie.

Ek onthou spesefiek ek het oor een bultjie gekom…..en een reuse grys massa masehare gordyn sien aankom….reg van voor. Donderweer wat blits…en soos die karre doer voor in die daai wolk inry…..almal met hulle hazards aan….verwdyn hulle net.

Yoh…….hier kom kak.  :o :deal:

Nou kyk…ek commute elke dag werk toe met ‘n bike…ek is nie bang vir reen of katpis nie…maar die is die ergste wat ek nog in gery het……ooit. Waar ek die laaste ruk nog so 100-110km/h gery het in die reen….sak ons af na so 30-40km/h toe. Ek kan sweet blou boggerol sien….hier en daar hazards van karre en dit voel asof my voorwiel aquaplane. Daar is nie ‘n manier wat ek kan stop hier nie…..hier sal ek moer toe gery word langs die pad……so ons byt maar op ons tanne en vat dit soos dit kom.
Na 5 minute…..is daar ten minste 2cm water in my Gaerne boots…..eerste keer ooit. En dit hou net aan…en aan…en aan. Ek is te bang om onder ‘n brug te stop……en is klaar soaked…so ek ry maar aan.



Sekere ouens staan seker al 3 ure onder die brug….want hy is kurk droog. Hy dink seker…..ek is befok in my kop of iets.



Nou sou my rain-suite nie eens meer gehelp het nie. Ek gaan weer babapoeier nodig he as ek by die huis kom……dis ‘n feit.

Plenty of this....wishy washy op die N3.....lekker man....lekker kak ja!!



So tussen Heidelberg en Alberton erens kan ek nie meer nie en ek trek af by ‘n Ultra City. Ook maar net betyds want daai Clarens duitse wors…..hou ook nie van die onweer nie.

Ek bel vir Dwerg en die plan is nog om by Barca te ontmoet maar my 3 uur Harrismith trippie….staan nou al op 5 ure…..en die donker loer ook om die hoek.

Ek wag vir so halfuur….en toe ek dink die ergste is oor….saal ek weer op en ploeter verder.

Daar naby die PPC fabriek hou dit eweskielik op en ek sing in my helmet van plesier. Behalwe die Katse dag het ons geen reen gehad op die trippie nie…..en hier kry ek…op die laaste dag…genoeg reen om van te kots.

Maar ek is veilig en ek gooi mielies….en tyres op die R21 verby die lughawe Peetown toe. Nou is ek nog blyer ek het van die grondpaaie afgebly. Ek het nog nie baie gehad nie….maar die….was by verre…die kakste dag wat ek ooit op ‘n bike gehad het.

By Barca aangekom…..wag Gryshond en Dwerg vir my. Ek park vir RatKas en soos ek nader loop…voel my voete soos ‘n papnat chamois binne in my boots. Daar is ten minste nog 3cm se water binne in.



Ek vat een groot lang teug aan my bier…..gepaardgaande met ‘n lekker diep salige en rustige sug.

Moerasvlieg, Shebangs….en JouPa kom maak ook draai. Dankie ouens…..die dag het darem goed geeindig.







So nou ja…..daar is hy. Ek kry my sleutels by Shebangs en sleep huis toe…….ek is nat en koud……en moeg….en mis my brak Oscar. Dankie Shebangs dat jy so mooi na my kind gekyk het…en my huis. Dit word opreg waardeer.

Die trip is tot ‘n einde. Ek sit met tonne en tonne se memories in my gedagtes en dit sou my ‘n hele paar dae vat om net weer normal te begin operate. Dit was amper soos een moerse mental en physical comedown…..asof daar ‘n vreemde leemte is wat jy nie vir iemand kan beskryf nie…maar dit is net ‘n aansporing en daai opgewondenheid oor die volgende trip wat dit beter maak.

Ek het nie een keer omgedonner nie….ek en RatKas is heel….ek het nuwe vriende gemaak…nuwe ongelooflike plekke gesien en gery…..en ‘n goeie bond met Jup en Lyn gebou. Dit was meer as net uit die boonste rakke. Dit was een vir die boeke.  :3some: :thumleft:

En dit…is die storie.

Dankie vir die wat gelees en gevolg het…..asook die wat kommentaar gelewer het.

Carrots  :thumleft:

Gooi Jup…….jy is mos nog nie klaar nie!
Vorige skoeters: XT660E, TL1000R, 2006 R1200GSA, 2010 R1200GSA 30 Years Anniversary, CRF450R, CRF450X, DRZ400SM, 950 Adventure, 990 SuperDuke (ISM) 2012 R1200GS Triple Black, F800GS, Wolskoeter!

Kaapse Jelly Tot!
 

Offline Dwerg

Hoe lekker gaan daai stukkie nou saam met my bier af! Goeies tjomma!
Current: KTM 690R
Previous: KTM 790ADV, 640ADV, 950ADV, 250XCW BMW F650GS Single, F650GS Twin, F800GS, G450X, R50/2 Honda CRF450X, CRF230 x 2, VFR400 NC30, Z50 Mini Trail Yamaha BWS100 x 2, LB80 Chappy
 

Offline IDR

  • <insert bias disclaimer here>
  • Administrator
  • Forum Whore
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Gauteng
  • Posts: 8,647
  • Thanked: 74 times
Great stuff dude - jy mag maar die taal praat.

:thumleft:
The three things you need to fix anything in the universe: duct tape, WD-40 and a hammer.  If it moves and it shouldn't, use the duct tape.  If it doesn't move and it should, use the WD-40.  Otherwise use the hammer.
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,937
  • Thanked: 413 times
  • WAT KYK JY
Eish ! Dis nou so mooi geskryf ek moet eers die tissues gaan soek  :3some: Moet eers bietjie edit en sal later post.  :thumleft: Net regverdig ook dat die ouens eers die skryf van jou geniet.  :biggrin:
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Moereloos

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 535
  • Thanked: 1 times
  • I am the chairman...
Uitstekende RR mnre. Wortel en Jup
Out of the gloom a voice said unto me, "Smile and be happy, things could be worse." So I smiled and was happy and behold things did get worse.
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,937
  • Thanked: 413 times
  • WAT KYK JY
As daar nou een ding is wat ek geleer het uit die trip en met die skryf van die RR's, is dat 'n ou 'n video kamera moet he... Jy't net soveel meer om oor lekker kak te praat  :imaposer: Thanks vir al die moeite met die skryf Jongman.  :thumleft:
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Heimer

  • Global Moderator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 12,876
  • Thanked: 142 times
  • Kan nie ALZ onthou nie
"verruklik" soos die oos vrystaat.  :thumleft: Ek hou van hoe jy skryf.

Nice ene Carrots. Terloops en dink daar sit steeds bietjie duifstront aan jou lens vas, Hy het so 'n bruin kol, links van die middel.
« Last Edit: January 27, 2012, 03:48:09 pm by Heimer »

Matriek getuigskrif 1979: ........... is 'n vriendelike seun met volop selfvertroue. Hy tree soms vreemd op. Die skool se beste wense vergesel hom.
 

Offline Brandt

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,496
  • Thanked: 1 times
Lekker gelees  :thumleft: Gooi so bietjie kamp tips daar asb.
 

Offline Heimer

  • Global Moderator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 12,876
  • Thanked: 142 times
  • Kan nie ALZ onthou nie
Lekker gelees  :thumleft: Gooi so bietjie kamp tips daar asb.

Carrots tip nommer een
: Maak vriende met mense wat kos gebring het

 :peepwall:

Matriek getuigskrif 1979: ........... is 'n vriendelike seun met volop selfvertroue. Hy tree soms vreemd op. Die skool se beste wense vergesel hom.
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,937
  • Thanked: 413 times
  • WAT KYK JY
                                                                          Die Kampery

Soos Carrots vertel klink dit nou na baie moeite. Ek en Lyn doen dit al vir so lank ons dink nie meer daaroor nie. Kamp opslaan en afbreek is deel van die trip - stap, kanoe, mountain bike ens. Oor die jare het ons geleer wat werk en wat is nodig om die lewe gerieflik te maak.  Ons is nie ‘Jacko’- kampers nie.

Toe ons nou begin DS bike ry het ek so bietjie gekyk hoe sort mens  dit nou. Ek het besluit gewig is nie ‘n probleem nie, spasie is die kwessie. Met ons ondervinding het ek na ons kampgoed gekyk en besluit op 65l Oxfords pannier sakke vir klere en persoonlike goed, en ‘n 50l topbag vir die kampgoed.  Daar was genoeg spasie op die bike om dit te laai. Op hierdie laaste trip, wat die eerste met die GSA was, het ons ook twee los 5l cooler bags gebruik wat op die panniers vasgestrap het. Die hele ding het goed gewerk. SWAMBO moet happy wees !

So lyk die bike toe hy gelaai is



Wat is dan in die topbag ?

Vierman Campmaster tent – Ons hou van spasie
Grondseil
Dubbel opblaas mattras
Twee slaapsakke
Sybokhaar kombersie
Pomp
Rubber hamer
Gasstoof
Borde, pan, bekers, sporks, braaitang, spicesens.
Med kit
Utility sakkie met goeters soos spaar batterye, badprop, naald en gare, ens
Opwasseep,  -poeier, handy andy, wasgoedlyn, pegs en sulke goed.
Tentlampie en koplampies
Borsel vir die stoffies
‘n Handoek om op die werk met die kosmakery
Twee opvou kampstoeltjies en ‘n braairooster word agter op die sak vasgestrap
Die coolerbags het altyd genoeg bier en kos vir so een en ‘n halwe dag.
En dis hoe ons oor die weg kom. Heel gerielik. Met tyd sort jou pak en roetine hom uit.

En so lyk dit as ons kamp opgeslaan is



Soos Carrots se is ek bietjie obsessive -compulsive georganiseer. Die tent gaan eerste op. Al die ander sakkies, toutjies,straps ens. wat gebruik word om goed bymekaar te hou, gaan in die tentsakkie in en word saam al die los kampgoed in die topbag gehou. Niks lê rond nie. Elke ding het ‘n plek, en elke ding word op sy plek gehou. Dis nie moeite nie… net roetine. Die wat Diensplig gedoen het sal verstaan…  ek kan in die donker kamp opslaan , of afbreek, pak en ry.

Om reg te kom daarmee moet jy ‘n kamper wees. Ek het al dikwels op lang trips, so na ‘n paar dae se ry, vir Lyn gese ons moet ‘n aand in akkommodasie oorslaap… nee, ons kamp !… ons is kampers.

En so rol dit maar.


...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline oo7

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: USA
  • Posts: 1,482
Lekker Carrots man. Jy mag nou wel `n kettingaangedrewe stuk Oostenrykse crap ry, maar jy kan darem `n lekker RR skryf. EN jy kom van die Oos Vrystaat af.

Jup - die matjie voor daai tent is effens skeef. 

Lekke manne!!
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,937
  • Thanked: 413 times
  • WAT KYK JY
Lekker Carrots man. Jy mag nou wel `n kettingaangedrewe stuk Oostenrykse crap ry, maar jy kan darem `n lekker RR skryf. EN jy kom van die Oos Vrystaat af.

Jup - die matjie voor daai tent is effens skeef. 

 Lekke manne!!

Jou mielie man ! Hy's gerig met die tentpenne, die bike se voorwiel en die boots  :imaposer:
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !