5 maande uitgehou sonder n bike - dankie tog dis verby.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Ekt in Oktober verlede jaar my 1150 GSA verkoop, die finansies bietjie geherstruktureer, verloof geraak, besigheid sien optel en kon dit nie meer langer uithou met die Ner-e-car langs my naam nie. 

Ekt n bike-begroting probeer spaar in die tyd, en het besluit om daarby te hou. Ekt n runabout gesoek vir die dorp, tussen kantoor, winkels, huis en dokumente optel, en ook die odd outride op grondpaadjie. Ekt nie iets groots nodig vir nou nie, en dink nie my bruid sal voor haar troudag in Augustus te veel wou saamry nie.

So my opsies was: Ou scramblers, het gekyk na XT250/350/500, Honda XL 200/250/XR250/500, Suzuki DR200 van tussen R 1000 en R 15000. Probleem is. Al hierdie bikes vir onder R 15000 het aandag nodig, wat ek nie vir hulle kan gee nie.

Ook gekyk na die Gomoto Xplore 150 vir R 9500, en die Gomoto Xplode 250 vir R 14000, asook die nimlike oranje Balanco 200 scrambler vir R 14000.

probleem is, geduld met Chinese produkte, my beperkte meganiese skills, kickstarters en drombrieke voor is nie vir stadsjapies soos ek nie.

So iewers moes ek besluit om vir iets nuwerigs te gaan, maar wat steeds betroubaar is. Na Dusty Rusty vir my n draai laat ry het op haar XR 125 was ek beindruk met die kwaliteit van die bike. So na n lang soektog vir n goeie kopie het my kopie vandag gekom.

R 10000, vir een met 1100km op. Hys stadig bo 80kph, ek weeg immers oor 100kg, maar tot by 80 is hy nogal lekker nippy. En as ek gaan grondpad slaan gaan ek nie veel stadiger ry as wat ek op die groot BMW was nie. So ja, vandag is n groot dag vir my.

Hys cash betaal, hys bykans nuut en hy gee my weer die vryheid om op te spring en pad te vat, al gaan dit stadig gaan. Ek sien weer uit na my eerste ride report in n lang tyd !!
 

Attachments

  • P1010530.JPG
    P1010530.JPG
    90.7 KB · Views: 268
  • P1010531.JPG
    P1010531.JPG
    87.6 KB · Views: 269
Top