Carolina toe, spoorlangs. . .

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

alwyn_gs

Race Dog
Joined
Aug 17, 2010
Messages
2,086
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
BMW R1200GS Adventure
Wesley het al laaaaankal die idée om treinspoor langs na hulle plaas toe te ry naby Carolina… en aan die begin van die jaar het ons die naweek van die 18de Februarie vasgemak. Hy het die roete op Map Source getrek… toe het ons  so bietjie op Google Earth gaan kyk of dit moontlik is…En Saterdag oggend 6h30 by die Engen langs die R21 weggespring… :ricky:
Die groep het bestaan uit Wesley (Geel 800), Tiaan ( KTM), GSLaaitie aka Hendrik (Groen GSA) en ek met die Grootoou Rooie…

Alwyn133.jpg

Koffie voor ons wegspring

Alwyn135.jpg

Alwyn137.jpg

Die Schoemans se dam, Delmas

Alwyn140.jpg

Die leier vir die dag,  Wes
Alwyn141.jpg

GSLaaitie
Alwyn148.jpg

Tiaan
Alwyn151.jpg

Bucking Ivy het n “stare-down” met die diens pad na ogies…
Alwyn143.jpg

Die Groot Rooie at home on the gravel

Oppad Ogies toe het ons bietjie van die diens pad af gewyk, en langs die mielie-& boontjie lande  gery… so  “half geploegde” land ry darm lekker, so lekker laat ek vergeet om foties te neem.  :peepwall: :patch:

Het so bietjie teer gery van Kendal tot op Ogies, want die teerpad loop langs die treinspoor…  ::) Na Ogies het ons weer die bruin pad opgetel… net weer lekker in die groove gekom, toe spoil een of ander myn weer ons fun…  >:D mag kamma nie op hulle sites gaan nie. Is weer forseer om teer tot by ALZU se Petro poort te ry.  :xxbah:

Daar is dit n “garage-pie” en Energade vir middag ete.

Van daar is dit Carolina se kant toe via grond… die scenery was beautiful… die pad was so enkel baan grondpad deur die heuwels… en die pace het net begin optel en optel en optel. . . .  :peepwall: :ricky:

Het ook my eerste puncture op die GSA gekry… maar is BAIE MAKLIKER OM TE FIX  :deal:
Alwyn153.jpg

Alwyn159.jpg


Het on weer die treinspoor opgetel… sonder krag net n enkel lyn war deur  die berge vleg…
Alwyn161.jpg


Alwyn164.jpg

Wesley pushing hard

Alwyn169.jpg

Tiaan gunning it

Alwyn173.jpg

GSLaaitie, loop teen oop ketels

Alwyn163.jpg


Het so teen 15h15 ons bestemming bereik… Wes hulle se plaas
Alwyn191.jpg

Alwyn193.jpg

Alwyn200.jpg

Alwyn187.jpg

Ons Ysterperde aan die afkoel na n lekker lang, besige dag, maar moerse fun!

Alwyn198.jpg


Daar is besluit omlat daar so baie hande is, kan die skape gou gespuit word… Tiaan se hy is game!
Alwyn180.jpg

Alwyn178.jpg

Alwyn177.jpg


Die aand het ons lekker gekuier om n hoender & pasta pootjie…

Sondag oggend het Wes se moeder en sus vie ons lekker ontbyt gemaak. Na ontbyt is Wesley ongelukkig reguit huis toe, sy maag het hom bietjie plat getrek en hy het nie lekker gevoel nie. Maar hy het aangehou ons moet  aan hou met die roete

Alwyn202.jpg

Die opsaal Sondag oggend

Alwyn203.jpg

Oppad huistoe

Alwyn205.jpg


Alwyn207.jpg

GSLaaitie getting his groove on

Alwyn209.jpg

Alwyn216.jpg


Alwyn215.jpg

O O hier kom moeilikheid… :eek7:

Alwyn219.jpg

En toe maak die hemele oop ons oop!

Alwyn221.jpg

Sien julle die katte en honde? Nie?! WANT HULLE HET KLAAR WEGGESPOEL!!!!  :deal:

Alwyn225.jpg

Een nat GSA

Alwyn226.jpg

En een natter hoender. . .  :imaposer:

En na die reen bui was dinge sports… :pot:
Alwyn228.jpg

GSLaaite keepin it together

Van daar was dit reguit huistoe via die N4. Was 13h15 tuis. Ja, weet dit is nie hoe ons gewoonlik dinge afsluit nie  :eek: , maar Tiaan het vandag  Semester geskryf , en hy wou agter die boeke kom.

Dankie aan Wes en sy familie, sal definitef terug gaan… daar is baie mooi paaie in die Carolina omgewing. En die natuurskoon is beautiful! Sal weer in die Lente gaan draai…en dalk sommer in Swaziland ingaan . . . .  :ricky:


 
Top