'n Memorial trip vir Glen na Elliot en Bastervoet.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Veldbrand

Grey Hound
Joined
Oct 29, 2009
Messages
5,691
Reaction score
0
Location
Koedoeskloof, Dwarsrivier, Ladismith, WC
Bike
BMW R1150GS Adventure
Hier ‘n kort storie van 2 ou bra’s op ‘n mission uncompleted.
En dis alles Glen se skuld, die bliksem.

Met swaarmoedigheid oor Glen se heengane besluit ek en Dodo my tjom van 33 jaar om Woensdag middag so 13h30 uit Jozi te vertrek in die algemene rigting van Elliot vir Glen se begrafnis. Carrots, Soundboi en WipeOut is al vroegdag uit Pretoria en sal vir ons ‘n bedjie reël. Dankie Roots.
Nie eintlik iets om na uit te sien nie maar siende dat ons nog net in groter groepe saam trips gedoen het was ek wel opgewonde om saam met my ou maat  bietjie te gaan ry en sommer die geleentheid te gebruik om die area te verken.
Maar ons het eintlik geen plan nie behalwe dat ons teen Donderdag middag 15h00 in Elliot moet wees.
Ons sal maar ry tot ons kis is óf dit donker word en plan maak.
Raait, hy’t vir my ‘n slaapsak en ek’t vir hom ‘n spaar reënjas en daar gaat ons.

Die een ding van ‘n KTM SE is, hy’t ‘n 14 liter tenk. Kak idee.
Gelukkig het ‘n vark so effe meer en Douw ‘n pypie in sy pakkeraas.
Die sou ons die volgende paar dae gereeld gebruik...
Verder kla Douw sy agterbriek is nie lekker nie.

Ek haat ‘n highway en ons besluit so on the fly om eerder die Vereeniging, Sasolburg, Heilbron, Lindley, Senekal, Marquard, Clocolan, Ladybrand, Hobhouse roete te vat tot by Wepener.
Dan dalk deur Lesotho na Mafeteng, Mohale’s Hoek, Moyeni en weer uit by Tellebrug na Lady Grey, Barkly Oos en Elliot.
Net voor Hobhouse op ‘n lekker lang slap grond draai sien ek nie meer vir Douw voor my nie, maar siende dat hy so haastig is met daai bom dog dink ek hy’t seker maar bietjie gas gegee en is al om die volgende draai.
In die draai hier agter ‘n paar bome daar onder in die veld in ‘n sloot is hy besig om om te draai na sy blerrie briek nie so mooi gewerk het nie, maar hy lag homself amper van sy bike af. Ek ook.
Daai sense of humour sou ons later goed te staan kom…
Maar die tyd haal ons in en ons eindig op ‘n kol in Hobhouse vir ‘n petrol stop maar die dorp maak 5 uur toe. Die petrol pomp ook.
Amper ‘n spook dorp soos soveel van die klein plattelandse dorpies deesdae, behalwe Douw vra my toe om te gaan kyk of daar nie dalk nog ‘n vulstasie is nie want die SE het sy laaste nektar reeds genuttig.
Ek ry gou ‘n draai en vind net een lig in die dorp aan. Dis toe natuurlik Trevies se ou huis wat omskep is in ‘n kroeg.
Hy meen sorrie, daar’s geen ander pomp nie en die garage maak eers more 8 uur oop en nee, niemand innie dorp het petrol nie.
Ons sal nooit weet of dit waar was nie en óf die manne net gesien het hoe dors ons is nie.
Anyway ons het gin verskoning nodig nie en kap sommer ‘n paar dubbels.
Dis hoeka donker en die paaie in die Oos Vrystaat is voos. Nee, voos is ’n mooi woord. Fucked is meer apt. Baie fucked. As dit reën en die grond wat die provincial government gebruik om die potholes mee “reg” te maak modder word, sal my vark op sy sy verdwyn in daai gat laat net die een pot en dalk sy spieeltjie uitsteek, so ons besluit toe maar om daar te slaap eerder as in die nag verder te ry.
Lekker gekuier saam ‘n spannetjie local boere en baie stories oor hoe hulle die gesteelde vee weer gaan trug steel in Lesotho.
Harde manne met deursettingsvermoeë met metodes wat nie op ‘n openbare forum genoem mag word nie en duidelik skrik hulle vir niks.

Donderdagoggend is ons weer 06h00 in die saal maar besluit ons het die heel Vrydag tot Sondag om trug in Jozi te kom, so ons sal eerder dan die scenic roetes wat ons beplan om te doen ry, en nou sleep Elliot toe.
Dit gaan ‘n lang emosionele dag en nog langer nag word na die begrafnis en ons will eerder daar uitkom.
In Lady Grey stop ons gou vir ’n breako by The Grey Lady en die man daar hoor hoe ons praat van Douw se agterbriek wat nie mooi operate nie.
Nee meen hy, trek hom gou hier agter die garage in dan kyk ons gou.
‘n Paar minute later is die dorp se mechanic ook sommer daar en die brieke word gebloei, plannetjies word gemaak en die SE smile.
Vandaar gooi ons oor Joubert pas. Lekker nat en effe snotterig maar niks in verhouding met wat ons later sou teëkom nie....
Dis darem mooi en hoe suider ons ry hoe mooier raak die landskap.
In Barkly Oos stop ons gou by die local en so lang maar meisie kom vra sommer wat my forum naam is.
Verstom vra ek hoe weet sy?
Nee, dis Bessie en het ons nie gehoor hoe hoot hulle toe ons hulle verby is net voor die dorp nie?
‘n Hond mis nie ‘n poot agter op ‘n top box nie.
Hulle is ook op pad van Bloem af om vir Glen te gaan koebaai kuier.
Daar sak die moed sommer weer maar ons moet aanstoot. Dis al 12h00 en ons moet skuur sodat ons darem Joubert pas se modder kan afstort voor die diens in Elliot.
Kyk ek’s nie ‘n soeperbaaik fan nie maar ek kan my voorstel Barkly pas is enige rocket ryer se droom. Selfs met ons DS bikes is dit ‘n jol en vreeslik mooi.
So paar honderd meter uit die dorp uit is die enigste sirkel in Elliot op die Queenstown pad uit.
Dis hy wat ons vriend gevat het en ek kry sommer ‘n rilling en ek weet as ons by die gastehuis aankom waar Lynn werk en ons gaan bly gaan dit moeilik raak om die emosies in toom te hou.
Ek’s nie ‘n oukie wie sulke pyn en verlies goed hanteer nie en as die kraan eers oop is....
In true Dog style is ons met groot smiles, hugs en bier welkom geheet deur die Honde wie reeds daar was.
Glen se moedertjie, tante, suster haar man en broer Smuggy was ook daar en van laasweek af toe ons almal die slegte nuus gehoor het was daar so ‘n natigheidjie in my oog maar toe die tannie in my arms vashou, bars die wal.
So sad dat so ‘n jong geliefde man so skielik geneem moet word.
Op die stoep is Soundboi oftewel Oros saam met Carrots besig om die laaste fotos vir die memorial service aanmekaar te flans soos a pro. Oros het vreeslik moeite gedoen om ‘n PA en projektor af te ry en op te stel om die tribute vir ons almal te kan wys. Baie dankie boet, jy’s ‘n yster.
Die res van ons staan maar ongemaklik en pyns oor die lewe en probeer sin maak van dit als.
Gelukkig is ons ‘n hele klompie en ek is bly om ‘n paar van die groot geeste van die Oos Kaap te ontmoet soos Edgy, Padrone, Drazil, DirtyXT, ThrottleJocky en J-Dog.
Firecoast is doenig om ’n crip note van ‘n speech namens die Honde neer te skryf wat ek haar nie beny nie. Well done girl, you’re not just any old girl you.
Die res van ons begin onwillekeurig suip. Sommer nog voor die diens.
Van die diens kan ek net sê dat geen woorde van enige dominee of mens die verlies van so iemand soos Glen vir my kan regmaak nie. Die leemte bly en daar’s niks aan te doen nie.
Mens kan net hoop sy familie en vriende vind ‘n manier om met die tragedie te leef.
So sterk soos sy is het FC maar met ‘n dun stemmetjie gepraat en die montage wat Carrots hulle gemaak het het ons laat lag en huil maar dit was mooi en was ‘n goeie uitbeelding van Glen en sy passie.
Ons het nog so ruk by die klubhuis gekuier en het toe ‘n krans by die sirkel gaan ophang.
Almal is toe trug na die gastehuis waar ons met oorgawe die man se lewe gaan vier het. Dit was ‘n lang nag met veel geskater en lang stories van ervaringe, trips en die lewe saam met Glen.
Die trane het minder geraak maar die nektar het gevloei....
Vaarwel my vriend, mog jy rus vind.

Na ‘n goeie brêkvis op die stoep is almal so streep-streep weer huistoe.

Jupiter kon dit ongelukkig nie maak nie maar het gevra ons moet indien ons Bastervoet gaan ry, asseblief vir hom ook solank ‘n klip op die stapel heel bo op die berg sal pak tot hy weer eendag daar verby gaan.
Ek vra so ewe vir ThrottleJockey of ek dit sal maak met my 1150 GSA teen Bastervoet op.
Nee meen hy, geen problem. Easy….
Nou maar goed dan doen ons hom, ons is nou mos in die kontrei en het selfs tyd op ons hande maar daar hang so paar wolkies om die pieke van daai berge in die verte...
Na so bietjie van ‘n gesukkel vind ons die regte afdraai net voor Ugie.
Ag seker so 4 km’s verder nog in die dennewoude op die plat stuk pad glibber ons al in so ‘n snotterigheid van die afgelope paar dae se reën. Die koeie wie daar rond wei se mis op die pad help natuurlik ook nie maar dis nog fun en ‘n giggel.
Kort voor lank slet ek neer en Dodo moet trugdraai om te kom help om die potyster vark te kom optel.
Daar waar hy omdraai moer hy ook sommer neer met die SE en buig sy aluminium agter briek pedaal in ‘n koeksuster in. Die ding het nie net opgebuig nie maar ook sywaarts en gedraai en is nou bo-op sy footrest. Na hy my help om die vark op sy voete te kry try ons die pedal regbuig. Nada. As gegiete aluminium eers gebuig het kan jy hom nie reg toor nie. Hy sit soos hy wil.
Nou ry die man met sy voet in die lug of op sy pillion peg as hy nie moet briek nie. Nie maklik nie maar Douw is ‘n man wie hom nie deur sulke kleinigheidjies sal onder kry nie. ‘n Man van staal.
Die snot raak al hoe erger en die wolke sak en dit raak donkerder maar dis mos nou nie so erg nie?
Ons stop op ‘n kol by ‘n Basutu se hut en leen ‘n pyp om die footpeg te probeer regbuig maar buig inteendeel die pyp.
Fok dit meen Douw, ek ry hom so en daar gaat hy.
Ek trek weg en 5m verder slet ek weer neer. Classic fout van ‘n voorwiel in een slym sloot en agterwiel in ‘n ander en jy kry nie die bliksemse vark in lyn nie. Help ook nie om op die middelmannetjie te try ry nie, jy gly net sideways êrens heen en gaan weer sloeg.
Die keer lê die vark so half met sy bene in die lug en wys vir my sy pensie. Ek, op my dag, kan daai kilo’s nie meer optel as hy so vir my loer nie, so daar kom Dodo weer trug om te help en lag lekker vir my modderhol.
Na nog so twee keer se val begin die regte opdraende eers….
Bastervoet “pad“ se gat. Dis nie ‘n pad nie, dis ‘n goeie aardrykskunde les van erosie met ‘n berg vol boulders om te vermy vir good measure.
Nou ja, ek kan julle verveel met nog so 8 keer se gesukkel om die dronk vark op sy bene te kry en ons ry al 3 ure aan so 20km’s.
Dis al 12h00 en ons is nie seker hoe vêr ons teen die berg op is nie, die GSA raak nou ongemaklik swaar en dit begin drip.
Kort voor lank reën dit. Heavy.
Nou begin selfs Douw neerbliksem en ons sin vir humor raak bietjie dun.
Na hy vir die hoeveelste keer truggedraai het om my te kom help en self alweer neergeslet het vra hy: “Het jy nou klaar geval?“
Ek kon nie antwoord nie. Anyway te moeg.
Het enige iemand anders dit al gewaag om met ‘n 1150 GSA daar op te ry? In die reen?
Almal het genoem hoe mooi dit daar bo is maar ons het niks van dit gesien nie. Nada, niks, nothing en f-all. Ons was in die wolke en dit nie van blydskap nie.
Terug af was nie meer ‘n opsie nie. Ek sou nooit daai vark teen daai helling op daai snot kon inhaal nie so hier moet ons uit. Voorwaarts Christen stryders want ons het mos gedink ons ry gou die passie uit en gaan anderkant om Lesotho trug en nog vanaand in Himeville lallies. Môre dan verder huistoe. Easy peasy…maar Jupiter het my gewaarsku….
So Douw het sommer sy sak met tent en ons slaapsakke saam met Carrots hulle teruggestuur om die pakkeraas ligter te maak.
Mmmmm, ons kan dit dalk net nodig kry op dié berg vannaand...
Dit pis nou, my Zippo is droog, daai 50/50 Heidi van my is permanent ‘n slick, dit raak ook effe koelerig, die vark vreet hom dik aan die modder en die tyd stap aan.
Ek dink die laaste opdraende van omtrent 30m voor ons bo uit is het ons so 45 minute gevat om te doen en is nie seker waar die bokant van Bastervoet eintlik is nie.
Ons kon nie eintlik veel sien in die dik mis nie maar op ‘n kol het dit platter geraak en ek dink dis waar ons die klippe moes pak vir Glen.
Ek’s jammer Jupiter, maar kon teen die tyd anyway nie eers ‘n klip optel nie, nevermind sien waar jy bedoel het nie.
Was net te bly dat die vark ophou sloeg het en het deurgedruk om uit die snot te kom.
Teen die tyd was dit al omtrent 17h00, ons gedaan en wou net érens warm, droog en veilig ‘n lang Captain suig.
Net toe ons weer op die pad bo die Barkly Pas kom, begin dit so sous dat ons moet stop want jy kan nie 10m vooruit sien in die mis nie.
Uiteindelik kom ons in Barkly Oos uit vir petrol vir daai 14 liter tenk en vind ook ‘n werkswinkel met ‘n vriendelike oom wie help om die briekpedaal te probeer reg buig maar heelaas breek die ding met die gespartel. Nou ja, Douw maak ‘n plan. Gate word geboor en ‘n stuk flat bar word gebuig en siedaar ‘n soort van pedaal word aanmekaar geflans. 100% beter as wat dit was en die SE is weer op sy kop.
Ons besluit toe met groot bravado om in Rhodes te gaan slaap en om die volgende dag Naude’s Nek te gaan ry voor ons die swart slang aanpak Jozi toe.
In Rodes slaap ons toe by The Walk About. In die kroeg is stickers van Big Dom en Edgy. Dave Walker aan wie die plek hoort vra toe waar kom ons vandaan ens en kort voor lank pik hy ook ‘n traan oor Glen. Glen het blykbaar gereeld daar gekuier en Dave skink sommer triple Jägers. Ons het seker nog voor 20h30 uitgepass. Kis, seer en blou. Daai potte van ‘n GS is harder as been. Ek’s nou oortuig daarvan.

Saterdagoggend besluit ons dis nou genoeg en sal maar eerder Lundeans Nek oor tot by Tellebrug en dan Zastron tot in Bloem huistoe ry maar dis nog steeds na aan 850km’s en sien amper op daarna.
Soos Douw sê, sy gat is lam en mama se lippies raak nou ook dun.
Lundean’s is beautiful en het opgemaak vir dit wat ons nie kon sien op Bastervoet nie.
Nie dat daar minder snot was nie...
‘n Paar noue ontkomings maar alles die moeite werd.
Van die pad tussen Wepener en Bloem en die snelweg Jozi toe kan mens nie veel vertel nie.
Daar’s wel ‘n hele relaas oor hoe mens innoverend kan raak met jou sit posisie, baie smoke breaks vat en alles try in die boek om net een of ander sensasie van lewe te bewerkstellig in jou hol, maar dit ken julle almal.

Aan Glen wie die rede van die avontuur was, thanks Bro. I’ll remember this trip with mixed tearful feelings and great dearness for the rest of my life. I didn’t know you for long but you will be sorely missed by all who knew you.
Aan almal wie dit kon bewerkstellig om in Elliot te kom vir ‘n laaste vaarwel aan Glen, dankie en dit was regtig goed om te sien hoe mense bymekaar staan in sulke moeilike tye.
Aan Dodo, my bra, vriend, tjaaina en tjom van so veel jare, sonder jou hulp sou ek dit nie kon gedoen het nie my broer. Jy’s ‘n pilaar in my lewe. Groot dankie dit was 'n jol.

Hier ‘n paar fotos maar moennie lag nie fokkers!
Dodo las by seblief, jy’t baie beter pics as ek.
 

Attachments

  • Smokebreak.jpeg.jpg
    Smokebreak.jpeg.jpg
    118.7 KB · Views: 597
  • Oros doen sy ding.jpeg.jpg
    Oros doen sy ding.jpeg.jpg
    61.3 KB · Views: 596
  • Lynn en Smuggy.jpeg.jpg
    Lynn en Smuggy.jpeg.jpg
    90.7 KB · Views: 601
  • Dodo.jpeg.jpg
    Dodo.jpeg.jpg
    60.2 KB · Views: 600
Top