Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Gooi mielies..en tyres...babapoeier..10 minute...en serenity toer (KLAAR)  (Read 8456 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline madmax

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Rotax (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,365
  • Thanked: 14 times
  • I may be MAD but it MAX no difference
ek het hierdie rr so baie geniet, maar nous hy klaar  :-\   wanneer ry julle weer
fornicate the proletariat
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,997
  • Thanked: 432 times
  • WAT KYK JY
                                                                        Donderdag 5 Januarie 2012

Daar’s ‘n teensinnigheid in ons  vanoggend en ons draai. Die trip staan einde se kant toe, Leejay vat sy eie rigting, ons en Carrots split… hy ry van hier af Clarens om huistoe . Ons is traag om die samesyn te beeindig, maar ek sien ook daarna uit dat ek en Lyn vir twee dae op ons eie gaan ry.

Ons groet en ry. Ek en Lyn vat teerpad Sterkspruit toe en vandaar oor Lundeansnek. Ek het ‘n gedagte gehad om Wartrail te ry, maar dit reeds laar vaar. Ry-tyd vir die toer is op en dit gaan nog twee dae vat om by die huis te kom. My Social Tour wag en ek wou eintlik al vandag by die huis gewees het om Saterdag weer te ry Kaap toe.

Die teerpad is maar teerpad, en stukkend met slaggate, bietjie vervelig, maar tog lekker om na al die drama net lekker tydsaam deur die vlaktes te cruise.

Die grensddorpe is besige plekke. ‘n Jong man met bietjie vernuf, en ‘n goeie idee, kan met al die voete wat daar deurgaan, homself binne ‘n paar jaar ryk boer hier.

Sterkspruit







Ons vat die pad Lundeansnek toe oor Tyinindini



Dis ‘n besige gravel-highway wat so wentel deur die berge. Die feit dat ons van hier min fotos het om te wys getuig dat ons nou al moeg gery en kyk is, hoewel die wereld steeds mooi is.

Picnic langs die Telerivier. Serenity.



Oppad uit op Lundeansnek





Lundeansnek



Dis so middelmiddag en nog lank voor donker. Baie rytyd en ek het nog nie besluit waar ons vanaand slaap nie. Dis nog ver na ‘n teerpad toe en die laatmiddagwolke dreig. As dit reen vannag en ons moet more die grondpad ry gaan dit moeite wees.

Toe ek op my vorige trip berg afkom na Lundeansnek ontmoet ek ‘n paartjie en die tannie vertel my van Reedsdell. Ek stop toe en loer(dis so 2km van die Wartrail pad af) Dis ‘n plek met akkommodasie, maar mens kan seker daar kamp reken sy. Die ou wat die plek run, Chris Isted, was toe nie daar nie en ek was nie lus vir sukkel nie.

Hierdie keer hou ek stil en gaan doen navraag. Laat ons nou darem net eenkeer vroegaand aftrek en bietjie tyd het vir rondsit.

Chris is weer nie daar nie, maar ons ontmoet vir Memelo. Sy wys ons rond en na sy ons ‘n bietjie uitgekyk het se sy kom, sy sal ons ‘n mooi plek wys om te kamp. In die agtertuin van Chris se huis ! Ons kan sommer die kombuis en badkamer in die huis gebruik. Sy wys my die yskas met bier en se help jouself. Niks van betaal nie. Ek bel vir Chris… alles reg… R50.00 om te kamp ! WTF ? Hierdie is erg biker friendly mense.

Ek en Lyn het al baie getoer en kamp, en die is die beste spot wat ons nog ooit gehad het.







Die uitsig



Die loslopers kan nou maar se wat hulle wil, maar daars niks soos om ‘n trip met jou beste vriend te deel nie. Ek weet… ons doen dit al 31 jaar lank.



Die gebruiklike voorgereg, bier en gerookte mossels, met pasta vir aand ete



‘n Goeie dag loop ten einde en… die res hoef julle nie van te weet nie.
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 30,365
  • Thanked: 584 times
    • dustriders.co.za
Lekker Carrots man. Jy mag nou wel `n kettingaangedrewe stuk Oostenrykse crap ry, maar jy kan darem `n lekker RR skryf. EN jy kom van die Oos Vrystaat af.

Jup - die matjie voor daai tent is effens skeef. 

 Lekke manne!!

Jou mielie man ! Hy's gerig met die tentpenne, die bike se voorwiel en die boots  :imaposer:
:laughing4: :laughing4: :laughing4:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,997
  • Thanked: 432 times
  • WAT KYK JY
                                                                    Vrydag – 6 Januarie 2012

Nog ‘n lang dag le voor. Vandag is dit huis toe. Die trip het ‘n dag langer geduur as wat ek beplan het. More is dit afpak, skoonmaak, my solo gear sort, die ZEN bike reg kry, want Sondag ry ek op my Social Tour. Maar eers is daar vandag ‘n paar mooi paaie om te ry.

Ons is klaar gepak en ontmoet die eienaars van Reedsdell, Terry en Tessa Bower. Hulle het bietjie vakansie kom hou in die berge. Nou hoor ons die hele storie. Hier is waar die Rallye Raid die laaste drie jaar gehou is. Hulle wys vir ons die fasiliteite. Indrukwekkend. Hier is waar die National Bash die jaar gehou moet word ! (en ek het intussen die manne wat moet weet gese) Van die beste off-road in die land is ‘n dagtrip rondom Reedsdell.

Ons sort die geldsake met Memelo uit en vat pad. Ons ry Ladygrey toe oor Jouberspas. Eers is daar so lekker laaang grondpad  van Reedsdell af wat so gly oor berge en dale. ‘n Hele paar waterige, mosbedekte, sementdriffies ! Maar ek het geleer en daars nie weer drama nie.

Seker dat ons nou bietjie genoeg  gehad het, is daar nie meer veel foties nie. Lyn video met die I-Phone, maar ek weet dit nie. Heel pad teen Joubertspas uit… raak lekker mak. Die kamera is al die tyd in my sak, terwyl ek dink sy kliek.

Bo-op die pas



Die pad val soos ‘n Otis lift hier voor jou weg en daar in die verte lê Lady Grey



En dis die laaste fotie.

Lady Grey is ‘n mooi plek en ons eet ‘n lekker laat brekkie. Defnitief die moeite werd om daar ‘n draai te maak. Van hier is dit grondpad met die R392 Dortrecht toe.  Mooi pad deur ‘n ander soort Karoo.

Dis warm… bleddie warm, met so droë bergwind. Nie lekker nie. Nou wil ons net by die huis kom en die teerpad van Dortrecght af is oneindig. Ek raak slaperig en na Queenstown soek ons ‘n boom en rus ‘n bietjie.

Uiteindelik is dit verby. Ons kom half agt eers by die huis. Moeg en gatseer, maar baie tevrede.

Nou net die RR wat oorbly. Ek geniet om dit te skryf, want dan kan jy ‘n lekker trip weer ry… en wat ‘n trip. Goeie geselsskap en lekker paaie. Thanks aan ons ry-buddies en almal wat lekker saam gekuier het. Dit voel moer lank gelede om te dink die trip het op Hanover begin… Laasjaar.

Ons doen dit weer.


...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,997
  • Thanked: 432 times
  • WAT KYK JY
En dit my liewe Honde is nou dit... die RR is klaar... ek dink.

Ons vergeet dat dit nie net ek en Carrots op die trip was nie. Lyn was ook by en het haar ervaringe gehad. Ek het gevra sy moet iets skryf maar sy's traag. Sal maar sien. Ek wil ook die video laai teen Joubertspas op. Weetie hoe nie.

Thanks dat julle dit saam ons geniet het.
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Online Frannarossi

  • Vendor
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,627
  • Thanked: 5 times
  • karoorooster@gmail.com
Dankie vir julle moeite om die nice RR aanmekaar te geslaan het :thumleft: .Eks in vir die bash in daai geweste :thumleft: :thumleft: :thumleft:
If you don't live on the edge,you take up too much space!!!
 

Offline Pietcoke

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,984
  • "Wille Worcester Hond"
Jup ek het dit voorheen gesê, maar wil dit net weer beaam............Hierdie is die tiepe trippies wat ek al jare oor droom. Mens moet dit eintlik net gaan DOEN!

Dankie aan JOU en Carrots vir die lekker lees gatskop RR. Ek het BAIE notas gemaak, want by legendes soos julle leer ek baie.
Ek het al voorheen gesê dat ek nie bang of skaam is om 'n "BLOND" vraag te vra nie.......dis tog hoe mens leer.
I don't know how to act my age.....I have never been this old before!
 

Offline Gérrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Castrated Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 31,997
  • Thanked: 432 times
  • WAT KYK JY
Jup ek het dit voorheen gesê, maar wil dit net weer beaam............Hierdie is die tiepe trippies wat ek al jare oor droom. Mens moet dit eintlik net gaan DOEN!

Dankie aan JOU en Carrots vir die lekker lees gatskop RR. Ek het BAIE notas gemaak, want by legendes soos julle leer ek baie.
Ek het al voorheen gesê dat ek nie bang of skaam is om 'n "BLOND" vraag te vra nie.......dis tog hoe mens leer.

Ek wag vir jou dat ons kan gaan ry  :thumleft:
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,286
  • Thanked: 62 times
  • East London
Dankie Carrots, Jupiter & Lynn vir die lekker lees RR.  Elke woord is gelees en elke dag het ons saam met julle gery.

Voorwaar 'n plesier gewees.

 :thumleft:
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Pietcoke

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,984
  • "Wille Worcester Hond"
Jup ek het dit voorheen gesê, maar wil dit net weer beaam............Hierdie is die tiepe trippies wat ek al jare oor droom. Mens moet dit eintlik net gaan DOEN!

Dankie aan JOU en Carrots vir die lekker lees gatskop RR. Ek het BAIE notas gemaak, want by legendes soos julle leer ek baie.
Ek het al voorheen gesê dat ek nie bang of skaam is om 'n "BLOND" vraag te vra nie.......dis tog hoe mens leer.

Ek wag vir jou dat ons kan gaan ry  :thumleft:
Deal :thumleft:
I don't know how to act my age.....I have never been this old before!
 

Offline madmax

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Rotax (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,365
  • Thanked: 14 times
  • I may be MAD but it MAX no difference
awesome and now i have to stop day dreaming and remembering some roads i have ridden and some i would like to remembrr
thanks for the time to write and put pics.....
my only issue is carrots and his camera cos now all i want is one but my wife saiys im not allowed to sell her to raise funds  ;D
fornicate the proletariat
 

Offline Kerritz

  • KTSSSSK!
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,566
  • Thanked: 37 times
  • What a SUPER-loss....DAMMIT man!
Re: Gooi mielies..en tyres...babapoeier..10 minute...en serenity toer (KLAAR)
« Reply #151 on: January 29, 2012, 06:39:02 pm »
 :laughing4: :laughing4: :laughing4:

They are not that expensive.....the camera that is!!  :peepwall: :pot:

Dankie Jup vir jou bydrae.....om 'n behoorlike RR te skryf is harde werk en vat tyd....maar ek dink ek en jy sien dit in dieselfde lig. Dankie ook weer vir alles op die trip.....en die paaie en plekke wat jy ons op gevat het. Mens ry nie sommer met enige persoon nie.....veral nie op so lang trip nie. Maar na ons ontmoet het op Vioolsdrift het ek nooit bekommer nie. Dit is wiele met 'n P om saam met iemand te ry en jy voel veilig ten alle tye en jy weet altyd waar die ander persoon is......altyd op dieselfde plek....of dit nou voor of agter is.

Vir die res....ook baie dankie dat julle lekker gelees het en dit saam met ons geniet het. Mens moet ten minste 2 sulke trips doen per jaar. Dit was net 'n plesier om dit met julle te deel.  :thumleft:

Ek is vas met Sani2C training vir middel Mei met my Toppie.....maar Nambia roep al lank.....veral die onderste gedeelte....Keetmans, Mariental, Maltehoe, Swakop en so aan. Jup praat mos kwansuis van die 8 passe trip met Rhodes as basecamp.....kan interresant wees in die winter....so watch this space.

Onthou net.......gooi mielies....en tyres....soveel as wat jy kan.

 :bootyshake:
Vorige skoeters: XT660E, TL1000R, 2006 R1200GSA, 2010 R1200GSA 30 Years Anniversary, CRF450R, CRF450X, DRZ400SM, 950 Adventure, 990 SuperDuke (ISM) 2012 R1200GS Triple Black, F800GS, Wolskoeter!

Kaapse Jelly Tot!
 

Offline Gryskop

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Free State
  • Posts: 140
Re: Gooi mielies..en tyres...babapoeier..10 minute...en serenity toer (KLAAR)
« Reply #152 on: January 29, 2012, 11:18:37 pm »
Thanks Carrots, moerse storie en 'n befokte trip met fotos
BMW R 1200 GS ADV
Kawa KLR 650

Never fear the unknown!
 

Offline Soundboi

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,013
  • Ninja Style
Re: Gooi mielies..en tyres...babapoeier..10 minute...en serenity toer (KLAAR)
« Reply #153 on: January 30, 2012, 10:52:58 am »
Lekker bra, baie nice.  :thumleft: Thanx virri deel.
But for me, it's like a night out with a porn star, every time I press that starter button. Schneller! Schneller! Tiefer! Ja, ich bin geil! Ich komme!  >:D

Current Bikes: BMW F800GS, BMW G650 X Challenge, PGO PMX 110,  Vespa Piaggio PX 150
 

Offline W1P30UT

  • 7.2kW Pilot
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 722
  • Centurion
Re: Gooi mielies..en tyres...babapoeier..10 minute...en serenity toer (KLAAR)
« Reply #154 on: January 31, 2012, 09:29:04 am »
Baie mooi manne :thumleft: One day when Im big....
Love is the feeling when you like something as much as your motorbike.
 

Offline Thunderlinde

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 950 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,555
  • Thanked: 33 times
  • Bellville Breker
Re: Gooi mielies..en tyres...babapoeier..10 minute...en serenity toer (KLAAR)
« Reply #155 on: January 31, 2012, 10:38:14 am »
Baie interessante lees.  :thumleft:

KTM 950 Adv
Kawasaki KLR 650
Honda XL 125
 

Offline JFE

Re: Gooi mielies..en tyres...babapoeier..10 minute...en serenity toer (KLAAR)
« Reply #156 on: January 31, 2012, 12:05:25 pm »
Wat 'n verslag, mooi manne. Maak jou sommer lis om te ry - bakgat