Ek en my X by die dam

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Pappa-B3r

Race Dog
Joined
Feb 2, 2011
Messages
1,162
Reaction score
0
Location
Potchefstroom
Bike
BMW R1150GS Adventure
Hallo Honde

Hierdie is die eerste “ride report” wat ek skryf so hoop nie dit gaan te hakerig nie. Ek het onlangs redelik gesukkel met die bike wat ek het en of ek iets anders moet koop of nie. Na raad van die verskeie honde (https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=93987.0) het ek besluit om die bike te hou en te ry !

Aangesien ons vandag so in die middel van die week ‘n dag af gekry het het ek gedink om bietjie te gaan ry.. So die idee was as volg: om die meeste op kilo’s te doen wat ek nog in een dag op my X gedoen het.. Die roete kan gesien word hier onder.  Aangesien ek basies op ‘n stuk plank sit en net ‘n 9 liter tank het was hierdie waarlik ‘n stap in die regte rigting tot die groot trips wat nog eendag sal kom.

Die totale afstand afgele was 280km vir die dag, en ja my gat is nog steeds seer.. Ek het vol gemaak toe ek hier uit Potch uit weg is en toe weer in Denysville. Die gemiddelde brandstof gebruik vir die trip was net so oor 25 km/l gewees. Op die teer pad het ek so tussen 120 en 130 gebly en die stukkie grond pad deur die koepel was so teen 90km/h gedoen.

Die uiteinde van die saak is dat ek nou kan sien om 500 km + trip op een dag aan te pak. Ek het geen issues gahaad nie, behalwe my nommer plaat het afgeval as iemand hom dalk in die koepel optel laat weet asb.. Ek verby so stuk of 5 ouens in venters kroon wat langs die pad gestaan het vir ‘n smoke break jammer ek het nie gestop nie as julle honde is ...

Die grondpad was baie lekkerder gewees as enige stuk van die teer, kan sommer voel dis waarvoor die bike gebou is !! Eks mal oor die X en geniet hom baie net jammer Mamma-B3r kon nie saam gaan nie !

Lekker aand !
 
Top