Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 'n Memorial trip vir Glen na Elliot en Bastervoet.  (Read 1172 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Veldbrand

  • Super Saaiber Slet
  • Vendors
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,691
  • Thanked: 3 times
  • Hou die blink kant in!
    • Koedoeskloof Country Lodge
'n Memorial trip vir Glen na Elliot en Bastervoet.
« on: February 12, 2012, 11:57:43 am »
Hier n kort storie van 2 ou bras op n mission uncompleted.
En dis alles Glen se skuld, die bliksem.

Met swaarmoedigheid oor Glen se heengane besluit ek en Dodo my tjom van 33 jaar om Woensdag middag so 13h30 uit Jozi te vertrek in die algemene rigting van Elliot vir Glen se begrafnis. Carrots, Soundboi en WipeOut is al vroegdag uit Pretoria en sal vir ons n bedjie rel. Dankie Roots.
Nie eintlik iets om na uit te sien nie maar siende dat ons nog net in groter groepe saam trips gedoen het was ek wel opgewonde om saam met my ou maat  bietjie te gaan ry en sommer die geleentheid te gebruik om die area te verken.
Maar ons het eintlik geen plan nie behalwe dat ons teen Donderdag middag 15h00 in Elliot moet wees.
Ons sal maar ry tot ons kis is f dit donker word en plan maak.
Raait, hyt vir my n slaapsak en ekt vir hom n spaar renjas en daar gaat ons.

Die een ding van n KTM SE is, hyt n 14 liter tenk. Kak idee.
Gelukkig het n vark so effe meer en Douw n pypie in sy pakkeraas.
Die sou ons die volgende paar dae gereeld gebruik...
Verder kla Douw sy agterbriek is nie lekker nie.

Ek haat n highway en ons besluit so on the fly om eerder die Vereeniging, Sasolburg, Heilbron, Lindley, Senekal, Marquard, Clocolan, Ladybrand, Hobhouse roete te vat tot by Wepener.
Dan dalk deur Lesotho na Mafeteng, Mohales Hoek, Moyeni en weer uit by Tellebrug na Lady Grey, Barkly Oos en Elliot.
Net voor Hobhouse op n lekker lang slap grond draai sien ek nie meer vir Douw voor my nie, maar siende dat hy so haastig is met daai bom dog dink ek hyt seker maar bietjie gas gegee en is al om die volgende draai.
In die draai hier agter n paar bome daar onder in die veld in n sloot is hy besig om om te draai na sy blerrie briek nie so mooi gewerk het nie, maar hy lag homself amper van sy bike af. Ek ook.
Daai sense of humour sou ons later goed te staan kom
Maar die tyd haal ons in en ons eindig op n kol in Hobhouse vir n petrol stop maar die dorp maak 5 uur toe. Die petrol pomp ook.
Amper n spook dorp soos soveel van die klein plattelandse dorpies deesdae, behalwe Douw vra my toe om te gaan kyk of daar nie dalk nog n vulstasie is nie want die SE het sy laaste nektar reeds genuttig.
Ek ry gou n draai en vind net een lig in die dorp aan. Dis toe natuurlik Trevies se ou huis wat omskep is in n kroeg.
Hy meen sorrie, daars geen ander pomp nie en die garage maak eers more 8 uur oop en nee, niemand innie dorp het petrol nie.
Ons sal nooit weet of dit waar was nie en f die manne net gesien het hoe dors ons is nie.
Anyway ons het gin verskoning nodig nie en kap sommer n paar dubbels.
Dis hoeka donker en die paaie in die Oos Vrystaat is voos. Nee, voos is n mooi woord. Fucked is meer apt. Baie fucked. As dit ren en die grond wat die provincial government gebruik om die potholes mee reg te maak modder word, sal my vark op sy sy verdwyn in daai gat laat net die een pot en dalk sy spieeltjie uitsteek, so ons besluit toe maar om daar te slaap eerder as in die nag verder te ry.
Lekker gekuier saam n spannetjie local boere en baie stories oor hoe hulle die gesteelde vee weer gaan trug steel in Lesotho.
Harde manne met deursettingsvermoe met metodes wat nie op n openbare forum genoem mag word nie en duidelik skrik hulle vir niks.

Donderdagoggend is ons weer 06h00 in die saal maar besluit ons het die heel Vrydag tot Sondag om trug in Jozi te kom, so ons sal eerder dan die scenic roetes wat ons beplan om te doen ry, en nou sleep Elliot toe.
Dit gaan n lang emosionele dag en nog langer nag word na die begrafnis en ons will eerder daar uitkom.
In Lady Grey stop ons gou vir n breako by The Grey Lady en die man daar hoor hoe ons praat van Douw se agterbriek wat nie mooi operate nie.
Nee meen hy, trek hom gou hier agter die garage in dan kyk ons gou.
n Paar minute later is die dorp se mechanic ook sommer daar en die brieke word gebloei, plannetjies word gemaak en die SE smile.
Vandaar gooi ons oor Joubert pas. Lekker nat en effe snotterig maar niks in verhouding met wat ons later sou tekom nie....
Dis darem mooi en hoe suider ons ry hoe mooier raak die landskap.
In Barkly Oos stop ons gou by die local en so lang maar meisie kom vra sommer wat my forum naam is.
Verstom vra ek hoe weet sy?
Nee, dis Bessie en het ons nie gehoor hoe hoot hulle toe ons hulle verby is net voor die dorp nie?
n Hond mis nie n poot agter op n top box nie.
Hulle is ook op pad van Bloem af om vir Glen te gaan koebaai kuier.
Daar sak die moed sommer weer maar ons moet aanstoot. Dis al 12h00 en ons moet skuur sodat ons darem Joubert pas se modder kan afstort voor die diens in Elliot.
Kyk eks nie n soeperbaaik fan nie maar ek kan my voorstel Barkly pas is enige rocket ryer se droom. Selfs met ons DS bikes is dit n jol en vreeslik mooi.
So paar honderd meter uit die dorp uit is die enigste sirkel in Elliot op die Queenstown pad uit.
Dis hy wat ons vriend gevat het en ek kry sommer n rilling en ek weet as ons by die gastehuis aankom waar Lynn werk en ons gaan bly gaan dit moeilik raak om die emosies in toom te hou.
Eks nie n oukie wie sulke pyn en verlies goed hanteer nie en as die kraan eers oop is....
In true Dog style is ons met groot smiles, hugs en bier welkom geheet deur die Honde wie reeds daar was.
Glen se moedertjie, tante, suster haar man en broer Smuggy was ook daar en van laasweek af toe ons almal die slegte nuus gehoor het was daar so n natigheidjie in my oog maar toe die tannie in my arms vashou, bars die wal.
So sad dat so n jong geliefde man so skielik geneem moet word.
Op die stoep is Soundboi oftewel Oros saam met Carrots besig om die laaste fotos vir die memorial service aanmekaar te flans soos a pro. Oros het vreeslik moeite gedoen om n PA en projektor af te ry en op te stel om die tribute vir ons almal te kan wys. Baie dankie boet, jys n yster.
Die res van ons staan maar ongemaklik en pyns oor die lewe en probeer sin maak van dit als.
Gelukkig is ons n hele klompie en ek is bly om n paar van die groot geeste van die Oos Kaap te ontmoet soos Edgy, Padrone, Drazil, DirtyXT, ThrottleJocky en J-Dog.
Firecoast is doenig om n crip note van n speech namens die Honde neer te skryf wat ek haar nie beny nie. Well done girl, youre not just any old girl you.
Die res van ons begin onwillekeurig suip. Sommer nog voor die diens.
Van die diens kan ek net s dat geen woorde van enige dominee of mens die verlies van so iemand soos Glen vir my kan regmaak nie. Die leemte bly en daars niks aan te doen nie.
Mens kan net hoop sy familie en vriende vind n manier om met die tragedie te leef.
So sterk soos sy is het FC maar met n dun stemmetjie gepraat en die montage wat Carrots hulle gemaak het het ons laat lag en huil maar dit was mooi en was n goeie uitbeelding van Glen en sy passie.
Ons het nog so ruk by die klubhuis gekuier en het toe n krans by die sirkel gaan ophang.
Almal is toe trug na die gastehuis waar ons met oorgawe die man se lewe gaan vier het. Dit was n lang nag met veel geskater en lang stories van ervaringe, trips en die lewe saam met Glen.
Die trane het minder geraak maar die nektar het gevloei....
Vaarwel my vriend, mog jy rus vind.

Na n goeie brkvis op die stoep is almal so streep-streep weer huistoe.

Jupiter kon dit ongelukkig nie maak nie maar het gevra ons moet indien ons Bastervoet gaan ry, asseblief vir hom ook solank n klip op die stapel heel bo op die berg sal pak tot hy weer eendag daar verby gaan.
Ek vra so ewe vir ThrottleJockey of ek dit sal maak met my 1150 GSA teen Bastervoet op.
Nee meen hy, geen problem. Easy.
Nou maar goed dan doen ons hom, ons is nou mos in die kontrei en het selfs tyd op ons hande maar daar hang so paar wolkies om die pieke van daai berge in die verte...
Na so bietjie van n gesukkel vind ons die regte afdraai net voor Ugie.
Ag seker so 4 kms verder nog in die dennewoude op die plat stuk pad glibber ons al in so n snotterigheid van die afgelope paar dae se ren. Die koeie wie daar rond wei se mis op die pad help natuurlik ook nie maar dis nog fun en n giggel.
Kort voor lank slet ek neer en Dodo moet trugdraai om te kom help om die potyster vark te kom optel.
Daar waar hy omdraai moer hy ook sommer neer met die SE en buig sy aluminium agter briek pedaal in n koeksuster in. Die ding het nie net opgebuig nie maar ook sywaarts en gedraai en is nou bo-op sy footrest. Na hy my help om die vark op sy voete te kry try ons die pedal regbuig. Nada. As gegiete aluminium eers gebuig het kan jy hom nie reg toor nie. Hy sit soos hy wil.
Nou ry die man met sy voet in die lug of op sy pillion peg as hy nie moet briek nie. Nie maklik nie maar Douw is n man wie hom nie deur sulke kleinigheidjies sal onder kry nie. n Man van staal.
Die snot raak al hoe erger en die wolke sak en dit raak donkerder maar dis mos nou nie so erg nie?
Ons stop op n kol by n Basutu se hut en leen n pyp om die footpeg te probeer regbuig maar buig inteendeel die pyp.
Fok dit meen Douw, ek ry hom so en daar gaat hy.
Ek trek weg en 5m verder slet ek weer neer. Classic fout van n voorwiel in een slym sloot en agterwiel in n ander en jy kry nie die bliksemse vark in lyn nie. Help ook nie om op die middelmannetjie te try ry nie, jy gly net sideways rens heen en gaan weer sloeg.
Die keer l die vark so half met sy bene in die lug en wys vir my sy pensie. Ek, op my dag, kan daai kilos nie meer optel as hy so vir my loer nie, so daar kom Dodo weer trug om te help en lag lekker vir my modderhol.
Na nog so twee keer se val begin die regte opdraende eers.
Bastervoet pad se gat. Dis nie n pad nie, dis n goeie aardrykskunde les van erosie met n berg vol boulders om te vermy vir good measure.
Nou ja, ek kan julle verveel met nog so 8 keer se gesukkel om die dronk vark op sy bene te kry en ons ry al 3 ure aan so 20kms.
Dis al 12h00 en ons is nie seker hoe vr ons teen die berg op is nie, die GSA raak nou ongemaklik swaar en dit begin drip.
Kort voor lank ren dit. Heavy.
Nou begin selfs Douw neerbliksem en ons sin vir humor raak bietjie dun.
Na hy vir die hoeveelste keer truggedraai het om my te kom help en self alweer neergeslet het vra hy: Het jy nou klaar geval?
Ek kon nie antwoord nie. Anyway te moeg.
Het enige iemand anders dit al gewaag om met n 1150 GSA daar op te ry? In die reen?
Almal het genoem hoe mooi dit daar bo is maar ons het niks van dit gesien nie. Nada, niks, nothing en f-all. Ons was in die wolke en dit nie van blydskap nie.
Terug af was nie meer n opsie nie. Ek sou nooit daai vark teen daai helling op daai snot kon inhaal nie so hier moet ons uit. Voorwaarts Christen stryders want ons het mos gedink ons ry gou die passie uit en gaan anderkant om Lesotho trug en nog vanaand in Himeville lallies. Mre dan verder huistoe. Easy peasymaar Jupiter het my gewaarsku.
So Douw het sommer sy sak met tent en ons slaapsakke saam met Carrots hulle teruggestuur om die pakkeraas ligter te maak.
Mmmmm, ons kan dit dalk net nodig kry op di berg vannaand...
Dit pis nou, my Zippo is droog, daai 50/50 Heidi van my is permanent n slick, dit raak ook effe koelerig, die vark vreet hom dik aan die modder en die tyd stap aan.
Ek dink die laaste opdraende van omtrent 30m voor ons bo uit is het ons so 45 minute gevat om te doen en is nie seker waar die bokant van Bastervoet eintlik is nie.
Ons kon nie eintlik veel sien in die dik mis nie maar op n kol het dit platter geraak en ek dink dis waar ons die klippe moes pak vir Glen.
Eks jammer Jupiter, maar kon teen die tyd anyway nie eers n klip optel nie, nevermind sien waar jy bedoel het nie.
Was net te bly dat die vark ophou sloeg het en het deurgedruk om uit die snot te kom.
Teen die tyd was dit al omtrent 17h00, ons gedaan en wou net rens warm, droog en veilig n lang Captain suig.
Net toe ons weer op die pad bo die Barkly Pas kom, begin dit so sous dat ons moet stop want jy kan nie 10m vooruit sien in die mis nie.
Uiteindelik kom ons in Barkly Oos uit vir petrol vir daai 14 liter tenk en vind ook n werkswinkel met n vriendelike oom wie help om die briekpedaal te probeer reg buig maar heelaas breek die ding met die gespartel. Nou ja, Douw maak n plan. Gate word geboor en n stuk flat bar word gebuig en siedaar n soort van pedaal word aanmekaar geflans. 100% beter as wat dit was en die SE is weer op sy kop.
Ons besluit toe met groot bravado om in Rhodes te gaan slaap en om die volgende dag Naudes Nek te gaan ry voor ons die swart slang aanpak Jozi toe.
In Rodes slaap ons toe by The Walk About. In die kroeg is stickers van Big Dom en Edgy. Dave Walker aan wie die plek hoort vra toe waar kom ons vandaan ens en kort voor lank pik hy ook n traan oor Glen. Glen het blykbaar gereeld daar gekuier en Dave skink sommer triple Jgers. Ons het seker nog voor 20h30 uitgepass. Kis, seer en blou. Daai potte van n GS is harder as been. Eks nou oortuig daarvan.

Saterdagoggend besluit ons dis nou genoeg en sal maar eerder Lundeans Nek oor tot by Tellebrug en dan Zastron tot in Bloem huistoe ry maar dis nog steeds na aan 850kms en sien amper op daarna.
Soos Douw s, sy gat is lam en mama se lippies raak nou ook dun.
Lundeans is beautiful en het opgemaak vir dit wat ons nie kon sien op Bastervoet nie.
Nie dat daar minder snot was nie...
n Paar noue ontkomings maar alles die moeite werd.
Van die pad tussen Wepener en Bloem en die snelweg Jozi toe kan mens nie veel vertel nie.
Daars wel n hele relaas oor hoe mens innoverend kan raak met jou sit posisie, baie smoke breaks vat en alles try in die boek om net een of ander sensasie van lewe te bewerkstellig in jou hol, maar dit ken julle almal.

Aan Glen wie die rede van die avontuur was, thanks Bro. Ill remember this trip with mixed tearful feelings and great dearness for the rest of my life. I didnt know you for long but you will be sorely missed by all who knew you.
Aan almal wie dit kon bewerkstellig om in Elliot te kom vir n laaste vaarwel aan Glen, dankie en dit was regtig goed om te sien hoe mense bymekaar staan in sulke moeilike tye.
Aan Dodo, my bra, vriend, tjaaina en tjom van so veel jare, sonder jou hulp sou ek dit nie kon gedoen het nie my broer. Jys n pilaar in my lewe. Groot dankie dit was 'n jol.

Hier n paar fotos maar moennie lag nie fokkers!
Dodo las by seblief, jyt baie beter pics as ek.
« Last Edit: February 14, 2012, 09:14:55 am by Veldbrand »


Co-ordinates: S33 30.300 E21 10.258  http://www.koedoeskloof.co.za/  facebook - Koedoeskloof Country Lodge, Dwarsrivier, Ladismith, WC
Life is like hitch hiking, just when you think you're not going to get a lift, you don't.
 

Offline Veldbrand

  • Super Saaiber Slet
  • Vendors
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,691
  • Thanked: 3 times
  • Hou die blink kant in!
    • Koedoeskloof Country Lodge
Re: 'n Ou vriend, 'n verlore vriend en 'n vark wat net wil rus.
« Reply #1 on: February 12, 2012, 11:58:55 am »
Nog pics.


Co-ordinates: S33 30.300 E21 10.258  http://www.koedoeskloof.co.za/  facebook - Koedoeskloof Country Lodge, Dwarsrivier, Ladismith, WC
Life is like hitch hiking, just when you think you're not going to get a lift, you don't.
 

Offline Veldbrand

  • Super Saaiber Slet
  • Vendors
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,691
  • Thanked: 3 times
  • Hou die blink kant in!
    • Koedoeskloof Country Lodge
Re: 'n Ou vriend, 'n verlore vriend en 'n vark wat net wil rus.
« Reply #2 on: February 12, 2012, 12:00:24 pm »
En nog pics.


Co-ordinates: S33 30.300 E21 10.258  http://www.koedoeskloof.co.za/  facebook - Koedoeskloof Country Lodge, Dwarsrivier, Ladismith, WC
Life is like hitch hiking, just when you think you're not going to get a lift, you don't.
 

Offline Veldbrand

  • Super Saaiber Slet
  • Vendors
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,691
  • Thanked: 3 times
  • Hou die blink kant in!
    • Koedoeskloof Country Lodge
Re: 'n Ou vriend, 'n verlore vriend en 'n vark wat net wil rus.
« Reply #3 on: February 12, 2012, 12:02:17 pm »
En nog meer pics.
Nou mag julle nie lag nie....


Co-ordinates: S33 30.300 E21 10.258  http://www.koedoeskloof.co.za/  facebook - Koedoeskloof Country Lodge, Dwarsrivier, Ladismith, WC
Life is like hitch hiking, just when you think you're not going to get a lift, you don't.
 

Offline Veldbrand

  • Super Saaiber Slet
  • Vendors
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,691
  • Thanked: 3 times
  • Hou die blink kant in!
    • Koedoeskloof Country Lodge
Re: 'n Ou vriend, 'n verlore vriend en 'n vark wat net wil rus.
« Reply #4 on: February 12, 2012, 12:03:52 pm »
Laaste pics van my af.
Dodo las seblief by.


Co-ordinates: S33 30.300 E21 10.258  http://www.koedoeskloof.co.za/  facebook - Koedoeskloof Country Lodge, Dwarsrivier, Ladismith, WC
Life is like hitch hiking, just when you think you're not going to get a lift, you don't.
 

Offline Laban

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Zero (all models)
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,361
  • Thanked: 3 times
  • "Ride my own Ride"
Re: 'n Ou vriend, 'n verlore vriend en 'n vark wat net wil rus.
« Reply #5 on: February 12, 2012, 12:42:28 pm »


Lekker een    Dankie Veldbrand!! :thumleft:
..."sometimes the people around you won't understand your journey, they don't need to, it's not for them"...Joubert Botha

...tie my own bootlaces
 

Offline TVB

  • Deleted Users
  • Grey hound
  • *
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: North West
  • Posts: 5,979
  • Thanked: 1 times
Re: 'n Ou vriend, 'n verlore vriend en 'n vark wat net wil rus.
« Reply #6 on: February 12, 2012, 01:08:48 pm »
Dis maar sad, maar gr8 dat julle daar was vir n pel en nog mooi paaie kon ry. Wats fout met die GS....Topheavy  :patch:  :imaposer:
Cheers :thumleft:
 

Offline Plaashaas

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,926
Re: 'n Ou vriend, 'n verlore vriend en 'n vark wat net wil rus.
« Reply #7 on: February 12, 2012, 02:11:42 pm »
cool post
Current rides: F800GS x 2

Id rather be riding my motorcycle thinking about God than sitting in church thinking about my motorcycle.
 

Offline Gypsybaron

  • It's not what you take when you leave this world behind you, it's what you leave behind you when you go.
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW (all models)
    Location: North West
  • Posts: 2,894
  • Thanked: 19 times
Re: 'n Ou vriend, 'n verlore vriend en 'n vark wat net wil rus.
« Reply #8 on: February 12, 2012, 02:40:25 pm »
Klink na 'n lekker trip, al was dit geinspireer deur 'n tragedie.
All education is self-education. A teacher is only a guide, to point out the way, and no school, no matter how excellent, can give you education. What you receive is like the outlines in a childs coloring book. You must fill in the colors yourself. Louis L'Amour - The lonesome gods
 

Offline Kerritz

  • KTSSSSK!
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,641
  • Thanked: 51 times
  • What a SUPER-loss....DAMMIT man!
Re: 'n Ou vriend, 'n verlore vriend en 'n vark wat net wil rus.
« Reply #9 on: February 12, 2012, 02:49:16 pm »
Nee Veldtie man.......ek het jou gese ek koop daai Pig by jou oor 'n jaar of so....kyk hoe lyk hy nou. Stel nie meer belang nie dankie!!  ::)

Dankie vir die RR....ek en Jup het oor die foon gesels toe julle verdwaal het.....ek het julle ook gewaarsku teen daai pad....maar nou ja....julle is veilig...en dit was epic ek kan dink.

Bly ek was nie julle nie....maar well done!! RESPECT met daai Pig daar uit in daai kondisies.

Waar julle geslaap het....is waar ek die laaste keer vir Glen bye gese het en waar Nutty Chef vir ons 'n makhulu brekka gebou het...... :'(....little did I know.....
Vorige skoeters: XT660E, TL1000R, 2006 R1200GSA, 2010 R1200GSA 30 Years Anniversary, CRF450R, CRF450X, DRZ400SM, 950 Adventure, 990 SuperDuke (ISM) 2012 R1200GS Triple Black, F800GS, Wolskoeter!

Kaapse Jelly Tot!
 

Offline Firesquirrel

Re: 'n Ou vriend, 'n verlore vriend en 'n vark wat net wil rus.
« Reply #10 on: February 12, 2012, 06:42:55 pm »
Veldbrand has pretty much summed our little adventure up in the RR above.
 
The fact that it was a wonderful trip aside.. it saddens me that the reason for making the trip was such a k@k one.

I last saw Glen at the National Bash and we chatted about a group of us making a trip down to Elliot and we chatted about it after that over the phone  

I had taken a bunch of trips last year and I was planning on saving this one for later in 2012 wanted to see some snow etc in the winter  but f@rkit.....

Putting the reason for the trip aside for the moment Veldbrand and me decided before we left here that come hell or high water we would do Bastervoet in memory of  Glen he was always so animated when telling tales about previous trips up there

So when we were told that it might be a little wet, or that if it rained just before we got up there it would be near impossible, we did the typical Boere thing and went K@k man.... we can do it !!!!

What an epic nightmare!!!

I dont have many pics from the day before as my memory card in my camera went for a ball of shit the night in the pub but here are some from the last 2 days .. Bastervoet and all !!!


From Ugie passing through the forestry area



We see the sign battered as we would soon be some other WDs had passed this way and Eugene (Veldtie ) also left his mark







Not far in he had his first tumble in very snotty conditions.  



At this early stage the ground was only wet from the rains that fell the day before but soon the heavens opened up and that is why we took 6 hours to do about 60 kms



We crossed more little streams and while we could still see the views were spectacular







Got a little jealous of these guys as it was us who were making true Asses of ourselves..



The road got more hectic the higher we got and eventually we could hardly see where we were going..







We eventually made it over and the down was as slippery as the up and a little later we saw Rhodes in the distance.

We decided to sleep over at the Walk About Inn and left the next morning.





Rhodes a very pretty little town with 25 permanent residents.



We rode through even more stunning scenery and as Veldtie wrote above we went via Lundeans Pass and on to home.
I will let the pics tell the story..
























I can see why Glen raved so much about his town and the area and from what I heard from lots of people in the last few days.....The Rooinek was definately not K@k !!!!
« Last Edit: February 12, 2012, 06:51:07 pm by Dodo »
Current Bikes :  KTM 690
 

Offline laurika

  • hoessenaam van hydrabad...
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 6,306
  • Thanked: 1 times
  • helmet hair is very cool....everyone says so
Re: 'n Memorial trip vir Glen na Elliot en Bastervoet.
« Reply #11 on: February 12, 2012, 07:10:59 pm »
ai Veltie, a great storie van vriendskap, humor, en al die dinge wat die lewe lekker maak. dankie baie. en almal wat vir glen gaan koebaai se het....net n eenvoudige "baie dankie" xx

 "There is no happiness for him who does not travel...Therefore, wander... The fortune of him who is sitting sits, it rises when he rises, it sleeps when he sleeps, it moves when he moves... Therefore, wander!"...The Rig Veda - 800 - 600 BC..

bmw F650GS/ XT 660 R
 

Offline Buks

  • RR's no more!!
  • Race Dog
  • ***
  • Location: Western Cape
  • Posts: 1,394
Re: 'n Memorial trip vir Glen na Elliot en Bastervoet.
« Reply #12 on: February 12, 2012, 08:08:48 pm »
 :thumleft: ...Respect!
Glen didn't love Bastervoet for nothing!!
2012 Honda XR650L

THE PAST :   '83 Honda MT5; '84 Honda MTX200R; '8? Kawa GPZ550; '79 Honda XL185S; '94 Honda XLR250R; '08 BMW G650Xchallenge; '95 Honda Africa Twin; '10 Honda XR125L; '10 Yamaha XT250; '09 Husqvarna TE610; '10 Honda XR250 Tornado... and more than a dozen Honda + Yamaha ATV's + 1 Arctic Cat DVX400.
 

Offline Tweets

  • Shop Mods
  • Race Dog
  • *
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,106
  • Centurion
Re: 'n Memorial trip vir Glen na Elliot en Bastervoet.
« Reply #13 on: February 12, 2012, 08:20:32 pm »
Thanks Veltjie for bring us the bright side, of a sad story whilst we could not be there ourselves.  Great for you guys to have travelled there to show last repsects. Very nice to see other hounds from down south there too.  :thumleft: :thumleft:

May he now RIP :'( :'(
Borrow money from pessimists - they dont expect it back
Current bikes : 1200GS, 800GS, 400XT
 

Offline SmuGS

  • A very quiet
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,336
  • Thanked: 69 times
  • 100 048 km.
Re: 'n Memorial trip vir Glen na Elliot en Bastervoet.
« Reply #14 on: February 12, 2012, 08:25:37 pm »
Awesome RR Veldbrand, you and Dodo are legends
Nee wat vlekkelose ek kuier op my lekkerste tussen die rokers,dronkgatte,vloekers,hoere en ander sondaars  :imaposer:
R1150gs,  KLE 500, XT660R.
 

Offline arno

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,522
  • Thanked: 7 times
  • Toppie......Gooi Mielies!!
    • http://www.princealbertcycles .co.za
Re: 'n Memorial trip vir Glen na Elliot en Bastervoet.
« Reply #15 on: February 12, 2012, 09:20:04 pm »
Goed gedoen en goed geskryf !

Net 'n man wat 'n vark ry kan so skryf !
Respek !
Fietse van die verlede: BMW F800GS ,BMW 1150 GS, Honda 305 cc, Honda 400 FOUR, Honda 550 FOUR, BMW 600/6 , DR 650

Tans:  Trapfiets
 

Offline Gerrard

  • AKA 'jupiter' maar noem my Gerard.
  • Global Moderator
  • Teelhond
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 33,909
  • Thanked: 815 times
  • Wiff a Sidecar... form Kabega
Re: 'n Memorial trip vir Glen na Elliot en Bastervoet.
« Reply #16 on: February 12, 2012, 09:32:57 pm »
Goed gedoen en goed geskryf !

Net 'n man wat 'n vark ry kan so skryf !
Respek !

Thanks manne. Ek het daai trip saam julle gery soos ek die heel dag gewonder het hoe dit gaan.
...dis nooit te laat om n happy childhood te he nie !

Build a sidecar they said. It will be fun they said. Ja-nee !
 

Offline spoedvark

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,203
  • Thanked: 19 times
Re: 'n Memorial trip vir Glen na Elliot en Bastervoet.
« Reply #17 on: February 12, 2012, 10:46:31 pm »
Well done guys. Thanks for sharing.

To all the dogs that made it, thank you for giving Glen the respect he deserved. Pity that more of us could not make it.

RIP!!!!!!!
Go Big!
or
Go Home!!!!
Previous bikes:
Yamaha XS 400 Special Kawasaki ZX 10 Yamaha XT 550 BMW 650 GS BMW 1200 GS KEEP THE RUBBER DUSTY!!!!
 

Offline Heimer

  • Global Moderator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 13,184
  • Thanked: 203 times
  • Kan nie ALZ onthou nie
    • Social Travel Digital solutions
Re: 'n Memorial trip vir Glen na Elliot en Bastervoet.
« Reply #18 on: February 13, 2012, 12:04:25 am »
"Het jy nou klaar geval"  :imaposer:

Mooi geskryf Veltie.  :thumleft:

Jy en Dodo het 'n pelgrimstog vir Glen aangepak wat baie van ons nog gaan probeer.

Matriek getuigskrif 1979: ........... is 'n vriendelike seun met volop selfvertroue. Hy tree soms vreemd op. Die skool se beste wense vergesel hom.
 

Offline J-dog

Re: 'n Memorial trip vir Glen na Elliot en Bastervoet.
« Reply #19 on: February 13, 2012, 05:49:18 am »
good stuff okes  :laughing4: