BMW service.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Status
Not open for further replies.

MINZI

Race Dog
Joined
Feb 9, 2011
Messages
1,651
Reaction score
0
Location
Krugersdorp
Bike
Triumph Tiger 1200 Explorer
Ek gaan eerder nie se wat is die naam van hierdie dealership nie! Daar is seker nie baie van hulle in Centurion nie.........
Ek het die 800 so maand gelede by hulle gekoop en hom toe ingeboek vir sy 1000km diens laasweek omdat dit by die prys ingesluit was. Maandag probeer ek die diens bestuurder in die hande kry om vir hom te vertel wat alles gedoen moet word. Drie ure later laai ek maar die bike op die trailer en stuur vir Elize deur soontoe. Daar gekom, bel sy my maar en gee die foon vir die diens bestuurder sodat ek maar met hom kan praat en instruksies gee. Net drie dinge word van hulle verwag.1. Moenie die lug filter vervang nie want dit is 'n aftermarket filter, maak net skoon asb. 2. Daar sweet olie by die motor uit, maak reg asb. 3. MOENIE aan die throttel kabel stel nie.

Ek gaan haal toe nou die bike Dinsdag middag. Met die sien ek dat die bashplate teen die exhaust skuur. Ek soek nog die DP, maar die sit mos en nonsens praat en ek mag hom nie steur nie. Die diens bestuurder is te besig en ek staan rond soos 'n mynwerker wat op verhoging wag. Naderhand verloor ek dit en chirp sommer in en se dat hulle die mechanic buitentoe moet stuur om te kom kyk wat aangaan. 10 minute later kom daar so  'tang' aan en ek verduidelik vir hom dat daar spacers moet inkom en waar is hulle. Hy draai om en loop toe nou weg en los my daar om nog 'n bietjie warmer te word onder die kraag.

So paar minute later kom daar 'n ander verskoning vir 'n jong man daar aan en val amper oor sy eie broek soos wat die mode nou maar is want hulle moet mos vir almal wys dat hulle onderbroeke dra. Hy het blykbaar die bashplate afgehaal en nou nie mooi geweet waarvoor die spacers is nie en hulle blykbaar maar uitgelos. Ek draai toe nou sommer die nuts met die hand los want blykbaar, volgens die 'broek kind' moet dit die 'tourqe settings' wees volgens BMW. Ek vra hom toe wat die settings is, maar hy weet nou ewe skielik nie want dit is mos nou 'n aftermarket plaat hierdie.

So, dink nou net hoe lyk dit nou, 'n klient le onder sy bike, voor die voordeur van die ongenoemde dealership en maak sy eie bike reg. Naderhand vloek ek so dat die diens bestuurder uitkom om te sien wat nou aangaan want blykbaar kan niemand 'n oog toemaak daar binne nie. Hy wil sommer net daar inspring en help, want hy wil ook hierdie woorde leer.

Naderhand is ek klaar en vuil en nog warmer onder die kraag daar weg. Gister middag, toe klim ek nou maar onder die bike in om alles te check en die regte spacers in te sit. Wat te donner! Die bike sweet nog olie, hulle het 'n nut gaan vasweld aan die bashplate net om dit gemakliker vir hulleself te maak en daar is nie aan die lug filter geraak nie, lekker vuil en vol stof.

Ek klim toe nou sommer op die foon en bel die DP, diens bestuurder en Nelson Mandela. Daar word toe nou eers gese almal is te besig om met my te praat. Naderhand word ek toe darem vergun om met die DP te praat en ek blaas toe sommer stoom af en vra dat hy daar moet wag sodat hy kan sien hoe ry ek 'n bike deur die showroom venster.

Baie praat het plaasgevind gedurende die volgende uur en nou stuur hulle 'n nuwe bashplate vir my. Daai mense sal my en my bike NOOIT weer in hulle lewens sien nie. Ek voel sommer lus en gaan trade hom in op 'n KTM want daar weet ek dat die diens maar bra sleg is.

And for the J-Dog's out here, BMW service is shyte and that dealership will never see me again.
 
Status
Not open for further replies.
Top