dis lekker om na almal se favourites te kyk. lekker memories en trips, bikes wat mooi gelaai is, of net mooi vuil is.
ek het nie meer hierdie bike nie, en prentjies is al wat ek seker nog het van hom. op sommiges is hy gelaai, op sommiges is my verloofde by, maar hierdie een bly my desktop background nou al sedert augustus verlede jaar.
is dit die omgewing waar die foto geneem is wat dit doen?of lyk sommige bikes net altyd goed, waarookal hulle staan?
anyway, hierdie was n 2uur solo sprint een laatmiddag, laat winter, net buite Riebeeck Wes. seker my favourite.