690 INFO AND ADVICE PLEASE

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bossiekop

Pack Dog
Joined
Nov 21, 2010
Messages
221
Reaction score
0
Location
Durbanville
Bike
AJS (all models)
Okay, so hier gaan 'n lang storie en verduideliking.

Om te begin... ek verlang na my 530 erg. :(

Ek het vir my 'n 2010 690 Eduro gekoop met 905 kilo's op.

1. Vreeslik baie stallery aan die begin.  Oom Dougie hier in Bloem het die mapping saam met die 1000km diens sommer vir my gedoen, en die stalling is BAIE beter.  :thumleft:  Nog nie heeltemal weg nie though.

2. Ek is plaas toe met die yster en hier volg 'n paar goed waarmee julle moet help.

  a)  Die eerste wal wat ek jump ( nie baie hoog nie ) en my shocks voor bottom uit.  Daarna was ek te bang om te jump.  Ek is so 90km en so 1.78m.  Hoe gemaak??? ??? ???

  b)  My agterste veer is baie pap.  Ek sal hom harder moet stel. :deal:

  c)  Ons het gaan ry op grond paaie.  In totaal oor die 2 weke net so rondom 2000km.  Verste was 400 km per dag.  My gat was erg seer.  Dit voel asof ek op 'n 2duim windpomp pyp sit. :eek: :eek:

  d)  Ek wil my spoed op die oop pad verhoog met afname in rmp's en gepraat met PeetWeet - ek gaan voor 'n 16 tand sprocket opsit.  Ek ry nie regtig vinniger as 120km per uur nie, maar ek wil die fiets se persentasie krag en rpm's verminder sodat ek nie oor lang afstand bv 100km aaneen, hoë rpm's handhaaf nie.

  e)  Dan laastens - ek moet rally fairing opsit. Ek love dit  :drif!!  Watter is die beste?  Wat kos dit?  Wil as dit moontlik is dit self doen.

My slotsom is:  Ek hou baie van die fiets, en sal graag die nodige mods wil doen om hom vir my behoeftes aan te pas.  Dit is nou waar julle moet help !!

Thanks byvoorbaat.

 
Top