as ek kan 'n algemene stelling maak. Die Royal Enfield is 'n spesifieke styl van fiets wat nie in almal se maak sal val nie. Dit is 'n gentlemans bike, net soos wat jy superbikes en cruisers kry met hulle eie unieke styl.
sommige mense op die forum hou daarvan om na motorfietse te kyk, ander om aan hulle te krap en mense soos ek, om net met hulle te ry.
Ek self is nie iemand wat as ek ry besluit om te jaag nie, wheelies gooi, powerslides gooi, my pegs deurskuur, front wheel stoppies maak nie ens. So die classic bike ding is dalk net vir my.
En ek hou eintlik baie van die analogy om 'n 2013 Royal Enfield te gaan vergelyk met n laat '70's XT500. Beide bikes is "dripping with nostalgia"soos 2SD hierbo noem. Ek sal nie graag verwys na n SR500 nie, want dis basies Masterparts se delivery bikes gewees, en ek sien niks romanties of ouliks of nostalgic daarin om my langverwagte saterdagoggend brekkie run met so iets te gaan doen nie. Maar XT500's is vir my mooi.
maar in 2013 kom 'n '70's XT500, maak nie saak hoe goed hy was in 1976 nie met verskeie drawbacks. Die goed is nou almal oor die 30 jaar oud, en stukkend, en bly gedurig stukkend. Al is dit ook klein foutjies, foutjies duik gereeld op. Jy kan tans nie die kans waag om enige XT500 te koop vir onder R 25 000 en dink jy gaan sorgvry rondom Suid-Afrika toer, sonder dat iets, maak nie saak hoe klein nie gaan breek nie. Want, in 2013 is bykans elke XT500 al minstens drie keer oorgedoen, meestal in agterplase, deur drie verkillende mense, met verskillende skill levels.
Dis seker oraait as jy self n mechanic is, of opleiding daarin het, dan kan jy jou hand op sulke ou goed hou, en jy behoort die passie te he om daaraan te krap.
Maar net soos wat n mechanic nie my werk kan doen nie, kan ek nie syne doen nie. En daai reel geld vir 80% van hierdie forum se lede.
Vir n bike om tweedehands te kon raak, moes iemand hom nuut koop, en die hedendaagse nuwe koper is hoofsaaklik mense wie kantoorgebonde werke het, of vanuit professionele beroepe werk. Daardie ouens het nie die tyd, om as hulle wil gaan bike ry, te sukkel met ou goed nie. Daarom is die BMW GS, en Yamaha 660/1200 reeks, en KTM 990 reeks so gewild. want as sy battery gecharge is, en hyt petrol in, en jy druk die knoppie regs bo, dan sal hy in meeste gevalle start, en vir n hele paar jaar ook daarmee aanhou.
So die onlangse verbeteringe op die Royal Enfield van 12volt electrics, electric start, brandstofinspuiting en disk brakes voor is vir mense soos ek. En ek hou daarvan. En vir my sal hy hou.