HOE LYK ONS DAMME NA DIE REEN.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Vis Arend

Bachelor Dog
Joined
Nov 14, 2010
Messages
11,811
Reaction score
2,012
Location
King William's Town
Bike
Honda CRF-250 Rally
Hierdie gaan ‘n klein RR wees. 
Siendende dat dit lekker gereën het hier in die Oos Kaap die laaste 2 dae , en dat my gat gejeuk om te ry en dat ek so bietjie morbied was omdat ek al 4 weke vrouloos is en Glen se ongeluk en, en……

Kom ons gaan kyk hoe vol die damme is na die lekker reën.

Oppad na Laing dam
100_3923.jpg

Laing dam van ‘n afstand af
100_3925.jpg

Die sekuriteitswag wou niks weet om my in te laat nie, ek kak soek gaan ek ook nie.
100_3926.jpg

Die volgende dam op my lys was Briddledrift dam.  Ek het geweet ek gaan lekker modder ry vandag, ek het net nie geweet hoeveel nie.  Die 6 km vanaf die teerpad na Briddledrift dam was ‘n modder massa.
100_3942.jpg

Ek weet nou nog nie hoe ek nie op die stuk pad geval het nie.    Die pad was pap getrap deur die beeste, die S10 se “traction control” het oortyd gewerk, haar gat was die wereld vol. 
100_3943.jpg

Hmm, lekker vol modder en vuil.
100_3940.jpg

Bridledrift dam
100_3937.jpg

100_3957.jpg

Nahoon dam was voldende op die lys.
So is die modder gepak en besig om droog te word.
100_3958.jpg

Nahoon dam
100_3957.jpg


100_3963.jpg

Nahoon damwal
100_3968.jpg

Hier het ek gestop en van die modder probber afwas van die bike.
100_3970.jpg

Die volgende stop was Wrigglewade dam.
100_3988.jpg

100_3991.jpg

So sou die grondpaaie die hele dag lyk.
100_3992.jpg

100_3993.jpg

Next stop was Gubu dam naby Stutterheim.
100_4013.jpg

100_4017.jpg

Daar is ‘n lieflike piekniek area, dit kan ‘n potensiale bash spot wees.
100_4014.jpg

Van Gubu dam was King Sandile volgende.  Hier is die begin van King Sandile dam.
100_4040.jpg

Oppad na King Sandile damwal
100_4045.jpg

King Sadile se oorvloei
100_4049.jpg

King Sandile dam
100_4051.jpg

100_4052.jpg

Voordat ek na die volgende dam sou gaan het ek gou ‘n draai gemaak by Hogsback vir ‘n brunch.  Hier is die begin van die woud.
100_4060.jpg

Toe besluit ek om eers die bike te was.
100_4065.jpg

100_4067.jpg

100_4069.jpg

Ek kom om die draai in volle vaart en die teef wou net nie draai nie.  Sy’s reguit sloot toe, nou ja, dit was die nagevolge.  Gelukkig geen skade aan my of die bike nie, net so bietjie winduit en nat.  Ek trek daar weg en die eerste draai daarna is dit weer reguit bosse toe, fook.  Die volgende draai dieselfde storie, ek stop, kyk wat gaan aan, hmm, voorwiel pap. 
Die water het lekker geval.  Dis nog oppad na Hogsback.
100_4071.jpg

Net voor Hogsback kry jy die naamlose dammetjie.
100_4072.jpg

In Hogsback het ek ‘n bruch genuttig en my wonde gelek, toe is dit weer op die pad na Tyumeriver dam.
100_4077.jpg

100_4079.jpg

Van Tyumerievier dam was dit Katrivier dam.
Oppad na Katrivier dam
100_4089.jpg

Katrivier dam.
100_4101.jpg

100_4103.jpg

Katrivier damwal
100_4107.jpg

100_4112.jpg

100_4115.jpg

Dis flippen scary om hier te wees, wetende dat daar massas water aan die anderkant van die muur is.
100_4116.jpg

100_4117.jpg

Oppad uit en terug na my huis.
100_4118.jpg


Al die damme wat ek vandag besoek het is meer as 100% vol.  Ieder en elk het oorgeloop.  Dit was weereens ‘n suksesvolle dag wat ek volgende keer met my vrou gaan doen.

Cheers.
 
Top