2 KLR's om Lesotho Part 1

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

houbie

Pack Dog
Joined
Sep 12, 2010
Messages
94
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
Kawasaki KLR 650
Hier is ‘n ride report loooooong over due, maar hier gaan ons.

Ek en KLRChris het in November besluit ons moet n bietjie ‘n trippie om Basotho land reel. Ons het besluit ons gan min of meer ‘n idee hê hoe ons wil ry, maar nie te veel oor ‘n roete en akkomodasie worry nie. Sal dit vat soos dit kom. Ons het so 2 aande oor ‘n biertjie gepraat en besluit ons gan die 2de Januarie 2012 ‘n week opsy sit en dit doen. Aangesien  beide van ons nog gewerk het in Desember het nie een van ons te veel reëlings begin tref vir die trip nie en voor ons ons oë kon uitvee was dit Kersfees toe Nuwe Jaar en met nog ‘n ligte babbie was dit die oggend van die 2de. Opgewonde oor die trip wat voor lê besef ek en Chris dat ons ‘perde’ nuwe hoefysters kort. Soos almal weet is winkels oop op die 2de dag van die jaar, so toe besluit ons ons sal ons eerste dag van die trip by Chris se huis spandeer en rustig bier drink tot ons die volgende oggend bande kan kry.
Op die oggend van die 3de het die vriendelike mense by Just Bike Tyre ons sommer gou gou uitgesort, my met n nuwe D606 agter en Chris met nuwe Kenda’s K270s voor en agter.
1justbike.jpg


Ons is terug na sy huis toe en het gaan pak. Na al die prep werk gedoen was staan die tyd naby aan 15:00 en ons het oor die knak van n bier besluit om vroeg die oggend van die 4de te ry.
2reg.jpg


Uiteidelik 48 uur na ons oorspronklik wou vertrek het vertrek ons in die rigting van die Sterkfontein dam. Aangesien ons so bietjie agter op skedule is het ons besluit ons gaan snelweg ry tot ons minstens uit Gauteng is. By Villiers maak ons toe ons eerste stop om iets te ete en te drinke te kry.
3villiers.jpg


4villiers.jpg


Mage vol mik ons vir Frankford en skiet  toe in die rigting van Tweeling (waar daar geen tweeling was nie). Omgekrap oor die tweeling sitsiasie besluit ons hierdie ge-teer-ryery werk nie vir ons nie en klim toe op die grond paaie deur die plase. Julle mense in die Vrystaat het darm lekker paaie so tussen julle plase. Op n kol stop ons om iets te drink en toe vind ons uit hoekom mens n Duelsport koop. Daar was ons 2 stads japies met DS bikes, op ‘n grondpad tussen niks en fokkol met net die sagte klak-klak-klak dreuning van ‘n trekker iewers vêr, vêr weg, DUS… die lewe.
5frankfort.jpg


6tweeling.jpg


7plaas.jpg


8plaas.jpg


9plaas.jpg


10plaas.jpg


11plaas.jpg


12plaas.jpg


13plaas.jpg


Ons het die mees reguitste pad soos die kraai vlieg na Sterkfontein dam probeer ry en na ±250km van lekker grond het ons ons self in die damwal vas gery. Met 410km agter die blad was dit die KLR’s se beurt om iets te drinke te kry en met ‘n vinnige kyk op die kaart besluit ons dit sal Harrismith wees. Die son het al laag begin lê toe besluit ons dat ons sommer daar sal oornag en het ‘n lekker snoesige B&B opgespoor vir die taak.
14puprleturtle.jpg


15purpleturtle.jpg


16purpleturtle.jpg


Die oggend van die 5de maak ons gou bietjie ontbyt en besluit ons om vir Underberg te mik met die idee om in Mount Fletcher oor te slaap.
17purpleturtle.jpg


18purpleturtle.jpg


Nou ek weet nie hoeveel van julle het al verby Sterkfontein dam gery nie, maar lat ek julle vertel dit is die mooiste dam in ons land, met sy blou, blou water is dit rêrig iets om te sien. Mens het die neiging om altyd net N3 na Durban of Margate te ry, maar doen julself die guns en maak net ‘n 20km draai as julle hervul by Harrismith en gan kyk net die die prag wat ons land bied. Ongelukkig het ons onself vas gery in stop/go padwerke so ons kon nie stop om ‘n paar foto’s te neem nie.
Ons roete vat ons toe verby Little Switzerland en om Woodstock dam. Ons het tot net na Loskop aangehou en daarna afgedraai in die rigting van Giants Castle. Dit het liggies begin reën en die kombinasie van die reën, grondpad en nuwe knobblies het vir ‘n baie lekker stuk pad gemaak.
19spring.jpg


20spring.jpg


21spring.jpg


22spring.jpg


23spring.jpg


24spring.jpg


25spring.jpg


26spring.jpg


Ek gaan die trip hier eers stop anders oorskry ek die hoeveelheid karakters wat ek mag gebruik. So kortlik sal die res van die trip volg :ricky:
 
Top