Buffelspoort, 9-11 of March.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Berty77

Race Dog
Joined
Aug 13, 2010
Messages
2,809
Reaction score
73
Location
Kuilsrivier
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Ek het hierdie ride nou al so tyd terug aan die suidkaap en tuinroete honde belowe, maar soos dinge maar soms gaan was ons toe aan die einde van die dagf net 2. Die res van die manskappe was Ladismitters wat ook lus was vir n biekie avontuur en om hul rygoed voel stof en sweet te kry.
Ek het Vrydag die werkers vroeer laat huis toe gaan sodat ek my lang beplande naweek kon begin, en in plaas van 5nm is ek toe al 3:45nm van die huis af weg, gaan stock koop vir die naweek en in die lang pad geval na buffelspoort, so 33km van my huis af. Ek het nie geweet presies wie almal daar sou aankom nie, maar het ook nie baie mense verwag nie, omdat die fotos wat gepost was maar redelik rof en ombeskof gelyk het. En dis presies wat ek wou he.
Hagar (MP) het al voor my op die plaas opgedaag en was al lekker aan die klets met Marian, die boer se vrou. Dit was die eerste keer dat ons omtmoet het so dit het die eerste aand se gesels ook lekker interesant gehou oor praatjies van vorige rides en ervarings.
Ons het die aand so biekie die plaas gaan verken en het ons toe gaan gemaklik maak in Geoff se berghuisie op die plaas....
Die uitsig van die dek was flippen mooi en die vuurtjie het gesorg vir die aand se vermaak, sonder advertensie breuke.

Die oggend was pragtig met n ligte bewolktheid wat oor die hoeer dele van die omringende berge gele het. Ek en MP was opgecharge om te begin ry en het toe besluit om sommer weg te val met een ven die 4x4 berg roetes op die plaas alvorens die Ladismiters daar opdaag en die dag kom begin in die poort.
 

Attachments

  • 10032012195.jpg
    10032012195.jpg
    65.5 KB · Views: 361
  • 10032012196.jpg
    10032012196.jpg
    92.1 KB · Views: 360
  • 10032012197.jpg
    10032012197.jpg
    127 KB · Views: 359
  • 10032012198.jpg
    10032012198.jpg
    94.4 KB · Views: 362
  • 10032012194.jpg
    10032012194.jpg
    66.8 KB · Views: 362
Top