Sien nou eers die thread, dankie Jup. Baie mooi fotos maar ek sien daar is baie wat net 'n "forbidden" ikoon wys? Ek het in 1982 toe ek daar geswot het, daar in Central in 'n bitter mooi ou studente losieshuis gewoon. My TT500 sommer op die stoep geparkeer. In daai dae kon mens die hele stad kruis en dwars deurstap, enige tyd van die dag of nag en dit was vir my mooi daar gewees. Daai wind van julle het my soms amper mal gemaak as hy so onophoudelik dreun en fluit om die huise se hoeke. Daar was altyd so 'n roadhouse oppie strand gewees by Summer strand dink ek, dink sy naam was Little Red Windmill of iets dergliks gewees. Hy is seker laaaaankal nie meer daar nie. Was altyd vir my lekker om daar na Alexandria se kant toe met my TT te ry, ja sommer so sonder ligte, speedo, flikkers en wat nog. Nooit moeilikheid gekry nie. Julle woon in 'n mooi dorp (stad?)