Beste koffie in Swakop is by Village Cafe. En n stuk Ma'se brood as jy rerig honger is. Die res van hulle ontbyt is ook baie goed.
Walvisbaai moet jy n draai by die Raft restaurant maak. Flaminke, koue bier en lekker pizza.
Joe's beerhouse is Windhoek is baie nice vir die ambiance. Maar bietjie duur vir ons locals.
'N goeie alternatief is SkW se restaurant. Goeie Duitse kos teen redelike pryse.
As jy deur Otavi gaan, stop by Fourways diensstasie. Daar is n restaurant en kwekery. Die prego-roll is lekker en BAIE.
Wanneer kom julle verby?