Piet, waar is sy dan nou? Alles is dan so stil? 
Roela ek is self so effens in die "duister" ou maat.
Hier is my aanname:
Jo is "iewers" in Angola.............hoekom ek so dink is vir die volgende twee feite.
1) Sy het in haar laaste post gesê dat sy beplan om die volgende dag die Angola grens oor te steek.
2) Sy SMS elke keer as sy in 'n "ander land" kom vir my haar nuwe kontak nommer. Dit het sy reeds Maandag die 16de gedoen.
Wat sy doen as sy in 'n nuwe land kom is om 'n "local" sim kaart aan te skaf.
Ek het gister-oggend vir haar ge-sms, maar nog geen antwoord ontvang nie.
Ek glo en vertrou dat ons seker oor die naweek 'n UPDATE sal kry van haar.
PS…………Ek gaan nie haar nommer hier post nie, so PM my as jy dit wil hê.