Ek dink ons het 80 of 60 km op hierdie pad gery. En ewe skielik was ons in Ceres se groen wereld. Net voor mens ‘n teerpad pas moet aandruf was daar ‘n nasionale monument op regterkant. So ‘n mooi wit huisie. Karoopoort of iets. Ek sal beslis volgende keer daar stop, foto’s neem en meer uitvind van die plek se geskiedenis. Weet iemand dalk meer oor die plekkie? Oom Nelson het genoem dat dit ‘n tolhuis was en dat daar ‘n laan vye bome is wat ook tot nasionale monument verklaar is.
In Ceres aangekom, het ons behoorlik gesmul aan ons potjiekos en daar was selfs skaapkop op die tafel. En die poeding was net so yummie. Ai, ons het maar traag opgestaan om met ons trommeldik pensies die laaste stretch aan te pak Bellville toe. Na ons petrol by die garage ingegooi het, het Rov Rat vir ons “ba-baai” gese en Hermanus toe gery . Nismark en ek het Ceres, Mitchells Pas, Bainskloof pass om teruggery huistoe.
Moeg maar gelukkig het ons veilig by my plekkie gestop.
Baie dankie Rowwe Rot en Nismark. Dit was awesome!
Hierdie bord is altyd op ons pad as ons in hierdie wereld ry. Ek wou nog altyd ‘n foto daarvan nee. Mooi naam ne? De Liefde Pad.
Hoop net nie dit sinspeel eers op die liefde, dan is daar ‘n gedwarstrekkery en dan gaan jy tronk toe nie!